Hoe om ʼn Platejoggie te huur vir julle troudag

Ons deel dié inskrywing op Mooi Troues hoe om ʼn platejoggie te huur vir julle troudag.  Dit is iets wat baie paartjies oor wonder, maar nie weet wie om hieroor te vra nie. Ons praat nou nie van iemand wat jy ken wat ʼn goeie foon het en luidsprekers het nie.  Dit is ʼn kuns om ʼn goeie platejoggie te wees.  Jy moet nie net weet van musiek maak nie, maar ook hoe om die mense op die dansvloer te lees en hulle só te vermaak.

As julle besig is om jul troue te beplan en nou opsoek is na ʼn platejoggie vir jul troue, dan is die artikel bedoel vir julle.  Ons bespreek ʼn paar punte waarna julle moet uitkyk wanneer julle ʼn platejoggie wil huur vir julle troue.  In ons Aanlyn Trougids sal jy fantastiese platejoggies vind vir julle troudag.  Rol af om meer te lees.

Vind platejoggies op betroubare bronne:


Besoek ʼn aanlyn trougids soos Mooi Troues se Trougids.  Maak gebruik van ʼn betroubare bron wanneer jy ʼn platejoggie soek vir julle troudag.  Hierdie punt tel eintlik vir alle trou diensverskaffers.  Maak seker die platvorm waar jy jou trou diensverskaffers vanaf verkry is ʼn betroubare bron.  Mooi Troues lys ʼn paar fantastiese en uiters professionele platejoggies wat julle kan huur vir julle troudag.

Doen jou navorsing:


Ons kan nie genoeg klem lê hierop nie,  doen jou navorsing ordentlik.  As jy ʼn platejoggie vanaf ʼn platvorm gekry het, of as ʼn verwysing deur vriende, maak seker jy doen ook jou eie navorsing.  Soek die platejoggie se naam en ook hul besigheid se naam aanlyn.

Kyk of jy iewers hulle besigheid kan vind, behalwe hulle eie sosiale media platvorms en webtuiste.  Gaan na ʼn platvorm soos Mooi Troues en soek hulle op so ʼn platvorm.  So kan jy sien of hulle voorheen gepubliseer was op ʼn populêre platvorm en dat jy verseker weet ander paartjies het hulle gehuur as hul platejoggie vir hul troue.

Vra vir verwysings na resensies:


As jy nie self resensies aanlyn kon vind wanneer jy jou navorsing gedoen het nie, vra die platejoggie vir verwysings na resensies.  Maak seker hierdie resensies is op sosiale media geskryf, of op ʼn betroubare webtuiste geplaas.  Dit is baie belangrik om seker te maak die persoon wat die resensies geskryf het is wel ʼn regte persoon en nie net die persoon wat dit self geskryf het nie.

Kyk na die Platejoggie se ervaring:


Ervaring is iets wat niemand van mens kan wegvat nie.  Jy kry verskillende platejoggies met verskillende ervaring net soos in enige ander bedryf.  Wanneer jy ʼn platejoggie huur, maak seker die persoon het ervaring in troues.  Om ʼn platejoggie in ʼn nagklub te wees is heeltemal anders as ʼn troue byvoorbeeld.  Troues het nie net ʼn groot groep dansers nie, maar ook toesprake wat tussen in moet gebeur.

Die snitlys word heel moontlik deur die paartjie wat trou gekies, of ʼn groot deel daarvan.   So die platejoggie moet weet watter musiek om wanneer te speel.  Die laaste ding wat jy wil hê is ʼn platejoggie wat nie weet wat hy/sy doen nie.  Al die aandag is gewoonlik op die klank en as daar iets fout gaan is almal gelyke tyd onstabiel.

Toerusting:


Dit gaan nie soveel oor die handelsnaam van die toerusting nie, maar die tipe toerusting.  As jy ʼn professionele platejoggie het sal hy/sy alles nodig hê om jou troudag so maklik moontlik te laat verloop. Punte om na uit te kyk is die volgende:

  • Sal die luidsprekers perfek werk vir ʼn buite onthaal?
  • Is daar genoeg mikrofone?
  • Het die persoon ekstra batterye vir mikrofone, indien dit pap loop?
  • Het die platejoggie genoeg luidsprekers vir die grootte van jul onthaal lokaal?
  • Is daar rugsteun toerusting beskikbaar indien iets met enige van die toerusting gebeur?
  • Het die platejoggie enige addisionele toerusting, soos beligting vir die dansvloer, rook masjien ens. wat julle dalk kan huur?

Wat trek die platejoggie aan na jul troudag?


Alhoewel die dalk nie na so ʼn belangrike vraag mag klink nie, is dit wel ʼn baie belangrike vraag.  Julle wil nie hê jul platejoggie moet in sy strand uitrusting opdaag by julle troue en uitstaan bo almal anders nie.  Dit is belangrik om seker te maak dat jul platejoggies mooi aangetrek is vir jul troudag.  Hulle hoef nou nie in ʼn pak of aandrok te wees nie, maar moet ten minste semi-formeel wees.  Meeste professionele platejoggies het ʼn tipe van ʼn uniform wat hulle sal aantrek by troues.  Dit is om seker te maak hulle is nogsteeds gemaklik, maar kom professioneel voor.

Lees die Platejoggie se kontrak.


Dit is altyd belangrik om enige kontrak te lees en seker te maak julle verstaan al die terme en bepalings van die kontrak voor julle dit teken.  Enige kontrak is belangrik om te lees.  Maak seker julle het ʼn kontrak in plek met jul platejoggie en maak seker julle verstaan al die punte in die kontrak.  ʼn Kontrak is so belangrik en is nie daar vir wanneer dinge goed gaan nie, maar as dinge nie verloop soos plan nie.  Kyk veral na hul skade vergoeding-, kansellasie- en oortyd klousules.

Bespreking prosedure.


Vra oor die platejoggie se bespreking prosedure.  Hoe sal dit werk as julle die platejoggie wil bespreek vir jul troudag.  Maak seker jy verstaan hoe die platejoggie se bespreking prosedure werk van begin tot einde.  Party platejoggies vereis ʼn besprekings fooi wat nie terugbetaalbaar is nie en ander vra ʼn terugbetaalbare deposito, onder seker omstandighede.   Verstaan watter kostes wanneer betaal moet word.  Maak seker die platejoggie bevestig die bespreking per e-pos.

Prys en wat is ingesluit by die prys:


Verstaan die platejoggie se pakkette vir troues.  Dit is so belangrik om seker te maak jy verstaan die platejoggie se pakkette en wat ingesluit is in die pakkette en wat uitgesluit is by die pakkette.  Maak seker jy weet presies hoe lank die platejoggie by jul troudag sal wees en watter musiek hy/sy kan speel vir daardie pakket.  Verstaan ook watter toerusting in die verskillende pakkette ingesluit is.   Vra ook oor die oortyd koste, en/of die platejoggie wel oortyd kan speel en hoe lank hy/sy kennis nodig het daarvan.

Artikel Krediet:

Foto’s: Pexels

Geskrewe: Mooi Troues