Dane & Rézette se intieme selfdoen troue

Dane en Rézette se intieme selfdoen troue is die perfekte voorbeeld van ʼn prentjie mooi selfdoen troue.  Hierdie paartjie het self hul intieme troue beplan en die hele idee was om ʼn sjiek, klassieke, eenvoudige en stylvolle troue te skep.  Rézette en Dane het dit definitief reggekry.  Dié paartjie het pragtig gelyk op hul troudag.

Hul prettige verlowing fotosessie was al ook voorheen publiseer en Mooi Troues se lesers kan asseblief hier klik om ook na hul verlowing foto’s te kyk.

Die paartjie se onthaal was op die stoep wat uitkyk oor die rustige plaaslewe wat die trou venue omring.   Met die tafel se rou hout tafel en die deurskynende stoele skep ʼn moderne gevoel.   Dit pas so mooi in met die paartjie se Groen tema en tikseltjies Marsala kleure wat deur kom.   Die paartjie het self hul trou blomme en dekor gedoen en ons dink dit lyk baie mooi gedoen!

Gaste geskenkies was tuisgemaakte konfyt gewees wat Rézette se Ouma gemaak het.  Dit gee ook daardie persoonlike element aan die troudag.

Die paartjie het gegaan vir ʼn plaaslike wittebrood opsie.  Hulle het ʼn fantastiese tyd gehad in die Oos-Kaap by ʼn wildsplaas.  Om meer te lees oor Rézette en Dane se intieme selfdoen troue, rol af.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het vier jaar lang afstande ʼn verhouding gehad tot hy is in 2018 afgetrek het kaap toe.  Dane het my in Junie 2019 op ʼn wildplaas waar hy gewerk het gevra om te trou met sonsondergang.

Die Verlowing Tydperk:


Ons plan was om ʼn jaar verloof te wees maar Kovid het ander planne gehad en dit is verleng na ʼn jaar en 5 maande.  Ons het ons troue self beplan.

Die Verlowing Tydperk:


Ons plan was om ʼn jaar verloof te wees maar Kovid het ander planne gehad en dit is verleng na ʼn jaar en 5 maande.  Ons het ons troue self beplan.

Trou Begroting:


Ons het ʼn trou begroting gehad van so min as moontlik.  Ons het net ʼn klein familie troue gehad met 29 gaste.  ”Don’t sweat the small stuff and focus on yourself and your husband.”

Merkwaardigste Oomblikke:


Rézette:

Om in die padjie af te stap en my toekomstige man te sien huil.

Dane:

Om my liefde in my geloftes aan Rézette te verklaar.

Die Besluitnemingsproses:


Meeste groot besluite was myne aar Dane het ook inset gelewer hier en daar.  My Ma en vriendin my hoof strooimeisie het baie gehelp met trou dekor beplanning.

Paartjie se styl:


Sjiek, klassiek, eenvoudig en stylvol.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Ons sou graag meer vriende en familie daar wou hê, maar Kovid het die nie toegelaat nie.  Maar dit het ook met die begroting gehelp.

Gunsteling Diensverskaffers:


Definitief ons fotograaf Liezl.

Vermaak:


Ons het net ʼn “boomboxmet”  ʼn snitlys van ons eie musiek gehad wat gespeel het heeltyd.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Rézette:

“Do not sweat the small stuff.”  Die dag gaan oor julle en nie oor enige iets anders nie.

Dane:

As die bruid jou hulp vra help haar waar jy kan sy soek net jou input en dis vir ʼn stresvolle tyd so as jy kan help hoekom nie.

Wittebrood:


Ons wittebrood was op die wildplaas Shamwari in die Oos-Kaap.  Beste tyd van ons lewe.

Venue & Dekor:


Venue is een wat ek voorheen van geweet het en het baie opsies vir buite troues gehad.  Dit was op ‘n roos plaas en het baie min trou dekor nodig gehad.  Wat baie gehelp het vir die begroting.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ons troue is 5 maande uitgestel as gevolg van Kovid en hy was baie kleiner as beplan.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: