Nezaam & Lorinda se prettige troue

Mooi Troues deel vandag Lorinda en Nezaam se prettige troue in die Durbanville wynroete.  Ons kan hul troue se styl beskryf as klassiek en tydloos.  Lorinda se trourok is een van ons gunstelinge en is mal oor die toe arms.  Dit gee jou amper ʼn Winter  gevoel aan die trourok, wat jy ook in die Somer kan dra.  ʼn Trourok is so ʼn belangrike element vir ʼn bruid én die troue.  Jy moet gemaklik en mooi voel in jou trourok.  As jy doen, dan sal jy jou troue sommer baie meer geniet.

Nezaam het baie stylvol gelyk in sy swart pak en ouliks strikdas.  Die pragtige Tulpe wat Lorinda as haar hand ryker gehad het is net so mooi.  As vermaak het hulle ʼn karikatuur-kunstenaar gehad wat definitief baie mense aan die lag gehad het.  Dit is altyd ʼn goeie opsie vir jou gaste se vermaak.

Hulle wou ʼn glaskas venue hê met pragtige uitsigte.  Die paartjie het presies gevind waarvoor hul gesoen het.  As jy opsoek is na oulike venues vind diensverskaffers in Mooi Troues se Trougids.

Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography

Paartjie se Liefdesreis:


Nezaam en ek ontmoet in 2008, ons het vlugtig gepraat, maar altyd mekaar onthou.  Ses jaar gelede het ek, Lorinda, kontak gemaak met hom, en soos vroeër, het ons dit onmiddellik weer begin gesels.

Nezaam word op Kday 2018 voor ʼn groot menigte mense voorgestel.  Ek was vreeslik skaam, maar het besef dat dit ʼn weerspieëling is van sy liefde vir my “gaan groot of gaan huis toe”.

Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography

Die Verlowing Tydperk:


Ons was langer as ʼn jaar verloof.  Ek en hy het self die troue beplan met behulp van Pinterest.

Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography

Finansiële Aspekte:


Ons het nie ʼn begroting nie, maar het deeglike navorsing gedoen  oor pryse.  Toe het ons pryse vergelyk voordat ons oor ons op die venue en diensverskaffers besluit het.  Ons het 80 gaste tydens ons troue op 31 Augustus 2019 vermaak.

Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir my, Lorinda, om ons dag met ons (toe) sewe weke oue dogter te deel, was baie opmerklik.  ʼn Ander hoogtepunt vir my was die eerste dans, waar Nezaam sy “moves like Jagger!” vir almal bewys het.

Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography

Vermaak:


Vir vingerhappies het ons Martinus Illustrasie-karikature as vermaak vir die gaste gehad.  Die gaste het dit baie geniet en baie gelag.  Tydens die onthaal het ons ʼn fotohokkie gehad en lekker musiek vir gaste om te geniet.  Ons ongelooflike platejoggie het die gaste gedurende die vingerhappies en onthaal vermaak met moderne en ouer musiek.

Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography

Paartjie se styl:


Trourok:

Ek het my rok 4 weke voor my troue laat maak, na die geboorte van my dogter.  Ek wou ʼn rok hê wat my goed laat voel en René Heydon het presies dit geskep in so ʼn kort tydjie.

Ringe:

Een Sondag, in Canal Walk, stap ons verby ʼn juweliers en raak ek verlief op ʼn tros-diamantjie.  Nezaam is later die aand terug om dit te koop en het ʼn paar weke later my gevra om te trou.  Die ring is ideaal vir my klein hande, en ek het besluit dat ek net ʼn bandjie sou byvoeg vir die troue.  Nezaam het ʼn swart sirkonium ring gekies, hy vind dit anders en gepas.

Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid:

Maak lyste en beoefen die tydlyn voor jou troue. Lyste help jou om tred te hou met wat jy gedoen het en wat nog gedoen moet word, veral op die laaste nippertjie. As jy daarby hou, help dit jou elke sekonde sonder onnodige stres.

Net jy sal weet of daar ʼn fout is op die dag, omdat jy die dag beplan het; probeer dus om nie daaroor te stres nie.  Neem oomblikke om dit alles in te neem, want dit is immers die eerste dag van die res van julle lewens saam.

Bruidegom:

Gee eerlike insette as jy gevra word. Ontspan en geniet die troue

Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons gunsteling diensverskaffer was ons fotograwe.  Beide Matt en Krystle het ons so gemaklik laat voel en die trou fotosessies so lekker gemaak.  Matt het die mooiste plekke op die plaas gevind en ons perfek vasgevang!  Beide Matt en Krystle het ʼn mooi oog vir detail en ʼn tasbare liefde vir fotografie.  Ons kon nie vir beter fotograwe gevra het nie.

Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography

Venue & Dekor:


Venue:

Ek was nog altyd mal oor die idee om in ʼn oop glas-ruimte te trou met ʼn uitsig op ʼn dam of berge.  Nezaam het my dagdroom binnegedring.   Ons het plekke met glashuise en pragtige uitsigte besoek.  Maar ons kon nooit heeltemal saamstem oor ʼn venue totdat ons Nitida se Saffron Venue gesien het nie. Ons het albei dadelik van die venue gehou met sy glas mure en uitsigte van die dam.

Dekor:

Ons wou eenvoudige dekor hê en met behulp van Gerrit by Beanstalk, het hy met ons dekor uitleg vorendag gekom.

Troukoek:

Ons het aanvanklik ʼn ontwerp in gedagte gehad, maar was teleurgesteld oor die maatskappy wat ons genader het om die koek te maak.  Ons het toe ʼn koektafel gesien wat deur Robyn van Shake ʼn Bake geskep is.  En ons het gesien dit lyk ongelooflik.  Dit is toe ons besluit het om na ʼn paar verskillende koeke te kyk in die plek van ʼn tradisionele troukoek.

Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography

Eerste Dans:


Ons het nie vooraf lesse geneem nie, want ons het baie gemaklik gevoel om met mekaar te dans.  Ons eerste dans was om “Something just like this” deur Coldplay ft The Chainsmokers.  Die liedjie is ʼn herinnering aan die liefde wat ons het.  Dit is meer as genoeg en dit is iets wat ons nooit sal verhandel nie. Iets soos hierdie is waarna ons albei gesoek het.

Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography Matthew Carr Photography

Klik hier vir diensverskaffers