Bepalings en Voorwaardes vir mooitroues.co.za

  • Lees hierdie die Bepalings en Voorwaardes noukeurig deur en maak seker jy verstaan presies wat jy lees.  Die Bepalings en Voorwaardes bevat baie belangrike inligting. 
  • Maak seker jy lees gereeld die Bepalings en Voorwaardes van die webtuiste, want dit verander gereeld en word gereeld aangepas. 

Definisies:

  • Mooi Troues of mooitroues.co.za: Hierna bekend as “ons”
  • Leser of Lesers:  Hierna bekend as “leser(s)” of “jy” of “julle”.  Dit is die persoon en/of persone wat Mooi Troues aanlyn besoek met die doel om Mooi Troues te lees en/of diensverskaffers te vind op Mooi Troues.  Dit sluit ook in maar nie beperk tot persone, besighede en adverteerders wat Mooi Troues aanlyn besoek.
  • Adverteerder of Adverteerders:  Hierna bekend as adverteerder(s).  Dit is die individue en/of besigheid wat Mooi Troues betaal om op Mooi Troues se aanlyn platvorm te adverteer.

Privaatheidsbeleid: 

Vrywaring: 

  • Ons stuur ʼn stel vrae aan paartjies of besighede indien hulle goedgekeur word vir publikasie op ons webtuiste.  Dit is dan die paartjie of besigheid se verantwoordelikheid om self die vrae te beantwoord.  
  • Mooi Troues kan nie verantwoordelik gehou word vir vir volgende nie:
    • Publikasies/Artikels wat geskryf word deur ʼn derde party  nie en of antwoorde wat beantwoord is in artikels deur ʼn derde party nie. 
    • Vrae wat beantwoord word deur ʼn derde party word net so gepubliseer en sal slegs gekyk word vir spelling en nie enige grammatiese of sin konteks foute nie.
  • Die inhoud op die webtuiste kom nie op kenners raad van enige aard neer nie, hetsy dit wetlik, professioneel, medies, persoonlik of andersins is, en ons beveel gebruikers aan om hul eie raad by toepaslik gekwalifiseerde kenners in hul gebied te kry. As jy kies om op ons inhoud staat te maak, doen jy dit geheel en al op eie risiko en aanvaar jy ons sal in dié opsig geen aanspreeklikheid teenoor jou hê nie.
  • Ons kan nie verantwoordelik gehou word indien jy enige van die dienste of produkte koop en of gebruik waarvan jy gelees het op ons webtuiste en nie gelukkig daarmee is nie.  Jy doen dit absoluut op jou eie risiko.  

Kompetisies: 

Algemene voorwaardes vir die gebruik van ons webtuiste:

  • Jy moet ten alle tye seker wees jy verstaan ons privaatheidsbeleid. 
  • Jy stem in dat jy nie ons webtuiste sal misbruik nie. 
  • Jy stem in dat jy nie ons webtuiste sal gebruik vir enige onwettige doel nie en of die materiaal wat ons op ons webtuiste publiseer gebruik vir enige onwettige doeleindes nie. 
  • Ons het die reg om enige leser te blok of te verbied om ons webtuiste te besoek, indien ons voel dat jy ons webtuiste se terme en bepalings verbreek, ons besigheid of enige ander besighede wat ons eienaars besit se veiligheid in gedrang sit en sodoende ook van ons adverteerders of ander lesers.

Kopieregte: 

  • Ons is die wettige eienaar van ons webtuiste. 
  • Adverteerders behou kopieregte van die inhoud wat ons publiseer van hul diens, of produk op ons webtuiste. 
  • Jy mag nie net inhoud soos foto’s en of enige teks aflaai vir enige gebruik nie.  Indien jy ʼn PDF formaat van enige artikel of publikasie soek, kontak ons per e-pos en ons kan dit vir jou per e-pos stuur.
  • Indien jy enige inhoud sien wat ons nie die reg het om te publiseer nie, of wat jy voel is nie gepas vir publikasie nie, dan kan jy ons per e-pos kontak. 

Artikel Kredietbeleid : 

  • Ons gee alle diensverskaffers krediet in ons artikels. 
  • Diensverskaffers wat nie by ons adverteer nie, word onder aan die artikel krediet gegee onder die “Klik hier vir meer diensverskaffers” deel van die artikel.  Lesers kan op die “Klik hier vir meer diensverskaffers” klik en daar die volledige lys diensverskaffers besigtig.
  • Diensverskaffers wat wel by ons adverteer sal oor geskryf word kortliks in die inleiding van die artikel en ook krediet onder aan die artikel kry onder die “Mooi Troues Diensverskaffers” deel van die artikel waar lesers die lys van diensverskaffers wat by ons adverteerder sal kan besigtig.

Meer inligting:

  • Indien jy meer inligting benodig oor ons Bepalings en Voorwaardes, kontak ons gerus.
  • Hierdie Bepalings en Voorwaardes is laaste opdateer op 26 Junie 2021.

2. Vrywaring

  1. Mooi Troues kan nie verantwoordelik gehou word vir:
    1. Publikasies wat geskryf word deur ʼn derde party  nie.
    2. Vrae wat beantwoord word deur ʼn derde party nie.