DW & Zanté se verlowing fotosessie in die mooi natuur

Die oulike paartjie DW en Zanté se liefde kan ons in elke foto hieronder sien.  Die inspirasie vir die verlowing fotosessie was hul liefde vir mekaar, die natuur en buitelug.  Hulle besef die belangrikheid om gemaklik met ‘n fotograaf en sy/haar kamera te wees.  Mooi Troues se lesers wat besig is om hul troue te beplan en opsoek is na talentvolle fotograwe, gaan loer gerus op Mooi Troues se aanlyn trougids.

Alhoewel die grendeltydperk en KOVID-19 ‘n uitwerking op hul troureëlings gehad het, sien die paartjie baie graag uit na hul troue in Februarie 2021.  Ons hoop om later ook DW en Zanté se troudag met Mooi Troues se lojale lesers te deel.

Blaai af en geniet DW en Zanté se verlowing fotosessie in die mooi natuur.

engagement photo shoot verlowing fotosessie engagement photo shoote

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het ontmoet by ʼn braai, waar ons aanmekaar voorgestel was deur gemeenskaplike vriende.  Albei van ons was studente in Potchefstroom op daardie stadium.  Ons het vinnig genoeg agter gekom dat ons altwee van country musiek hou; dit was genoeg rede vir ʼn opvolg koffie.

Ons was twee en ʼn half jaar in ʼn verhouding voordat ons verloof geraak het.

verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie

Die groot vraag:


Die verlowing was verseker ʼn verrassing!  Hy het die groot vraag gevra op Barra se strand in Mosambiek.  Terwyl ons twee ʼn swem sessie geniet het in die branders, het ons vriende die groot vraag op die strand uit geskryf, waar hy op sy knie gesak het toe ons uit die see stap.

verlowing fotosessie verlowing fotosessie engagement photo shoot width=

Hoekom ons mekaar liefhet:


DW:  “Haar omgee vir ander mense en haar sagte hart het ek heel eerste opgemerk.  Eks mal daaroor!”

Zanté: “Hy is alles waarvoor ek nog altyd gebid het, alles wat ek ooit wou gehad het.  Sy eerlikheid in elke aspek van die lewe is ʼn eienskap wat ek elke dag admireer.  My vertroue in hom, in alles wat hy se en doen, is onbeskryflik.”

engagement photo shoot verlowing fotosessie verlowing fotosessie

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons het beplan om 10 maande verloof te wees, maar Kovid-19 het ons groot dag so klein bietjie uitgestel.  Ons gaan nou in totaal 14 maande verloof wees.

engagement photo shoot verlowing fotosessie verlowing fotosessie

Die verloofring:


Ek het ʼn idee gehad waarvan sy hou en het die ring daar volgens laat maak.  Sy het geen idée gehad hoe dit gaan lyk nie.

verlowing fotosessie verlowing fotosessie engagement photo shoot

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons wou verseker ons fantastiese fotograaf ontmoet voor die troue.  Dit was vir ons die belangrikste om haar te leer ken aangesien sy so ʼn groot rol speel op ons spesiale dag.

verlowing fotosessie verlowing fotosessie engagement photo shoot

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons kom albei van plase af en is lief vir die natuur.  Daarom wou ons graag die fotosessie in die buitelug hou waar ons op ons gemak is.

verlowing fotosessie verlowing fotosessie engagement photo shoot

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Daar was eerlik nog nie een oomblik vrese oor die verlowing tydperk nie.  Toe ons besef dat ons moontlik die troue moet uitstel, het ons geglo dat die Here ʼn plan met dit het en ons is vandag baie dankbaar vir hoe alles uit gedraai het.

verlowing fotosessie verlowing fotosessie engagement photo shoot verlowing fotosessie

Visie vir droomtroue:


Soos elke dogtertjie se droom, moet haar troue spesiaal en romanties wees.  Ons troue moet ʼn wit troue wees met net paar natuur elemente, wat ons albei uitbeeld … Iets elegant en iets plaas … en dan laastens, baie liggies!

verlowing fotosessie verlowing fotosessie engagement photo shoot verlowing fotosessie

KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:


Soos reeds genoem, moes ons die troue uitstel.  Ons was geseënd dat die trou lokaal vir ons ‘n alternatiewe datum gegee het en kan nie wag om op 6 Februarie 2021 MNR & MEV KOTZE genoem te word nie!

engagement photo shoot verlowing fotosessie verlowing fotosessie

Klik hier vir diensverskaffers