ʼn Wegbreek na The Cavern Resort & Spa

ʼn Wegbreek na The Cavern Resort & Spa sal enige paartjie goed doen, weg van die stad se gejaag omring deur die pragtige natuurskoon van die gebied. Hier sal julle verwelkom word met vriendelike glimlagte en professionele gasvryheid. The Cavern Resort & Spa in die Drakensberge in KwaZulu-Natal is een van daardie wegbreek bestemmings wat heelbo aan julle lys moet wees.  Dit is die ideale plaaslike wittebrood bestemming vir paartjies, of as julle sommer ʼn lekker familie vakansie wil hê voor of na jul troue, dan is The Cavern Resort & Spa perfek daarvoor.

Met wêreldklas fasiliteite insluitende ʼn swembad, tennisbane, staproetes en meer maak dit The Cavern Resort & Spa die perfekte plek vir om vakansie te hou. Geniet die sonlig langs die swembad of vir die wat hou van aktief wees, gaan op een van The Cavern Resort & Spa se vele stap roetes in die gebied of enige van hulle buitemuurse aktiwiteite. 

The Cavern Resort & Spa is bekend vir hulle heerlike spyseniering, so wees verseker dat julle die vakansie ekstra gaan geniet met heerlike kos. Wat is ʼn vakansie sonder lekker kos?  Bonus, julle hoef nie self kos te maak nie!  

Vir ʼn oulike wegbreek idee, rol af om meer te lees oor The Cavern Resort & Spa.

 

Verblyf opsies:


The Cavern Resort & Spa bied verskeidenheid verblyf opsies wat dit fantasties maak want daar is iets vir almal. Al hulle verblyf opsies is in die pragtige versorgde tuine omring deur die mooiste kombinasie van inheemse plante en honderde voëls.  In die aande kan julle ʼn nagrus geniet met die gesange van krieke, paddas, en ander vriendelike gediertes.

Elke eenheid het sy eie privaat patio waar jy in die son kan ontspan, na die strome in die bos luister en in die vrede van ongerepte berg wildernis kan inneem. Paartjies op wittebrood ontvang ʼn komplimentêre spa-behandeling en canapés, asook ʼn bottel vonkelwyn tydens hul verblyf.

Onder is die verblyf opsies beskikbaar by The Cavern Resort & Spa:

Hotel Verblyf:

Hulle hotel verblyf bestaan uit:

Familie Verblyf:

Hul familie verblyf opsies sluit in die volgende:

Selfsorg:

Vir die van julle wat opsoek is na iets ʼn bietjie meer informeel en avontuurlustig, is daar ook hulle Sungubala Eco Camp.

Fasiliteite:


The Cavern Resort & Spa het wêreld klas fasiliteite vir gaste om te geniet. Daar is ʼn speelkamer vir kinders en vir die volwassenes is daar rolbal, tennis en kroket. Geniet die son langs die potblou swembad met ʼn skemerkelkie in die hand.

Daar is ook ʼn lieflike spa waaroor ons meer uitbrei in die artikel. Daar is lieflike sitplek areas waar julle die middag son kan geniet en ʼn drankie of koppie tee met ʼn boek in die hand. Geniet bordspeletjies en lag ʼn bietjie!

Daar is ook ander fasiliteite soos die restaurant area waar julle heerlike etes kan geniet. Ons gesels ook meer oor die aktiwiteite wat by en naby The Cavern Resort & Spa aangebied word in die artikel, so blaai gerus af om meer te lees.

Aktiwiteite:


The Cavern Resort & Spa het ʼn lekker vol aktiwiteit kalender.  Vir die van julle wat hou van buitemuurse aktiwiteite, sal The Cavern Resort & Spa hemels wees. Met soveel om te doen sal julle die buitelewe vreeslik baie geniet, daar is letterlik iets vir almal.

Verken die area se geskiedenis en kultuur en ervaar eeue-oue rotstekeninge in die gebied.  As julle sportief is sou ons aanraai julle geniet een van hulle stap- en bergfiets roetes.  Daar is ook perdry aktiwiteite, asook visvang geleenthede beskikbaar.

Indien julle opsoek is vir nog meer opwinding kan julle na All Out Adventures gaan wat slegs ses kilometer vanaf The Cavern Resort & Spa is en Suid Afrika se vinnigste kabel toer doen teen 60 kilometers per uur of vierwiel motorfiets toere en vele meer.

Hierdie is net ʼn paar van die aktiwiteite beskikbaar by The Cavern Resort & Spa.  Klik hier om meer te lees oor hul aktiwiteite op hul webtuiste.

Restaurant:


Gaste kan heerlike etes by The Cavern Resort & Spa se restaurant. Hulle bedien ontbyt, middagetes en ook lieflike aandetes. Etes word bedien in hulle dubbel volume grasdak eetkamer, ʼn gesellige eetplek met ʼn warm atmosfeer.  Daar is ook lieflike buite sitplek onder die bome omring deur die natuur se saligheid.  By The Cavern Resort & Spa maak hulle sjefs seker dat gaste heerlike etes geniet en die kelners maak seker gaste is gelukkig en word goed na omgesien.

Vir die wyn liefhebbers is daar ook ʼn groot verskeidenheid wyne in The Cavern Resort & Spa se wynkelder. Die wynkelder skep ook ʼn baie lekker gesellige atmosfeer.

Daar is ook ʼn moderne kroeg in ʼn rotsformasie ingebou wat ʼn oulike byvoeging is tot die fasiliteite wat The Cavern Resort & Spa al klaar bied vir hul gaste. Hier kan gaste ʼn lekker drankie geniet terwyl hulle in die somer die koelte van die natuurlike lug geniet of in die Winter die lekker gesellige kaggelvuur.

Ontspan by hul Spa:


The Cavern Resort & Spa se populêre Forest Retreat Spa is ʼn rustige wegbreek vir ʼn ontspanne behandeling. Die Forest Retreat Spa is in die mooiste hange van die Varing woud met die sagte water geluide van Putterill’s stroom.

Hulle gekwalifiseerde terapeute bied masserings, pedikure, manikure en gesig behandelings. Hul fokus by The Cavern is om meer omgewings- en sosiaal verantwoordelik te wees. Die Forest Retreat Spa gebruik die trots Suid-Afrikaanse, organiese velsorg reeks Esse.

Hierdie is die perfekte plek om jul energie te herlaai.  Klik hier om na ʼn video te kyk van die spa ervaring.

Bespreek julle wegbreek:


Klik hier om The Cavern Resort & Spa te kontak deur hul profiel op Mooi Troues.  Julle kan hul ook ʼn boodskap stuur deur WhatsApp of ʼn e-pos stuur en hulle sal al julle vra beantwoord.

Artikel Krediet: