Hierdie pragtige gestileerde fotosessie bied tonne inspirasie vir paartjies opsoek na iets Å bietjie anders as die gewone vir hul troudag. Stylvolle Aardse Trou Inspirasie – Å reis deur die aardse temperament met Å kombinasie van Å bietjie ou-wĆŖrelds en kontemporĆŖre elemente, gekombineer met die aardse elemente is dit Å definitiewe wenner.
Ons is mal oor die model se trou-pakkie wat sy aangehad het, Å broek in plaas van Å trourok. Dit het Å elegante voorkoms, maar is ook iets heeltemal buiten gewoon.Ā Dit is definitief Å kontemporĆŖre stempel tot die stylvolle aarde trou inspirasie fotosessie.
Dekor elemente was gestileer om in te pas by die rou aardse tema van die gestileerde fotosessie. Die hout tafel was versier met pragtige diep aardse kleure insluitende skakerings van groene, tikseltjies mosterd geel en skakerings aardse kleure.
Wat vir ons só oulik is aan die gestileerde fotosessie is die feit dat paartjies dit letterlik net so sou kon gebruik en trou. Dit is nie oordoen nie en is totaal en al doenbaar vir paartjies. Die aardse kleure en elemente gee die gestileerde fotosessie Šwarm, gesellige gevoel.
Om Å tikseltjie ou-wĆŖreld in te bring was daar ook Å baie mooi outydse motor deel van die fotosessie. Die rou baksteen mure en weerkaatsing teen die trou venue se ruite skep die perfekte agtergrond vir hierdie gestileerde fotosessie.Ā Hierdie fotosessie was moontlik gemaak deur Å fantastiese span trou diensverskaffers in die Gauteng omgewing.
Rol af om meer te sien van die gestileerde fotosessie en om meer te lees oor die storie agter die fotosessie.

Wie het die fotosessie gereƫl?
Dina Greyling – eienaar van Venue Nouveau en Lily Grace.

Inspirasie agter die fotosessie:
Teen die agtergrond van die Aarde se ingewikkelde ekostelsels, duik “Aardse Temperament” in die diep verbintenis tussen die omgewing en ons optrede.
Hierdie gestileerde fotosessie begin Škreatiewe verkenning van volhoubare leefwyse, waar elke element, elke posisie en elke vasgevange oomblik praat van die essensiële balans wat ons wêreld onderhou.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Die trou diensverskaffers is deel van ons venue pakette. Hulle stap al Å lang pad saam ons.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:
Die trou-pakkie van die bruid en die outydse motor.

Dekor:
Die dekor elemente was gekies om deel te pas van ons rou aardse tema. Elke deel van die dekor vertel Å verhaal van verbondenheid met die aarde en Å verbintenis tot volhoubare leefwyse.
Å Kontras van rou, natuurlike materiale soos hout, klip, en gedroogde plante, versterk die gevoel van grond en organiese verbondenheid.
Hierdie materiale word op Å deurdagte manier gebruik om Å gevoel van eenvoudige prag en rustigheid te skep, terwyl hulle ook Å uitnodigende atmosfeer van natuurlike skoonheid en harmonie bevorder.

Kleurskema:
Die kleurskema vir hierdie fotosessie is Å oorvloed van groen en aardse kleure wat die aardse skoonheid en rykdom van ons planeet uitbeeld.
Elke kleur is deurdring met diep betekenisvolle verwysings na die natuur se palet en die verbinding met die aarde se temper. Die kleurskema vir hierdie fotosessie is deurdring met die gevoel van verbondenheid met die aarde en die essensie van volhoubare leefwyse.
Dit vang die natuur se rykdom en prag in al sy skakerings en herinner ons daaraan dat ons deel is van Å wye, wonderlike ekosisteem wat ons moet koester en beskerm.

Venue en Ligging:
Die trou venue is baie rou en beklemtoon die natuur. Venue Nouveau se eienaar van die venue is baie kreatief en sy het besluit op die tema.

Trourok en bruidegom pak:
Dit is iets wat uniek is. Die bruid model se pakkie is spesiaal vir haar gemaak. Dit is vreemd om Å bruid in Å pak te sien dit is hoekom ons dit so gekies het.
Die bruidegoms model pak komplimenteer die kleure van die fotosessie. Die juwele vorm ook deel van die tema en is baie uniek.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:
Dompel jouself onder in die kleure, teksture en emosies wat die dringendheid van ons gesamentlike verantwoordelikheid beklemtoon.
“Aardse Temperament” is meer as net Å fotosessie; dit is Å visuele meditasie oor die weerbaarheid van ons wĆŖreld en die potensiaal vir positiewe verandering wat binne ons almal woon.

- Fotograaf: Evergreen Visuals | Kontak
- Venue: Venue Nouveau | Kontak
- Blomme + Dekor: Lily Grace Decor and Styling | Kontak
- Bruidegom-pak: O.S Man Tailor Made | Kontak
- Grimering + Hare: Unmissable Makeup| Kontak
- Naels:Ā Nails Passions SA | Kontak
- Juweliersware: Lily Grace Decor and Styling| Kontak
- Koƶrdineerder: Venue Nouveau| Kontak
- Skryfbehoeftes: Katilina Design| Kontak
- Trourok: Estelle Visser Designs| Kontak
- Trouringe: Poggenpoel Diamond Jewellers| Kontak
- Troukoek: Dirty Peach| Kontak
- Motorhuur: Wat Swaai Jy | Kontak
- Videograaf: Evergreen Visuals| Kontak

