Mooi Troues is altyd opgewonde om vars en unieke regte troues te deel met ons lesers.  As jy graag jou troudag of kliënt se troudag op Mooi Troues wil sien, dien dit in deur die onderste vorm te voltooi.  Lees onder die advies deur, om jou kanse te verbeter om ‘n moontlike publikasie te kan kry.

EKSKLUSIWITEIT VOORKEUR:

Diensverskaffers wat deel was van die troue is meer as welkom om die troue te deel op hul besigheid en persoonlike sosiale media platvorms en ook op hul webjoernale en webtuistes.

Belangrik:  By Mooi Troues sit ons baie moeite en tyd in ons artikels.  Indien die troue goedgekeur word vir publikasie, vra ons dat jy asseblief nie die troue op enige ander trou webjoernaal of -tydskrif laat publiseer tot die dag wat dit op Mooi Troues gepubliseer word nie.  Indien die troue wel êrens anders gepubliseer was, dien dit nogsteeds in en laat weet ons net in die publikasie versoek. Dié rede hiervoor, is dat ons nie soos ‘n kloon van ander webjoernale en tydskrifte lyk nie, maar unieke inhoud deel met ons lojale lesers.​

WEES VRIENDELIK:

Hierdie is ‘n groot plus punt vir ons.  Jy hoef nie jouself meer belangrik te ag as enige ander diensverskaffer in die trou bedryf nie.  Moet nie onbeskof wees met ons publikasies-span nie.  Ons sien almal as gelyk en hanteer almal presies dieselfde.  Ons hou daarvan om met diensverskaffers te werk wat passievol, vriendelik en maklik is om mee te werk.

WAARNA ONS SAL KYK EN MOOI TROUES SE ESTETIKA:

  • Kreatiwiteit van die troue.
  • Styl en kwaliteit van die foto’s.
  • Die bruid se rok.
  • Die paartjie se fotosessie (hoe die foto’s geneem was ens.)
  • Die dekor van die venue (sal ons lesers dit as inspirasie kan gebruik?)
  • Die troukoek.

TERUGVOERING PERIODE:

Indien Mooi Troues die troue goedkeur vir publikasie, sal ons jou binne 2 weke laat weet per e-pos met al die foto spesifikasies vir die fotograaf en vrae aan die bruidspaar.  Indien jy nie binne 2 weke van ons gehoor het nie, was jou aansoek onsuksesvol.

FOTO SPESIFIKASIES:

Stuur vir ons die skakel na jou foto’s waar ons dit kan besigtig om ‘n besluit te kan neem of ons dit wil publiseer op Mooi Troues.  Maak seker jy stuur die skakel na jou fotograaf se webtuiste.  Ons sal slegs foto’s publiseer wat deur ‘n professionele fotograaf afgeneem was.  Sluit die volgende in: dekor, paartjie fotosessie, trourok, troukoek, onthaal en die seremonie. 


VOLTOOI DIE ONDERSTE VERSOEK VORM:

    WIE IS JY?

    JOU NAAM:

    JOU E-POS ADRES:

    SELFOON NOMMER:

    PAARTJIE SE NAME:

    PAARTJIE SE E-POS ADRESSE:
    * Dit is belangrik dat jy die paartjie se e-pos adres hier in sit.  Indien die publikasie versoek goedgekeur word, moet die paartjie vrae beantwoord en toestemming gee dat hul troue wel gepubliseer mag word.

    EGGENOOT 1 SE E-POS ADRES:

    EGGENOOT 2 SE E-POS ADRES:

    TROU DATUM EN JAAR:

    FOTOGRAAF:

    FOTOGRAAF SE E-POS ADRES:

    FOTO'S VAN DIE TROUE:

    Vir Mooi Troues se publikasie span om 'n troue moontlik goed te keur vir publikasie, moet hul eers 'n paar foto's van jul troudag sien. Die skakel na die foto's moet ook foto's insluit van die dekor en paartjie fotosessie. Indien daar nie dekor foto's is nie, word die publikasie versoek onmiddellik gekanselleer.  Jy kan vir ons 'n skakel los na jou trou foto's op die fotograaf se webtuiste, Dropbox skakel, Google Drive skakel of 'n Pixieset. As jy nie 'n skakel los waar ons die foto's kan besigtig nie, sal jou troue outomaties afgekeur word.

    SKAKEL WAAR ONS DIE FOTO'S KAN BESIGTIG:
    Byvoorbeeld:  Dropbox, Google Drive, One Drive, Pixieset ens.

    HET ONS 'N WAGWOORD NODIG OM DIE SKAKEL TE BESOEK?

    WAT IS DIE WAGWOORD WAT MOOI TROUES MOET GEBRUIK OM DIE FOTO'S TE BESIGTIG?

    MEER INLIGTING OOR DIE TROUE:

    IN WATTER PROVINSIE WAS DIE TROUE?

    WAAR WAS DIE TROUE GEWEES?
    Indien die troue buite Suid-Afrika was, spesifiseer dan die land waar dit was.

    WAS DIE TROUE AL VOORHEEN GEPUBLISEER?

    WAAR WAS DIE TROUE VOORHEEN GEPUBLISEER?  SPESIFISEER ASSEBLIEF HIERONDER:

    WIE HET DIE TROUE BEPLAN?

    VERDUIDELIK VIR ONS WIE DIE TROUE BEPLAN HET?

    DIENSVERSKAFFERS LYS:

    Dit is baie belangrik dat jy die onderste diensverskaffers lys so volledig as moontlik voltooi. Indien jy nie 'n diensverskaffer gebruik het nie kan jy dit uitlos.

    Blomme:

    Bruidegom pak:

    Dekor:

    Fotohokkie:

    Gaste Geskenke:

    Grimering:

    Hare:

    Huurdienste:

    Huweliksbevestiger:

    Juweliersware:

    Trouring:

    Troukoek:

    Koördineerder:

    Musiek:

    Platejoggie:

    Skoene:

    Skryfbehoeftes:

    Strooimeisie-rokke:

    Tente:

    Trourok:

    Venue:

    Paartjie se verblyf:

    Vermaak:

    Vervoer:

    Videograaf:

    Huwelik kontrak:

    Wittebrood plek:

    KOMMUNIKASIE TOESTEMMING:

    • Ek gee toestemming aan Mooi Troues en Mooi Leefstyl dat ek wel kommunikasie vanaf hul wil ontvang en ook 'n intekenaar sal wil wees van hul nuusbriewe.

    • Ek verstaan dat die informasie wat ek aan Mooi Troues verskaf in die vorm alleenlik met die partye gedeel sal word wat gelys is onder diensverskaffers van die publikasie versoek, asook enige van die diensverskaffers wat betrokke was by die artikel en geen ander derde party nie.

    Ongelukkig moet u vir Mooi Troues toestemming gee om met u te kan kommunikeer.  Sonder toestemming kan ons nie met u kommunikeer nie.

    Foto: Rentia Smith Photography