Henri & Carolina se stedelike verlowing fotosessie

Ons deel vandag die pragtige stedelike verlowing fotosessie van Henri en Carolina met jou. La Belle Vita Photography het die pragtige foto’s afgeneem en ‘n tydjie saam met die oulike paartjie spandeer in Johannesburg. Ons deel graag verlowing foto’s, veral as dit in die stedelike kant van ons land afgeneem is. Daar is net iets aan die stads lewe wat vir ons spesiaal is. Loer bietjie na die paartjie se foto’s hier onder en lees meer oor hulle ontmoeting en verlowing.


Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0001Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0002 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0003 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0004 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0005 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0006 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0007 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0008 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0009


Hoe het julle ontmoet?

Ons het op Universiteitsoord se Tuks eerstejaarskamp in 2006 ontmoet. Ek was ‘n Erika-eerstejaartjie en Henri was ‘n Maroela 2de jaar en ‘n kampleier. Die eerste keer wat ek Henri gesien het, het hy my gehelp om my tas in die bus te laai. Ek het gedink hy is baie aantreklik. Geluk was aan ons kant toe hy my groepleier was. Ons het sommer die een aand tot 03h00 die oggend gesit en gesels.  Ons het nie amptelik uitgegaan in my eerstejaar nie, maar ek was die “date” wat hy moes saambring vir ‘n naweek weg na Sabi Sands saam met vriende. Soos hulle sê, “the rest is history”.


Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0010 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0011 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0012 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0013 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0014 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0015 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0016 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0017 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0018 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0019 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0020


Vertel ons meer van julle verlowing

Carolina vertel: Henri het my een Vrydagaand einde Julie heeltemal ontkant gevang deur vir my ‘n koevert te gee en daarna die hasepad te kies. In die koevert was ‘n Gautrain kaartjie, ‘n briefie en ‘n vliegtuigkaartjie Kaapstad toe. Ek is voorgesê in die briefie om hom nie weer te kontak totdat ek bevestig dat ek op die vliegtuig is. In die Kaap aangekom die volgende oggend het die wind vreeslik gewaai en het dit katte en honde gereen! Henri het beplan om my op Noordhoek se strand te vra maar die man moes vinnig ‘n tweede plan beraam met die weer wat nie wou saam speel. Hy het na Cape Point Vineyards in Noordhoek gegaan en gevra dat hul asseblief moet help. Hulle het ‘n pragtige privaat hoek in hul proe-kamer vir ons reggemaak met ‘n lekker bottel rooi wyn. Henri het die mooiste ring uitgehaal en om my hand gevra.

Henri vertel: Ons het baie van Chrissiesmeer gehou en wou nog altyd graag daar trou. Hulle was vol bespreek tot September 2015 maar weens ‘n kansellasie kon ek wel bespreek vir 28 Maart. Carolina was nog salig onbewus hiervan want ek moes eers gaan ouers vra! Twee weke later het ek gereël dat ons deurry na Florence Farm (Carolina was onder die indruk ons wil moontlik bespreek vir September 2015). Dis toe in die dennebos wat ek haar verras het met ons regte troudatum. Na maande se soek en spaar kon ek die perfekte ring laat maak en het haar verras met die naweek in die Kaap.


Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0021 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0022 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0023 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0024 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0025 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0026 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0027 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0028 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0029 Henri en Carolina se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0030


Diensverskaffers:

Fotograaf: La Belle Vita Photography