Ben & Anri se Kleurvolle Troue in Franschhoek

Ben en Anri se kleurvolle troue in Franschhoek is prentjie mooi en só stylvol.  Julle sal die paartjie erken van hulle verrassings verlowing in Parys, Frankryk wat ons gepubliseer het op Mooi Troues.  Hulle troue is een wat jul nie moet mis nie.

Wow! Anri het beeldskoon gelyk op haar troudag. Haar droom trourok met die pofferige moue wat kan afhaal is só mooi. Om haar voorkoms te komplimenteer het sy die mooiste Hellohaai oorbelle aangehad. Ben se ligte pak het perfek ingesmelt by die kleurskema van die paartjie se troue. Hy het nie ʼn das aangehad nie, wat ietsie anders as die gewone is en gee sy voorkoms ook ʼn meer ontspanne gevoel.

Anri en Ben se trou seremonie was buite op die trou venue se versorgde grasperk omring deur die pragtige natuurskoon van Franschhoek. Ons is totaal en al verlief op die pragtige blom ontwerpe wat hul gehad het by hul buitelug seremonie. Die kleurvolle blom ontwerpe het só mooi uitgestaan bo die groen wingerde in die agtergrond.

Die paartjie se trou dekor was besonders mooi. Wit tafeldoeke met tikseltjies kleur op die tafels skep die perfekte balans. Klein fyn blom ontwerpe in kleurvolle potte staan op die lang tafels. Die gekleurde kerse wat ook ʼn romantiese voorkoms gee bring weereens daardie kleurvolle kontras teenoor die spierwit tafeldoeke.

ʼn Troukoek wat bestaan uit kleurvolle lae Macarons trek onmiddellik mens se oog en is ʼn goeie herinnering van hul verlowing in Frankryk.  Ander details soos die klein Eiffeltoring gaste geskenke en die blom ontwerpe wat bo die tafels hang skep ʼn deftige, maar steeds moderne gevoel aan die onthaal spasie.

Rol af om meer te lees oor Ben en Anri se kleurvolle troue in Franschhoek en hul liefdesreis.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar se oog gevang by ʼn huis kuier in Onrus. Ben het my vir ʼn afspraak genooi daarna.

Ons verlowing was in Parys onder die Eiffeltoring. Ben het my verras met ʼn fotosessie en ons verlowing toe hy ʼn ring uithaal en vir my vra om sy vrou te wees. JA! Na ons verlowing het ons by ʼn kafee croissante en espresso’s gedrink met groot glimlagte en ʼn ring op my vinger.

Meer oor Hellohaai:


Hellohaai spesialiseer in hand gemaakte polimeer klei trou oorbelle, met ander woorde maak Hellohaai jou trou-oorbel-drome waar. Daar is iets vir elke tipe bruid daar buite, of jy nou ’n moderne – of tydlose dame is, sal jy verseker iets kry wat jou hart maak glimlag. Indien jy nie seker is oor wat by jou hare of rok gaan pas nie, kontak Hellohaai gerus om bietjie raad te vra, soveel bruide is al deur onsekerheid gehelp om die regte oorbelle te kies.

Trourok:


Ek het nog altyd geweet dat ek ʼn trourok wil laat maak. Is mal oor een skouer rokke, maar almal wat my goed ken het dit verwag. Ek het trourokke aangepas om seker te maak wat ek wil laat maak en die eerste rok wat ek aangepas het het my hart gesteel. Ek het ʼn baie soortgelyke trourok laat maak en ek is nogsteeds mal daaroor. Dit is ʼn eenvoudige lang trourok met baie detail op die boonste deel. Die trourok het ʼn lang sleep en moutjies wat kan afgehaal word vir die partytjie wat baie lekker is.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Ons mooiste oomblik: Beslis om in die paadjie af te stap en mekaar vir die eerste keer te sien as bruid en bruidegom. Daarna om mekaar se ringe aan te sit.

Die kosbaarste: Tydens ons seremonie het ons ouers vorentoe gekom om hande op ons te lê saam met ons dominee. Om ons huwelik in God se hande te plaas was kragtig en ons grond alles wat ons doen op gebed.

Ons lekkerste oomblik: Ons het op een van ons gunsteling liedjies die onthaal saal ingehardloop, ons gaste het hulle servette in die lug geswaai, ons het sjampanje uit bottels gespuit en die res in ons sjampanje toring ingegooi!

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Ons troue sou nie dieselfde wees sonder hierdie diensverskaffers nie:

Gather Photography, Charissa Photography, Garland Wedings, Wiekus Viljoen, NZ Bespoke Dress Studio, Marsell Body & Bride, Earthfire Pizza, Labrish Decor, The Barn, Marnella Art Du Macaron, en Zaan Kultuur Event Flowers.

Verloof- en Trouringe:


Ben het my ring self gekies en ontwerp met behulp van Wiekus Viljoen. Ek het nog altyd van silwer juwele- en skoon ontwerpe gehou. Ben het perfek gekies!

Ek het ook Ben se ring self gekies en ontwerp met behulp van Wiekus Viljoen. Ben het nog altyd gegrap dat hy ook diamante op sy ring wil hê. Ek het vir hom klein diamante in sy ring ontwerp ingesluit.

Trou Dekor en Styl:


Ek is mal oor baie kleur, dit laat my gelukkig en opgewonde voel. Maar, ek wou ons troue stylvol hou. Die hoof kleure was lila, olyfgroen, sag geel en gebrande oranje. Al die basiese dekor elemente was swart en wit. Die blomme en ons gaste se kleredrag het ons kleurskema verteenwoordig.

Ons wou graag Parys en ons verlowing by die Eiffeltoring inbring by ons troue se dekor. Daar was ʼn 3 meter grote Eiffeltoring met liggies en blomme bedek vir ʼn fokuspunt langs die ingang van die onthaal lokaal.

Die gaste het ook elkeen ʼn klein Eiffeltoring sleutelhouer op hulle servet ontvang.

Ons sjampanje toring en Macarons toring het ook die Eiffeltoring verteenwoordig. Macarons was ons gunsteling bederf in Parys!

Trou Venue:


The Conservatory was perfek in Franschhoek. Die seremonie was in die middel van die wingerd en die glas saal het mooi gepas by ons kleurvolle tema en blomme.

Die trou venue voel baie privaat en spesiaal. Toe ons instap was ek seker dis hier waar ons, ons geloftes voor ons vriende en familie gaan maak.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Geniet elke oomblik. Doen wat jy graag wil van die begin af (jy gaan dit later wil hê en dan kos dit duurder).

Kies 5 goed waarop jy wil spandeer. Doen dit groot. Spaar en laat gaan op die res. Alles gaan in elk geval perfek wees sodra jy jou persoon sien!

Eerste Dans:


Damn Love van Kip Moore

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: