Industriële Romanse Trou Inspirasie

Dié industriële romanse trou inspirasie fotosessie is die perfekte voorbeeld van kontras tussen ʼn industriële en moderne voorkoms. Kontras tussen dekor elemente soos in die fotosessie is altyd ʼn wenner as dit reg gedoen word.

Die modelle het pragtig gelyk in stylvolle trourokke, albei besonders mooi. Die een rok het die mooiste skouer en bolyf detail gehad. Terwyl die ander trourok meer ʼn eenvoudige bokant gehad het met die mooiste detail aan die onderkant van die trourok.

Vir die tafel dekor het hul gegaan met ʼn meer romantiese, maar minimalistiese voorkoms wat die perfekte kontras geskep het teen die industriële onafgewerkte muur tekstuur. Gekleurde kerse dun kerse wat bo die dekor elemente uitstaan in hul glas kershouers bring tikseltjies kleur en elegansie tot die tafel uitleg. Daar is ook dikker wit kerse op die tafel wat weer die hoogte uit balanseer.

Die kleurskema vir die tafel dekor was skakerings van wit, grys, pers en ook hierdie daar tikseltjies swart en pastel kleure.  Om die onafgewerkte industriële gevoel te betrek by die tafel dekor was ʼn grof afgewerkte hout tafel gebruik. Die sagte wit tafel loper trek die aandag na die kleurvolle blom ontwerpe wat daarop staan en ook die ander kleur elemente op die tafel. Blom ontwerpe was ook eenvoudig gehou, maar pas perfek by die algehele gevoel.

Alles is moontlik met ʼn span professionele trou diensverskaffers. Rol af om meer te sien en te lees van die pragtige gestileerde fotosessie.

Wie het die fotosessie gereël?


Mila Photography

Inspirasie agter die fotosessie:


Ons wou die industriële gebou, Victoria Yards wat ʼn 100 jaar oud is beklemtoon omdat dit ook gebruik word vir troues en funksies.

Die tema was Industriële Romanse en ons wou iets uniek, minimalisties en modern skep. Ons het ook ʼn vroulike paartjie gebruik om moderne verhoudings van vandag te simboliseer.

Die 2024 trou tendense was ook gebruik as inspirasie, die materiaal agtergrond vir die seremonie area, baie kerse en moderne juweliersware.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ek het plaaslike diensverskaffers gekies wat ook dieselfde styl as ek het en mal is daaroor om unieke troues te skep. Black Betty maak uitstekende, unieke juweliersware so dit was perfek vir die fotosessie.

Agter die skerms van die fotosessie:


My motor het gebreek oppad Johannesburg toe en ek was ʼn uur laat gewees. Gelukkig het Tamsyn, die grimering kunstenaar reeds vroeg arriveer saam met die modelle en kon solank begin.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Die industriële gebou is my gunsteling en ook dat ons ʼn vroulike paartjie kon gebruik.

Dekor:


Ons wou ʼn romantiese, maar minimalistiese gevoel gee. Sagte materiaal was gekies vir die loper op die tafel. Die pastel en wit gekleurde kerse in glas kersstaanders het ook ʼn mooi, sagte gevoel gegee. Ons het blomme gebruik was tans in seisoen was.

Die tafel dekor was als ʼn kombinasie van grys, wit, pers-grys, swart en pastel kleure. Die rowwe houttafel het ook ʼn industriële gevoel gegee.

Kleurskema:


Die inspirasie was natuurlike elemente, soos die rou bakstene van die gebou, hout, glas en dan pastel kleure wat die pers van die seremonie area komplimenteer het.

Venue en Ligging:


Ons wou die industriële gebou, Victoria Yards wat ʼn 100 jaar oud is beklemtoon omdat dit ook gebruik word vir troues en funksies. Die gebou is in 1913 as ʼn stoom wasgoed fabriek gebou. Die gebou het baie min oor die jare verander en word tans gebruik as ateljees vir kunstenaars, troues en funksies word ook daar gehou.

Trourok en bruidegom pak:


Die twee trourokke is deur Robyn Roberts in Kaapstad ontwerp en gemaak. Die twee rokke het elkeen hul eie unieke styl gehad. Ons wou elke bruid ʼn individuele ontwerp gee om hul eie persoonlikhede te simboliseer.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Jy hoef nie enige modes te volg nie en ʼn troue kan baie simplisties gedoen word wat enige sak sal pas. Kry ʼn venue wat jy mal is oor en beplan van daar af. Baie kerse gee só mooi sagte gevoel en is ʼn bekostigbare manier om enige spasie mooi en romanties te laat lyk.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: