Privaatheidsbeleid

Privaatheidsbeleid vir mooitroues.co.za

  • Lees hierdie die Privaatheidsbeleid noukeurig deur en maak seker jy verstaan presies wat jy lees.  Ons Privaatheidsbeleid bevat baie belangrike inligting oor die gebruik van alle persoonlike inligting wat jy aan ons verskaf.
  • In hierdie privaatheidsbeleid sal daar na mooitroues.co.za, ook bekend as Mooi Troues verwys word as “ons”.

Inleiding na ons Privaatheidsbeleid:

  • Ons wil jou privaatheid probeer beskerm as ons enige persoonlike inligting vanaf u vra en jy dit aan ons verskaf.
  • Jou privaatheid is vir ons baie belangrik.  Daarom is ons daartoe verbind om daardie privaatheid te beskerm wanneer ons ook al vra dat jy persoonlike inligting aan ons verskaf.  Mits dit redelikerwys moontlik is, sal ons probeer om jou persoonlike inligting net te gebruik of bekend te maak op die manier wat in hierdie privaatheidsbeleid uiteengesit word.
  • Ons behou die reg voor om die privaatheidsbeleid van tyd tot tyd te verander.
  • In so ’n geval sal die aangepaste privaatheidsbeleid alle vorige beleide vervang vanaf die datum waarop dit op hierdie webtuiste geplaas word.
  • Waar ook al moontlik sal ons jou inlig oor enige verandering voor dit in werking gestel word.
  • Lees die privaatheidsbeleid asseblief gereeld om jou van die jongste weergawe te vergewis en om te verstaan wat ons met jou persoonlike inligting kan doen.
  • Die privaatheidsbeleid vorm deel van die Gebruik bepalings van ons webtuiste.

Wanneer en hoe ons jou inligting invorder:

  • Ons kry jou inligting, slegs as jy dit aan ons verskaf deur die volgende metodes:
    • Advertensie versoek doen deur Mooi Troues se webtuiste.
    • As jy een van ons adverteerders/diensverskaffers kontak deur Mooi Troues se webtuiste of per e-pos.
    • As jy direk vir Mooi Troues kontak deur ons webtuiste of per e-pos.
    • As jy deelneem aan enige kompetisie wat Mooi Troues publiseer op ons webtuiste of sosiale media.
    • As jy opteken vir ʼn nuusbrief, bemarking kommunikasie of enige plek op ons webtuiste waar dit vra vir jou informasie.
    • As ons jou vra vir terugvoering oor ons diens of produkte.
    • As jy ʼn Mooi Troues adverteerder is.
    • As jy ʼn Mooi Troues adverteerder was.

Lesers se Persoonlike inligting:

  • Persoonlike inligting verwys na alle inligting oor jou as ’n identifiseerbare individu, insluitend (maar nie beperk tot) jou naam, adres, e-posadres, telefoonnommer en identiteitsnommer.  Vir hierdie doeleindes sluit dit egter alle inligting uit wat jy plaas op ’n openbaar toeganklike seksie van ons webtuiste soos ’n advertensie, web joernaal, kletskamer, kennisgewingbord of gespreksgroep indien.
  • Dit is omdat ons laasgenoemde inligting groepe vrylik mag versamel, gebruik en bekendmaak omdat dit nie onder die privaatheidsbeleid beskerm word nie. Jy dien die inligting op so ’n openbaar toeganklike seksie van die webtuiste op eie risiko in.
  • Om jou te beskerm, beveel ons aan dat jy geen sensitiewe persoonlike inligting oor jou of enigiemand anders op die webtuiste bekendmaak nie.
  • Dit sluit in inligting oor jou of enigiemand anders se geestes- of mediese toestand, misdaadgeskiedenis, deelname aan hofprosesse, werk, seksuele aktiwiteite of voorkeure, godsdienstige oortuigings, politieke menings, ras of etniese oorsprong.  Sulke inligting kan deur ander misbruik word.

Jou toestemming:

  • Jy hoef nie persoonlike inligting aan ons te verskaf om toegang te verkry tot die gratis dele van ons webtuiste nie. 
  • Sommige dienste en/of dele  op ons webtuiste is egter net tot intekenare beperk en of moet ons met u in kommunikasie kan wees.  As jy daardie intekenaars dienste wil gebruik, sal ons persoonlike inligting oor jou nodig hê.  Die inligting sal versamel word wanneer jy by ons registreer of kies om een van die intekenaars dienste op ons webtuiste te gebruik.
  • Ons mag ook inligting versamel oor hoe jy ons webtuiste gebruik sodat ons ons dienste kan verbeter en kan beoordeel of jy aan die gebruiksvoorwaardes gehoor gee.
  • Ons sal al die persoonlike inligting wat so versamel word in ooreenstemming met die privaatheidsbeleid bêre, bekendmaak en gebruik.  Wanneer jy op die intekenaars diens inteken, stem jy in tot sodanige berging, gebruik en bekendmaking.  As jy jonger as 18 is, kan ons vereis dat jy bewys ’n ouer of wettige voog gee toestemming dat jy jou persoonlike inligting mag indien.

Persoonlike inligting wat gedeel word:

  • Ons sal nie jou persoonlike inligting sonder jou toestemming deel nie.
  • Ons sal nie jou inligting deel as jy jonger as 18 is sonder die toestemming van jou ouers of wettige voogde nie.  Ons sal slegs weet of jy jonger as 18 is indien ons vra vir jou geboorte datum, anders sal ons nie weet hoe oud jy is nie. 
  • Ons sal nie jou inligting aan ʼn derde party verkoop, verhuur of andersins bekendmaak nie, slegs vir die punte hieronder. 
  • Deur ons webtuiste te gebruik of op enige van ons dienste in te teken, gee jy ons jou ingeligte toestemming om jou persoonlike inligting as volg aan derde partye bekend te maak:
    • vir wetstoepassing en of enige regsproses;
    • om bedrog, misbruik, wangebruik, of ongemagtigde gebruik van ons webtuiste te voorkom;
    • om ons regte en eiendom van ons kliënte en ons maatskappye te beskerm en verdedig;
    • indien jy ʼn boodskap stuur aan enige een van ons adverteerders deur ons webtuiste;
    • as jy aan enige een van ons kompetisies deelneem;
    • derdeparty-ondernemings wat ons aanstel om werk vir ons te doen wat toegang moet hê na ons webtuiste se privaat kant;
    • om persoonlike veiligheid of eiendom van ons klante of die publiek te beskerm;
  • Indien van toepassing, om jou ervaring op ons webtuiste meer persoonlik te maak; om jou in die toekoms te help aanteken en te help aanhou om die webtuiste te gebruik; om te antwoord op navrae wat jy dalk het, om jou van steun te voorsien; en om ons te help om dienste of materiale vir insluiting op ons webtuiste te kies as ons meen dat dit dalk van belang vir jou kan wees.
  • Ons behou die reg voor om nie-persoonlike, nie-individuele inligting in saamgestelde formaat vir sakedoeleindes met derde partye te deel, byvoorbeeld met adverteerders op ons webtuiste of met sake- of deelgenote.  Jy sal nie daaruit identifiseerbaar wees nie.  Ons is nie verantwoordelik en kan nie aanspreeklik gehou word vir die privaatheid praktyke van sodanige derde partye nie.

Gebruik van jou persoonlike inligting:

  • Ons en ons adverteerders mag jou persoonlike data gebruik om transaksies uit te voer wat met jou gesluit is, om fakture aan jou te voorsien of om relevante advertensies aan jou te besorg.
  • Ons mag vir jou inligting, spesiale aanbiedinge, kennisgewings oor komende geleenthede en advertensies op die volgende maniere stuur: per e-pos, SMS, in ons gereelde nuusbriewe, deur eenmalige promosie aanbiedinge of per telefoon.
  • Ons mag ook jou persoonlike inligting aan ons sustermaatskappy en sakevennote (wat buite Suid-Afrika geleë kan wees) beskikbaar stel om hulle in staat te stel om goedere en dienste aan te bied wat hulle dink vir jou interessant kan wees.  Deur ons dienste te gebruik en deur jou persoonlike inligting in te dien, stem jy tot dié oordrag in.
  • Ons mag inligting oor jou van betroubare derde partye ontvang en dit by ons databasis voeg.  Wanneer ons sodanige inligting ontvang, sal ons dit gebruik om die verpersoonliking van ons diens te verbeter.
  • As jy nie die inligting wil ontvang wat hier bo uiteengesit word nie, klik hier om die boodskap te stuur.

Terugvoering:

  • As jy ʼn vraag het of kommentaar het oor ons Privaatheidsbeleid en die manier hoe ons data gebruik, stuur vir ons ʼn boodskap deur ons webtuiste.  Klik hier om die boodskap te stuur.  In die boodskap kan jy jou klagte of terugvoering volledig gee en hoe jy wil hê ons moet dit verbeter vir toekomstige gebruik.

Kompetisies:

  • Alle kompetisies wat op ons webtuiste bemark word, word namens ʼn adverteerder bemark.
  • Ons vorder wel die persone wat inskryf se informasie in.  Om deel te neem aan kompetisies, sal ons die volgende persoonlike inligting vanaf jou vrae insluitende jou Naam en Van, E-pos Adres, Selfoonnommer en ʼn Posadres (slegs as die adverteerder iets moet laat aflewer).
  • Ons behou die reg om die bogenoemde persoonlike inligting aan ons adverteerders te verskaf indien nodig.  Ons kan nie verantwoordelik gehou word op die manier hoe die adverteerder hierdie inligting stoor, gebruik en verwerk nie.

Beskerming van Inligting:

  • Ons mag persoonlike inligting beskerm deur die gepaste fisieke, elektroniese en bestuursprosedures te vestig wat nodig is om die persoonlike inligting te beskerm wat ons van jou verkry.  Dit help om ongemagtigde toegang te voorkom, data-akkuraatheid te onderhou en te verseker dat die persoonlike inligting korrek ingespan word.  Ten einde die sekuriteitsmaatreëls uit te voer, mag ons soms vir bewys van identiteit vra voor ons persoonlike inligting aan jou bekendmaak.

Koekies:

  • ’n Koekie (bekend as ʼn Cookies in Engels) is ’n stuk inligting wat deur ons rekenaarbediener gestoor word wanneer jy ons webtuiste besoek.
  • Die koekie word deur jou webblaaier op jou rekenaar se hardeskyf gestoor. Wanneer jy die webtuiste dan weer besoek, herken ons rekenaarbediener die koekies en gee dit vir ons inligting oor jou laaste besoek.
  • Die meeste blaaiers aanvaar koekies outomaties, maar gewoonlik kan jy dit verstel op jou blaaier se instellings verander om outomatiese aanvaarding te stop.
  • As jy kies om nie koekies te aanvaar nie, sal jy dalk nie alles op die webtuiste kan gebruik nie.

Databasis van inligting:

  • Ons hou ʼn databasis aanlyn by ʼn derde party aanlyn stoorplek wat ʼn wagwoord op het vir sekuriteitsdoeleindes.
  • In die databasis wat ons by ʼn derde party aanlyn stoorplek stoor sal jou Naam, Van, E-pos Adres en Telefoonnommer gestoor word en/of enige ander informasie wat jy self aan ons voorsien.
  • Ons verkoop nie ons data aan enige derde partye nie.
  • Jy het die reg om enige persoonlike veranderinge te laat verander of te laat verwyder uit ons rekords.  Klik hier om ons te kontak.

IP-adresse:

  • Jou IP-adres is die unieke nommer wat jou masjien gebruik wanneer jy op die internet gaan en verskillende webtuistes besoek.
  • Wanneer jy ons webtuiste besoek, bêre ons stelsel aantekeninge wat die volgende wys: jou IP-adres, waarna jy gekyk het, of die bladsy versoek suksesvol was of nie, en watter blaaier jy gebruik het om die bladsye te besigtig.
  • Die inligting word streng net vir statistiese en verpersoonlikings doeleindes gebruik. Dit help ons om te verstaan watter dele van die webtuiste meer belangstelling kry en watter dele nie. Dit wys ook vir ons hoeveel besoekers ons webtuiste ontvang.

Skakels en Hiperskakels:

  • Ons webtuiste kan skakels en/of hiperskakels na ander webtuistes bevat wat dan ons webtuiste sal verlaat na ʼn ander webtuiste.
  • Dit is belangrik dat u verstaan dat ons nie verantwoordelik gehou kan word vir die privaatheidsbeleid en of praktyke van derdeparty-webtuistes en hoe daardie derdeparty-webtuistes hulle koekies gebruik en persoonlike inligting wat jy aan hulle verskaf gebruik nie.
  • Maak altyd seker jy lees die Privaatheid Beleid van daardie derdeparty-webtuistes voor jy dit besoek.

Stop alle kommunikasie vanaf ons:

  • Indien jy alle kommunikasie vanaf ons wil stop, klik hier en voltooi die vorm.
  • Indien ons jou per e-pos of telefonies gekontak het op meer as een verskillende e-pos adres en telefoonnommer, maak seker jy voltooi die vorm met die ander e-pos adres of telefoonnommer ook, sodat ons al die verskillende kontak besonderhede kan verwyder.

Meer inligting:

  • Indien jy meer inligting benodig oor ons Privaatheidsbeleid, kontak ons gerus.
  • Hierdie Privaatheidsbeleid is laaste opdateer op 26 Junie 2021.