Foto: Sulet Fourie Photography

Mooi Troues se lesers is mal oor verlowing fotosessies of verrassings verlowings en vind baie inspirasie vir hulle eie verlowing fotosessies en verrassings verlowing.  Ons deel met graagte oulike verlowing fotosessies en sal elke diensverskaffer krediet gee wat deel was van die fotosessie. Ons deel slegs fotosessies wat nog nie voorheen op of in ander publikasies gepubliseer was nie. As jy ‘n oulike verlowing fotosessie gedoen het, vul die onderste vorm in en ons sal dit oorweeg vir publikasie.

EKSKLUSIWITEIT BELEID:

Diensverskaffers wat deel was van die verlowing is meer as welkom om die verlowing te deel op hul besigheid en persoonlike sosiale media platvorms en ook op hul webjoernale en webtuistes.

Belangrik:  By Mooi Troues sit ons baie moeite en tyd in ons artikels.  Indien die verlowing goedgekeur word vir publikasie, vra ons dat jy asseblief nie die verlowing op enige ander trou webjoernaal of -tydskrif laat publiseer tot die dag wat dit op Mooi Troues gepubliseer word nie.  Indien die verlowing wel êrens anders gepubliseer was, dien dit nogsteeds in en laat weet ons net in die publikasie versoek. Dié rede hiervoor, is dat ons nie soos ‘n kloon van ander webjoernale en tydskrifte lyk nie, maar unieke inhoud deel met ons lojale lesers.

WEES VRIENDELIK:

Hierdie is ‘n groot plus punt vir ons.  Jy hoef nie jouself meer belangrik te ag as enige ander diensverskaffer in die trou bedryf nie.  Moet nie onbeskof wees met ons publikasies-span nie.  Ons sien almal as gelyk en hanteer almal presies dieselfde.  Ons hou daarvan om met diensverskaffers te werk wat passievol, vriendelik en maklik is om mee te werk.

WAARNA ONS SAL KYK EN MOOI TROUES SE ESTETIKA:

  • Kreatiwiteit van die verlowing fotosessie of verrassings verlowing .
  • Styl en kwaliteit van die foto’s.

TERUGVOERING PERIODE:

Indien Mooi Troues die verlowing fotosessie of verrassings  verlowing goedkeur vir publikasie, sal ons jou binne 2 weke laat weet per e-pos met al die foto spesifikasies vir die fotograaf en vrae aan die bruidspaar.  Indien jy nie binne 2 weke van ons gehoor het nie, was jou aansoek onsuksesvol.

FOTO SPESIFIKASIES:

Stuur vir ons die skakel na jou foto’s waar ons dit kan besigtig om ‘n besluit te kan neem of ons dit wil publiseer op Mooi Troues.  Maak seker jy stuur die skakel na jou fotograaf se webtuiste.  Ons sal slegs foto’s publiseer wat deur ‘n professionele fotograaf afgeneem was. 

VOLTOOI DIE ONDERSTE VERSOEK VORM:

    WIE IS JY?

    JOU NAAM:

    JOU E-POS ADRES:

    TELEFOON NOMMER:

    PAARTJIE SE NAME:

    PAARTJIE SE E-POS ADRES:

    PERSOON 1 SE E-POS ADRES:

    PERSOON 2 SE E-POS ADRES:

    FOTO'S VAN DIE VERLOWING FOTOSESSIE:

    Vir Mooi Troues se publikasie span om 'n verlowing fotosessie moontlik goed te keur vir publikasie, moet hul eers 'n paar foto's van jul verlowing fotosessie sien. Jy kan vir ons 'n skakel los na die verlowing foto's op die fotograaf se webtuiste, Dropbox skakel, Google Drive skakel of 'n Pixieset. As jy nie 'n skakel los waar ons die foto's kan besigtig nie, sal jou publikasie versoek outomaties afgekeur word.

    SKAKEL WAAR ONS DIE FOTO'S KAN BESIGTIG:
    Byvoorbeeld:  Dropbox, Google Drive, One Drive, Pixieset ens.

    HET ONS 'N WAGWOORD NODIG OM DIE SKAKEL TE BESOEK?

    WAT IS DIE WAGWOORD WAT MOOI TROUES MOET GEBRUIK OM DIE FOTO'S TE BESIGTIG?

    FOTOGRAAF:

    FOTOGRAAF SE E-POS ADRES:

    WAS DIE VERLOWING AL VOORHEEN GEPUBLISEER?

    WAAR WAS DIE VERLOWING VOORHEEN GEPUBLISEER?  SPESIFISEER ASSEBLIEF HIERONDER:

    KOMMUNIKASIE TOESTEMMING:

    • Ek gee toestemming aan Mooi Troues en Mooi Leefstyl dat ek wel kommunikasie vanaf hul wil ontvang en ook 'n intekenaar sal wil wees van hul nuusbriewe.

    • Ek verstaan dat die informasie wat ek aan Mooi Troues verskaf in die vorm alleenlik met die partye gedeel sal word wat gelys is onder diensverskaffers van die publikasie versoek, asook enige van die diensverskaffers wat betrokke was by die artikel en geen ander derde party nie.

    Ongelukkig moet u vir Mooi Troues toestemming gee om met u te kan kommunikeer.  Sonder toestemming kan ons nie met u kommunikeer nie.