Ernst en Cherie se lente troue in Wellington bied inspirasie vir paartjies wat hul troue self wil beplan.Ā Die paartjie se troue is Å kombinasie van moderne en klassieke elemente.
Cherie het pragtig gelyk in haar simplistiese trourok met Špragtige oop rug. Die groot strik op die agterkant van haar trourok het Šbaie pret voorkoms aan haar trourok gegee. Ernst se donker wynrooi troupak en sjampanje kleur das het perfek gepas by die troue se styl. Die bruid en haar strooimeisies se voorkoms was af geëindig met die mooiste neutrale kleurskema handruikers wat My Pretty Vintage Decor and Flowers gemaak het.
My Pretty Vintage Decor and Flowers het seker gemaak dat die paartjie se glaskas onthaal lokaal word ontskep in Šromantiese oasis met stylvolle dekor en pragtige blom ontwerpe in skakerings van witte, room kleure en sagte stowwerige pienk. Daar was twee groot blom strukture wat ook gesien was in die seremonie. Hierdie losstaande blom strukture het later oorgeskuif na die onthaal lokaal. Die materiaal servette op die pragtige sagte onderborde was alles net só mooi die dekor elemente op die tafel saam getrek. ŠKombinasie van kerse op die tafel het Šwarmte en romantiese atmosfeer geskep.
Die paartjie se fotosessie is prentjie mooi met die sagte sonsak lig en die pragtige landskappe van die plaas waar hul getrou het as agtergrond. Met die Boland berge en pragtige wynlande as agtergrond kan mens nooit verkeerd gaan nie.
Adorn Photography & Film het die paartjie se troue vasgevang in pragtige foto’s.Ā Rol af om meer te lees oor die paartjie se troudag en hul liefdesreis as paartjie.

Paartjie se Liefdesreis:
Ek (die bruid) is oorspronklik van die Kaap en het Å internskap in Klerksdorp gedoen. In die tyd het ek vir Ernst (die bruidegom) by die werk ontmoet.Ā Hy het vir baie koffies gevra voor ek ja gesĆŖ het.
Ons verlowing was ongelooflik en het my heeltemal onkant gevang. Voor ons getrou het, het ons in Klerksdorp gewoon en ons het gereeld vir my ouers in die Kaap gaan kuier. Een vakansie (Julie 2022) het my ouers en Ernst gekonkel dat ons iets gaan eet by die Waterfront en toe ons daar kom het hy my verras met Å helikopter rit.
Ek is bang vir vlieg, maar hy het vir my kammaspelletjies saamgebring en tydens die helikopter rit tussen die wolke het hy my gevra om te trou.Ā Natuurlik was my antwoord ja, daarna het ons op Å seiljag gegaan waar ons sjampanje gedrink het en Å walvis gesien het.

Trourok:
Ek het Å klomp trourokke aangepas en besluit om eerder Å trourok te laat maak wat al my gunsteling dele van die trourokke in gehad het wat ek aangepas het.
Ek het saam Robyn Roberts gewerk en Šnóú geslote trourok met Šhalter nek, lae rug en Šstrik agter te laat ontwerp.

Verloof- en Trouringe:
Ernst en ek het saam ringe gaan aanpas. Ek het Å idee gehad waarvan ek gehou het, maar die vrou by die juwelier het vir my gesĆŖ : “Jy kan nie die ring kies nie, die ring kies jou”. Dit is sowaar waar, ek het nie gedink ek sou van Å prinses snit hou nie, maar op die ou-end is dit die ring wat ons gekies het en ek verwonder myself elke dag aan my ring. Die diamant is op Å protea raampie gemonteer en my ring is goud. Ernst het Å breĆ« witgoud ontwerp gekies vir sy ring.

Meer oor My Pretty Vintage Decor and Flowers:
My Pretty Vintage Flowers and Decor bied Švolledige diens van pragtige blom ontwerpe, dekor en beligting. Hul spesialiseer in die skep van pasgemaakte geleenthede vir toekomstige bruide, geleentheid beplanners, handelsmerk bekendstellings en enige korporatiewe kliënte wat Šstylvolle funksie beplan.
Met Å volledige vertoonlokaal gevul met Å wye reeks pragtige stukke wat van regoor die wĆŖreld verkry word, sal jy sekerlik alles vind wat jy nodig het!.
My Pretty Vintage Flowers and Decor se huur afdeling kan kliënte bystaan wat self dekor items wil huur. Besoek gerus na My Pretty Vintage Flowers and Decor se vertoonlokaal om die groot verskeidenheid dekor items te besigtig.
As jy Å weelderige einde-van-jaar feesviering beplan en pragtige blomme benodig, of bloot Å selfdoen intieme troue beplan, dan is My Pretty Vintage Flowers and Decor die perfekte keuse.Ā Hulle sal jou jou help om onvergeetlike herinneringe te skep wat jou gaste aan die gons sal hĆŖ.


Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Dit was die lekkerste om te sien hoe ons families en vriende bymekaar gekom het en saam in ons dag en liefde gedeel het.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
- Adorn Photography & Film vir ons mooiste foto’s en video’s. Ons is nie so gemaklik voor Å kamera nie en hulle het die proses gemaklik en lekker gemaak.
- Dinie by My Pretty Vintage Decor and Flowers.Ā Sy het ons dekor gedoen en al ons drome laat waar word.
- Lee-Anne Makeup Artistry vir my pragtige grimering en besonderse hare.
- Ons platejoggie, Morne by Baha Entertainment, hy het ons gaste só goed gelees en ons dansvloer was nie vir een oomblik leeg nie.
- AnnabƩlle by Bakenhof Wedding Venue wat al ons vrae beantwoord het en seker gemaak het alles is in plek.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reƫlings:
- Geniet dit, dit is net eenkeer wat ons Å troue beplan julle kan rus tydens die wittebrood.
- Begin vroegtydig te beplan.
- Maak lysies van alles wat gedoen moet word en merk af as iets klaar is, dit werk wonders as jy maklik stres!
- Luister na mekaar se insette, my man het my verbaas en my baie gehelp.
- Kies betroubare diensverskaffers, kyk na resensies en foto’s voor julle hulle kies.
- Maak tydjie om iewers die aand bymekaar te kom en alles in te neem.
- As julle nie by al julle gaste uitkom nie is dit okay, geniet die aand saam mekaar.
- Volg op met julle diensverskaffers voor julle troue om seker te maak alles is nog reg.
- Maak maar voorsiening vir ekstra uitgawes die paar weke voor julle troue.

Eerste Dans:
Feels Like Home deur Chantal Kreviazuk.

Trou Venue:
Ons was opsoek na Å trou venue wat van glas gemaak is en ons wou graag in die Kaap tussen die wynlande trou.Ā Bakenhof in Wellington het eerste opgekom toe ons op die internet begin soek het, my ouers het eers gaan kyk en toe ons weer in die Kaap kom kuier en self gaan kyk was ons asems weg geslaan. Die venue en die kapel was van glas en kyk oor die wynlande en die Boland berge.


Trou Dekor en Styl:
Tema: Romanties Minimalisties.
Kleure: Wit, Room en Stof Pienk.

Trou Begroting en Beplanning:
Die paartjie het in totaal 112 trou gaste onthaal teen Å begroting van min of meer R 2,680 per persoon.Ā Cherie, die bruid grap en sĆŖ haar Ma beplan al 29 jaar die troue en sy, die bruid, het die troue in 9 maande beplan.Ā Die paartjie het die troue self beplan.

- Fotograaf + Videograaf: Adorn Photography & Film | Kontak
- Venue: Bakenhof Wedding Venue | Kontak
- Blomme + Dekor: My Pretty Vintage Decor and Flowers | Kontak
- Bruidegom-pak: Eurosuit Canal Walk | Kontak
- Grimering + Hare: Lee-Anne Makeup Artistry | Kontak
- Huweliksbevestiger: Dominee Gert Olivier
- Platejoggie: Baha Entertainment| Kontak
- Paartjie se verblyf: Bakenhof Wedding Venue| Kontak
- Skoene: Aldo
- Skryfbehoeftes: My Pretty Vintage Decor and Flowers | Kontak
- Spyseniering: Bakenhof Wedding Venue | Kontak
- Strooimeisie-rokke: Christel Geldenhuys Creations| Kontak
- Trourok: Robyn Roberts Bridal wear| Kontak
- Trouringe: Pedro Da Silva Engagement & Wedding Rings| Kontak
- Troukoek: Simply in Season | Kontak
- Wittebrood Bestemming: Mauritius
- Wittebrood Plek: The Ravenala Attitude
