PAARTJIE FOTOSESSIE

PUBLIKASIE VERSOEK

Foto: Liezl Photography

HIERDIE IS ALLEENLIK VIR PAARTJIES WAT NIE VERLOOF IS NIE

Mooi Troues se lesers is mal oor paartjie fotosessies, omdat dit hulle ʼn idee gee oor wat om te doen vir ʼn fotosessie as hul nog nie verloof is nie.  Ons deel met graagte oulike paartjie fotosessies en sal elke diensverskaffer krediet gee wat deel was van die fotosessie. Ons deel slegs fotosessies wat nog nie voorheen op of in ander publikasies gepubliseer was nie. As jy ʼn oulike paartjie fotosessie gedoen het, vul die onderste vorm in en ons sal dit oorweeg vir publikasie.

EKSKLUSIWITEIT BELEID:

Mooi Troues publiseer nie paartjie fotosessies wat al voorheen gepubliseer was op enige ander trou-webjoernaal of tydskrif nie.  As u versoek suksesvol is, mag u ongelukkig nie binne 90 dae daarna dit beskikbaar stel vir enige ander trou publikasie, aanlyn of gedruk vir publikasie nie. Dit mag wel op die fotograaf  en diensverskaffers se webtuistes wees.  

WAARNA ONS SAL KYK EN MOOI TROUES SE ESTETIKA:

  • Kreatiwiteit van die paartjie fotosessie.
  • Styl en kwaliteit van die foto’s.

TERUGVOERING PERIODE:

Indien Mooi Troues die paartjie fotosessie goedkeur vir publikasie, sal ons jou binne 2 weke laat weet per e-pos met al die foto spesifikasies vir die fotograaf en vrae aan die paartjie.  Indien jy nie binne 2 weke van ons gehoor het nie, was jou aansoek onsuksesvol.

FOTO SPESIFIKASIES:

Stuur vir ons die skakel na jou foto’s waar ons dit kan besigtig om ʼn besluit te kan neem of ons dit wil publiseer op Mooi Troues.  Maak seker jy stuur die skakel na jou fotograaf se webtuiste.  Ons sal slegs foto’s publiseer wat deur ʼn professionele fotograaf afgeneem was. 

VOLTOOI DIE ONDERSTE VERSOEK VORM:

    WIE IS JY?

    JOU NAAM:

    JOU E-POS ADRES:

    TELEFOON NOMMER:

    PAARTJIE SE NAME:

    PAARTJIE SE E-POS ADRES:

    FOTO'S VAN DIE VERLOWING FOTOSESSIE:

    Vir Mooi Troues se publikasie span om 'n paartjie fotosessie moontlik goed te keur vir publikasie, moet hul eers 'n paar foto's van jul paartjie fotosessie sien. Jy kan vir ons 'n skakel los na die foto's op die fotograaf se webtuiste, Dropbox skakel, Google Drive skakel of 'n Pixieset. As jy nie 'n skakel los waar ons die foto's kan besigtig nie, sal jou publikasie versoek outomaties afgekeur word.

    SKAKEL WAAR ONS DIE FOTO'S KAN BESIGTIG:
    Byvoorbeeld:  Dropbox, Google Drive, One Drive, Pixieset ens.

    HET ONS 'N WAGWOORD NODIG OM DIE SKAKEL TE BESOEK?

    WAT IS DIE WAGWOORD WAT MOOI TROUES MOET GEBRUIK OM DIE FOTO'S TE BESIGTIG?

    FOTOGRAAF:

    FOTOGRAAF SE E-POS ADRES:

    WAS DIE VERLOWING AL VOORHEEN GEPUBLISEER?

    WAAR WAS DIE VERLOWING VOORHEEN GEPUBLISEER?  SPESIFISEER ASSEBLIEF HIERONDER:

    KOMMUNIKASIE TOESTEMMING:

    • Ek gee toestemming aan Mooi Troues en Mooi Leefstyl dat ek wel kommunikasie vanaf hul wil ontvang en ook 'n intekenaar sal wil wees van hul nuusbriewe.

    • Ek verstaan dat die informasie wat ek aan Mooi Troues verskaf in die vorm alleenlik met die partye gedeel sal word wat gelys is onder diensverskaffers van die publikasie versoek, asook enige van die diensverskaffers wat betrokke was by die artikel en geen ander derde party nie.

    Ongelukkig moet u vir Mooi Troues toestemming gee om met u te kan kommunikeer.  Sonder toestemming kan ons nie met u kommunikeer nie.