Wegbreek na Lucky Crane Villas in McGregor

In dié artikel deel ons, ons naweek wegbreek na Lucky Crane Villas in McGregor met Mooi Troues se lesers.  McGregor is ʼn pragtige dorpie in die platteland wat deel vorm van die bekende Kaapse Roete 62.  Slegs ʼn gemaklike 20 kilometer rit buitekant die populêre wyn- en trou bestemming, Robertson, maak dit McGregor die ideale wegbreek bestemming.  Nie net is dit die ideale wegbreek bestemming nie, maar ook ʼn selfsorg verblyf opsie vir trou gaste.

Ons het ʼn naweek in The Red Bishop, een van Lucky Crane Villas se villas gebly.  The Red Bishop is geleë by 5 Darling Straat in McGregor se middedorp, omring deur mooi uitsigte van die plattelandse landskappe en heuwels.  Ons het sommer onmiddellik ontspanne gevoel en was gereed om ʼn rustige naweek hier deur te bring saam met goeie geselskap.

Met ons aankoms was ons vriendelik verwelkom deur Monika, die eienaar.  ʼn Heerlike koek en lekkernye van The Blend was ons welkom geskenk wat baie spesiaal was.  The Blend is ʼn plaaslike deli en bakkery in die dorp en op julle kortlys van plekkies wees om te besoek wanneer julle in McGregor is.  Dit is nie al nie, ons het ook ʼn heerlike bottel wyn van wynmaker, Ilse Schutte van Bemind Wyne ontvang.

Mooi Troues en Mooi Leefstyl besoek oulike wegbreek plekkies regoor Suid-Afrika.  Lees meer oor ons vorige wegbreek plekkies deur hier te klik om ma ons vorige resensies te gaan.  Lees meer oor ons naweek by The Red Bishop van Lucky Crane Villas deur af te rol.

Meer oor McGregor:


McGregor is ʼn pragtige klein dorpie so 180 kilometers of net so oor die twee ure se ry vanaf Kaapstad.  Slegs ʼn 20 kilometer rit tot in Robertson, maak dit McGregor ʼn populêre bestemming vir plaaslike toeriste om te besoek.  Die dorpie het soveel karakter.  Met ʼn hele paar grondpaaie, ʼn kontras tussen moderne argitektuur en ʼn ou wêreldse voorkoms is die dorpie soos iets vanuit ʼn reis tydskrif.

McGregor is nie net ʼn pragtige dorpie vol karakter nie, maar is ook omring deur fantastiese wynplase, plaaslike winkeltjies, kuns, restaurante en fantastiese wegbreek plekkies.  Daar is baie om te doen in McGregor en die omliggende areas insluitende buitemuurse aktiwiteite soos fietsry en stap roetes.

Besoek McGregor se webtuiste vir meer inligting oor die pragtige dorp.  Indien julle in McGregor is en wil weet wat om te doen, besoek hul toerisme kantoor by 53 Voortrekker straat vir meer inligting.

Fasiliteite by The Red Bishop:


The Red Bishop is ʼn moderne villa wat ten volle toegerus is vir ʼn selfsorg wegbreek.  Met ʼn volledige toegeruste kombuis, ʼn lieflike buite braai area wat bedek is, ʼn swembad wat natuurlik filtreer word en ʼn lieflike sondek en lê stoele is dit die ideale plek om te onthaal.

Die bedekte stoep en braai area is reg langs die swembad en definitief die perfekte plek om die Somerdae deur te bring.   ʼn Privaat buite stort is perfek vir diegene wat hou daarvan om af te spoel na jul geswem het of sommer net ʼn lekker koue opelug stort op ʼn warm Somersdag te geniet.

Daar is gratis Wi-Fi, asook ʼn smart televisie vir die van julle wat graag op die internet wil wees of net ʼn bietjie televisie tyd wil geniet.

Die kaggel in die leefarea is die perfekte winter bykomstigheid.  Dit maak die hele vertrek warm terwyl vriende en familie stories uitruil by die groot eetkamer tafel wat gemaklik ses mense kan sit.

Die kombuis is ten volle toegerus met ʼn yskas, vrieskas, gasstoof, elektriese oond, koffie masjien, ketel, broodrooster, skottelgoedwasser en ʼn wasmasjien. Daar is oorgenoeg eetgerei, breekware, en kookware om te onthaal.  Of julle kies om te braai of ʼn heerlike gekookte dis te maak, julle kan so doen sonder enige ongemak.

Die villa het ook onderdak parkeerplek in die erf vir twee motors.  Daar is ook ʼn elektriese hek en ʼn alarmstelsel vir ekstra veiligheid.

Dit is enige onthaler se droom vakansiehuis.

Lucky Crane Villas:


As julle opsoek is na ʼn moderne verblyf opsie in McGregor, dan moet Lucky Crane Villas op jul kortlys wees.

Hulle het vier verblyf opsies om van te kies:

  • The Olive Woodpecker waar 6 mense kan slaap.
  • The Lauging Dove waar 4 mense kan slaap.
  • The Fairy Flycatcher wat 2 mense kan slaap.
  • The Red Bishop wat 6 mense kan slaap en waarin ons die naweek spandeer het.

Al hul verblyf opsies is familie vriendelik en honde is welkom op versoek alleenlik.

Trou in die Robertson Vallei


Die Robertson Vallei is só ʼn pragtige ligging en ʼn populêre trou en wittebrood bestemming vir paartjies.  Nie net is daar fantastiese trou venues nie, maar ook oulike verblyf en soveel om te doen in die area.  Van wynproe tot sportiewe aktiwiteite.

Van die trou venues wat paartjies graag by trou sluit in Bon Cap, Wederom, en DuVon Wine & Wedding Estate.

Lucky Crane Villas is die perfekte verblyf opsies vir julle trou gaste of vir die bruidspaar om reg te maak vir hulle troue.

Slaapkamers by The Red Bishop:


The Red Bishop van Lucky Crane Villas is die villa waar ons ʼn naweek spandeer het.  Dié villa kan tot-en-met 6 mense in slaap.  Daar is drie moderne slaapkamers met ʼn Koning Grootte bed asook hul eie privaat badkamers.  Twee van die slaapkamers het slegs storte.  Die een slaapkamer het wel ʼn bad vir die van julle wat hou van ʼn luukse bad op ʼn wegbreek.

Al die kamers is toegerus met lugverkoeling en daar is ook ʼn haardroër in elke kamer.  Elke een van die kamers het ʼn skuifdeur wat uitloop na buite.  Twee van die kamers se skuifdeure loop uit op die agterplaas waar die swembad geleë is.  Die ander slaapkamer, waarin ons gebly het, loop uit in ʼn binnehof waar daar sitplek is om ʼn boek te lees of net die rustigheid van McGregor in te neem in die privaatheid van mens se eie kamer.

Die dubbel wasbakke in die kamer maak dit gemaklik vir paartjies om saam klaar te maak en niemand hoef vir mekaar te wag nie.  Al die kamers is dieselfde grootte, behalwe die kamer met die bad se badkamer wat bietjie meer ruim is.


Bespreek julle wegbreek:


Waarvoor wag julle?  Bespreek julle wegbreek by Lucky Crane Villas in McGregor en geniet ʼn rustige wegbreek weg van die stad se gejaag.  Klik hier om beskikbaarheid te kyk en om aanlyn te bespreek.  Vir meer inligting oor Lucky Crane Villas se verskillende verblyf opsies, besoek hul webtuiste.

Indien julle enige vrae het, stuur ʼn e-pos of WhatsApp met enige vrae en een van Lucky Crane Villas se vriendelike personeel sal enige vrae wat julle mag hê beantwoord.

Artikel Krediet: