ʼn Wegbreek na Kapama Private Game Reserve

Kapama Private Game Reserve

Opsoek na ʼn bestemming vir julle volgende romantiese wegbreek?  Beplan ʼn wegbreek na Kapama Private Game Reserve in Limpopo provinsie.  Hierdie pragtige wildreservaat bied paartjies luuksheid, gemak, vriendelike gasvryheid en wêreld klas fasiliteite en aktiwiteite.

Wat is dan nou mooier as ons eie Suid-Afrikaanse bosveld? Omring deur die mooi natuurskoon van die bosveld en die geluide van die wilde diere wat julle omring.  Dit is die ideale romantiese wegbreek en wittebrood bestemming vir paartjies wat hul skoene wil uitskop en die luuksheid van hierdie pragtige privaat wildreservaat wil geniet.

Altyd is wittebrood tyd! Of jy nou ʼn spesiale geleentheid vier, of net ʼn wegbreek nodig het hierdie bestemming is die perfekte keuse vir jou.  Geniet die lewe en ontspan in luuksheid by een van Kapama Private Game Reserve se verblyf opsies.

Kapama Private Game Reserve is nie net nóg ʼn verblyf opsie in die Kruger Nasionale Park gebied nie.  Dit is ʼn luukse bestemming waar paartjies waarde vir geld kry.  Hier word paartjies vriendelik verwelkom met warm gasvryheid, soos jy net in Suid-Afrika sal kry.

Rol af om meer te lees oor Kapama Private Game Reserve en hoekom hierdie pragtige bestemming heelbo aan julle kortlys moet wees.

Ligging:


Kapama is perfek geleë in die Limpopo Provinsie safari-area, bekend vir sy hoë digtheid van groot wilde diere.  Dié Privaat Wildreservaat strek oor meer as 15,000 hektaar ongerepte Suid-Afrikaanse bosveld.  Dit is die ideale bestemming vir ʼn romantiese wegbreek en om omring te wees deur die natuur.  

River Lodge:


Verblyf:

Kapama Private Game Reserve se River Lodge bied gaste vyfster akkommodasie en pragtige oop en meer moderne spasies.  Dit is die perfekte opsie vir jonger paartjies of groepe vriende.  By dié River Lodge kan gaste kies tussen verskillende kamer tipes wat insluit die Deluxe Suites, Spa Suites, en hul Royal Suites.

Swembad en Skemerkelkie Kroeg:

By die River Lodge is daar ook ʼn lieflike 12 meter by 12 meter swembad met ʼn kroeg vir heerlike skemerkelkies.  Geniet die rustigheid van die natuur se klanke wat jou omring en die prentjie mooi landskappe en wilde diere.

Etes:

Geniet ontbyt, middagetes en aandetes by hulle outentieke Afrika-tema restaurant en geniet heerlike kookkuns rondom ʼn prikkelende vuur in die oopsydige grasdak Rhino Boma of ʼn luukse aandete ervaring by Xitsumbeni.

Xitsumbeni is ʼn luukse aandete ervaring met die mooiste uitsigte en afwerkings met groot glas ruite wat gaste toelaat om die pragtige bosveld te geniet.  Daar is ook twee groot vuur putte wat gaste toe laat om lekker warm te kry, terwyl hulle ʼn skemerkelkie geniet voor hul aandete, of ook net die pragtige sterre te bekyk en die natuurskoon te bewonder.

Wynkelder:

Kapama River Lodge se wynkelder het meer as 600 van Suid-Afrika se mees gesogte wyne.  So as jy ʼn wyn liefhebber is, is jy op die regte plek.

Meer Inligting:

Klik hier om meer te lees oor die River Lodge.

Buffalo Camp:


Verblyf:

Kapama Private Game Reserve se Buffalo Camp bied gaste ʼn rustige omgewing om te ontspan hoër op tussen die bome.  Die ou wêreldse luukse tente van die Buffalo Camp is die naaste wat jy aan die wilde diere sal leef by Kapama Private Game Reserve.

Swembad:

Die son stoele rondom hulle geligte oorvloeiende swembad bied uitstekende uitsigte oor die omliggende fauna en flora van die gebied.  ʼn Lieflike plek om te ontspan en die natuurskoon te geniet.

Etes:

Ontbyt en middagetes word bedien van hulle à la carte spyskaart onder hulle tradisionele grasdak eetplek, omring deur die mooi natuurskoon.

Aandetes word bedien om ʼn lekker groot oop vuur in ʼn regte Afrika boma, sodat jul aandetes kan geniet op ʼn tradisionele manier.  Omring deur die wilde geluide van die Afrika bosveld naglewe.

Meer Inligting:

Klik hier om meer te lees oor die Buffalo Camp.

Southern Camp:


Verblyf:

Kapama Private Game Reserve se Southern Camp is een van die beste opsies vir families wat opsoek is na ʼn wegbreek in die Kruger Nasionale Park gebied.  Die gasvryheid en sjarme van die Southern Camp is wat gaste weer laat terugkom.  Hulle bied vyfster akkommodasie met fantastiese fasiliteite vir families om ʼn lieflike wegbreek in die bosveld te geniet.

Swembad:

Die swembad dek by Southern Camp is die perfekte plek om wilde diere te sien rondloop vanaf die swembad.  Koel lekker af in die swembad en ʼn vriendelike kroegman sal seker maak julle het ʼn heerlike drankie in die hand terwyl jul ontspan.

Etes:

Ontbyt en middagetes word in hulle eet lokaal bedien wat oop is langs die kante sodat gaste daardie binne/buite gevoel het.  Met ʼn groot wyn seleksie is dit ʼn populêre middagete plek onder gaste.

Aandetes word bedien om ʼn lekker groot oop vuur onder die sterre.  Sjefs maak kos voor jou, wat ʼn lekker gesellige atmosfeer skep.

Meer Inligting:

Klik hier om meer te lees oor die Southern Camp.

Kapama Karula:


Verblyf:

Vir die van julle wat slegs die heel beste soek, ons het die opsie vir julle -Kapama Karula.  Dit is Kapama Private Game Reserve se vlagskip lodge met oop moderne spasies waar lig en lug kan deur vloei.  Elke detail van Kapama Karula is goed nagedink en hier sal gaste luukse verblyf, professionele gasvryheid en ʼn salige rustigheid in die natuurskoon kan geniet.

In die sitkamer van hierdie pragtige lodge kan jy ook uitstap op hulle dek waar jy die mooiste uitsigte sal hê van die  Klasserie Rivier en die wilde diere wat daar water drink.

Verblyf opsies sluit in 10 Superior Villas en 2 Superior Familie Villas.  Elk van die Villas het alles wat julle sal benodig om ʼn luukse bosveld vakansie te hê met geen detail bespaar nie.

Sitkamer en Biblioteek area:

Die sitkamer area wat uitloop op die dek met die mooiste uitsigte oor die reservaat en die wilde diere is die perfekte plek om die wilde diere te aanskou.  Geniet jou gunsteling drankie terwyl jy die luuksheid van Kapama Karula inneem en so ook die pragtige natuurskoon wat jou omring.

Daar is ook ʼn biblioteek area waar jy kan ontspan met ʼn goeie boek in die hand of ʼn bietjie skaak speel saam met jou ander helfte.  As jy wil sien hoe die diere water drink langs die Klasserie Rivier, stap sommer net uit op die dek en geniet die uitsigte.

Privaat Verhitte Swembad:

Elke luukse villa het sy eie verhitte swembad.  Hierdie luukse ervaring laat gaste toe om privaatheid te geniet en so ook die pragtige uitsigte vanuit hul privaat swembaddens.

Meer Inligting:

Klik hier om meer te lees oor Kapama Karula.

Gaste geniet daaglikse wildritte:


Een van die baie voordele van ʼn wegbreek na Kapama Private Game Reserve is die twee daaglikse wildritte wat ingesluit is in hul pakkette.  Wildritte in Kapama-wildreservaat, word gedoen saam met ’n gekwalifiseerde gids en assistent gids.  Geniet die Afrika bosveld met ’n gekwalifiseerde gids en jy sal heel moontlik ook ʼn paar, indien nie almal van die Groot Vyf diere sien.  

Daar is honderde ander diere spesies om te sien, so die vroegoggend en -aand wildritte is die beste manier om die dag te begin en af te sluit.

Met ongeveer 350 voëlspesies wat op die reservaat aangeteken is, word voël entoesiaste lekker bederf.

Stap in die bos by Kapama:


Geniet ʼn lieflike stap in die bos saam met ’n gekwalifiseerde gids en assistent gids.  Hierdie diens word slegs aangebied vir groepe van minder as agt persone. Soek diere deur tradisionele opsporings vaardighede soos voetspore, spoor patrone en reuk merke te gebruik.  

Nie net sal julle leer van die verskillende diere nie, maar ook die plantsoorte en hulle medisinale waarde.  Dit is die perfekte opsie om tot die klein diertjies op die grond raak te sien, iets wat mens gewoonlik net sal oorsien.

As jy nog nie verloof is nie, kan die ook ʼn baie oulike opsie wees om die groot vraag te vra.  Kapama Private Game Reserve het al baie paartjies gehelp om hulle verrassings verlowing te doen tydens die bos stappies.

Ontspan by die River Lodge Spa:


Hulle spa opsies is bekend as een van Afrika se beste safari spa’s en is eksklusief beskikbaar vir gaste van een van Kapama Private Game Reserve se vier lodges.  Lees hieronder meer oor die verskillende spa en oefening opsies hulle bied.

River Lodge Spa:

Die populêre River Lodge Spa word gesien as een van die beste safari spa opsies in Afrika.  ʼn Besoek aan die River Lodge Spa is amper ʼn móét wanneer jy Kapama Private Game Reserve besoek.

Slegs gaste wat in een van die vier lodges van die privaat wildreservaat bly kan gebruik maak van die spa.

River Lodge Fitness Centre:

Die River Lodge Fitness Centre is ʼn moderne gimnasium met die nuutste toerusting en tegnologie van Technogym.

Yoga en meditasie sessies saam met ʼn instrukteur kan ook gerëel word, indien benodig.

Ontspan by die Karula Spa:


Hulle spa opsies is bekend as een van Afrika se beste safari spa’s en is eksklusief beskikbaar vir gaste van een van Kapama Private Game Reserve se vier lodges.  Lees hieronder meer oor die verskillende spa en oefening opsies hulle bied.

Karula Spa & Wellness Centre:

Omring deur glas en pragtige uitsigte is die bekroonde Kapama Karula Spa ʼn plek van ontspanning en kalmte.  Daar is vier spa behandeling kamers waar ʼn verskeidenheid gesondheid- en skoonheidsbehandelings gedoen word.  Die spa behandeling kamers kamers kan ook opgestel word vir paartjies om hul spa behandeling saam te geniet.  Karula Spa gebruik slegs die beste produkte om te verseker dat jou ervaring ook slegs van die beste is.

Die spa swembad het ingeboude sitplekke met onder water jets waar gaste kan ontspan voor hulle behandeling.  Die hidroterapie-kamer is volledig met ʼn stoomkamer en ʼn ys bad.  Hulle het ook ʼn oulike spa winkel waar jy jou gunsteling produkte en luukse items by die spa kan koop.

Slegs gaste wat in een van die vier lodges van die privaat wildreservaat bly kan gebruik maak van die spa.

Karula Fitness Centre

Die Karula Fitness Centre is ten volle toegerus met die nuutste kardio- en gewigoptel toerusting van Technogym.  Jy kan ook ʼn rus kans vat en uitstap op die balkon waar jy die uitsigte van die bosveld kan geniet.

Yoga en meditasie sessies saam met ʼn instrukteur kan ook gerëel word, indien benodig.

Trou by Kapama Private Game Reserve:


Kapama Private Game Reserve is ʼn pragtige bestemming vir paartjies wat opsoek is na ʼn luukse bosveld troue. Pasgemaakte trou pakkette wat aan paartjies se behoeftes voldoen kan ontwerp word. Pakkette kan ook verblyf, etes, wildritte en meer insluit indien nodig.  Verblyf is glad nie ʼn probleem nie.  Vier luukse oorde bied julle trou gaste ʼn verskeidenheid van verblyf opsies by Kapama Private Game Reserve.  So kan julle sommer ʼn hele naweek troue daarvan maak.

Klik hier om meer te lees oor hulle trou opsies.

Vlieg direk na Kapama:


Ons weet Mooi Troues se lesers hou van ʼn tikseltjie luuksheid, veral wanneer dit kom by hulle wittebrood.  Kapama Private Game Lodge verstaan dat party gaste graag ekstra luuksheid benodig en daarom bied hulle hul privaat vliegtuig, ʼn Pilatus PC-12 vir gaste wat gebruik wil maak van hierdie eksklusiewe diens.  Om meer te lees oor die kostes en die ervaring, klik hier.

Bespreek julle wegbreek:


Julle kan jul wegbreek bespreek deur Kapama Private Game Reserve se webtuiste te besoek.  As jy meer inligting benodig of meer wil weet oor hul kostes en pakkette, klik hier om vir hulle sentrale besprekings ʼn direkte e-pos te stuur.

Indien jy klaar ʼn bespreking het by Kapama Private Game Reserve, klik hier vir ʼn padkaart na die bestemming.

Artikel Krediet:

  • Foto’s: Verskaf deur Kapama Private Game Reserve