THE OYSTER BOX

TROU VENUE, VERBLYF, WITTEBROOD / UMHLANGA, KWAZULU-NATAL

Die Troudag – ʼn geleentheid wanneer hoop en drome, liefde en lag, vriende en familie, verlede en toekoms, saam feesvier. Vir ʼn dag van só ʼn betekenis is aandag aan elke klein detail noodsaaklik. The Oyster Box, is sinoniem met van die beste herinneringe van ons lewens en bied die perfekte venue vir troues, wittebrood en ander belangrike geleenthede.

“Die hotel is ʼn idilliese strand ligging met asemrowende uitsigte … vyfster geriewe, kos en diens,” sê Ginny Eslick, The Oyster Box se trou koördineerder. “Persoonlike en noukeurige oorweging word aan elke aspek van die troue gegee om te verseker dat elke detail … elke wens, in ag geneem word.” Met ʼn uitgebreide rekord van troues en ervare personeel, verseker The Oyster Box die sukses van troues van elke grootte, tradisionele vereiste en kulturele oorweging.

The Oyster Box bied ’n eenstop-diens en werk hand-aan-hand met die hotelspan en diensverskaffers om te verseker dat absoluut niks aan toeval oorgelaat word nie. Dwarsdeur die reis na die troudag is The Oyster Box se trou koördineerder daar om paartjies ʼn gevoel van veiligheid en gemak te bied, en om die stres wat altyd gepaard gaan met die beplanning van ʼn troue te help verminder.

Of dit nou 10 of 120 gaste is, troues by The Oyster Box is pret, persoonlik en intiem … alles waarvoor jy kan wens op jou spesiale dag! Moet nie verbaas wees om Skabenga, die inwonende kat, op die rooi tapyt te sien sit (of lê) om jou en jou gaste met jou aankoms te verwelkom nie. Skabenga weet presies wanneer om daardie katagtige sjarme aan te skakel … en kan nie die aandag van ʼn rooi tapyt weerstaan nie!

The Oyster Box se trou koördineerder sê sy sien haarself as die ‘dirigent van die orkes’, wat die verskillende drade van die geleentheid bymekaar trek en verseker dat almal in harmonie met mekaar is om die perfekte simfonie te skep.

Die reis na die troudag by The Oyster Box begin lank voor die groot dag self, met menige eerste afsprake en verlowings wat by een van die land se mees gesogte plekke plaasgevind het. The Oyster Box, wat ewe gewild is vir verlowing en kombuistee -partytjies, sowel as baie ander voor en na trou vieringe, bied ʼn reeks van vyf onthaal vertrekke, elk met sy eie kenmerkende dekoratiewe styl en die vermoë om voorsiening te maak vir individuele voorkeure en vereistes.

Die Pearl Room, met sy spieël mure en pragtige hand geblaasde kristal Venesiese kandelare het ʼn lug van luukse en weelde en kan 120 mense akkommodeer.

Die Shell Room, Durban July, Union Castle en Colony Rooms is perfek vir kleiner en meer intieme byeenkomste.

Die Victoriaanse gazebo, gedrapeer met vars blomme in die welige, tropiese tuin binnehof, kan gehuur word teen ʼn ekstra koste vir privaat seremonies.

Dwarsdeur die hotel skep prentjiemooi omgewings idilliese agtergronde om elke oomblik van daardie perfekte troudag vas te vang.

Merk die perfekte einde … aan die perfekte dag, geniet die luukshede van ʼn magdom spesiale ekstras op jou huweliksaand. ʼn Komplimentêre bottel vonkelwyn met aankoms, monogram toga’s, ʼn romantiese kamer voorbereiding met roosblare, ontbyt in die bed en ʼn komplimentêre keuse van DVD’s in jou kamer.

Die bederf en luuksheid gaan voort in privaatheid vir die paartjie of saam met vriende en gaste voor en na die troudag, by The Spa at The Oyster Box. Met ses behandelingskamers, ʼn hidroterapie-bad, skoonheidsbehandelings vir mans en vroue, ʼn outentieke Oosterse Hamamm, moderne privaat gimnasium en ʼn plonspoel met tuin-uitsigte, is die Spa die perfekte plek vir alles van die kombuistee partytjie tot wittebrood-bederf.

    KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER

      JOU NAAM:

      E-POS ADRES:

      SELFOONNOMMER:

      TROUDATUM:

      BOODSKAP:



      GEPUBLISEER OP MOOI TROUES

      MEER INLIGTING

      sit FACEBOOK instagram PINTEREST  tweet       

      KLIËNTE RESENSIES

      Geen resensies op die oomblik nie.

        SKRYF JOU RESENSIE ONDER

        Hy jy gebruik gemaak van die diensverskaffer vir jou troue?  Los asseblief 'n resensie oor jou ervaring.


        WANNEER HET JULLE GETROU?



        SKRYF JOU RESENSIE OOR DIE BESIGHEID ONDER:



        JOU NAAM:


        E-POS:


        SELFOON NOMMER: