Borie & Lize se selfdoen plaas troue

Borie en Lize het mekaar in hul matriek vakansie in Jeffreysbaai ontmoet.  Lize moes bo al die ander meisies uitstaan om Borrie se oog te vang, maar het dit reg gekry. Lize het studeer in Bloemfontein en Borie in Potchefstroom, dus was afstand ‘n kwessie.   Hul het vir 5 jaar ‘n lang afstand verhouding gehad en was weer met ‘n vakansie, dié keer in Victoriabaai. Soos doodgewone paartjies het hul stry gekry en Borie het vir Lize gesê hy wil nie meer haar kêrel wees nie.   Lees meer hieronder oor hoe die twee tot trou gekom het.


Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0002 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0003 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0004 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0005 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0006 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0007 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0008 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0009 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0010 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0011 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0012 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0013 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0014 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0015 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0016 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0018 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0017 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0019 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0020 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0021


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons albei was in 2007 na Jeffreysbaai vir die gebruiklike matriek vakansie. Ek het net uit ‘n ernstige verhouding gekom. Albei van ons wou net ‘n goeie tyd saam vriende geniet. Ons het ‘n gemeenskaplike vriend gehad wat toe al sy pêlle van Marlow na die “Playboy Mansion” genooi het. Toe ek die eerste keer vir Borie gesien het, het ek geweet daar is iets anders aan hom. Hy, aan die anderkant, het nie veel belangstelling getoon nie, omrede daar soveel ander meisies was om van te kies. Ons almal het die aand toe by Jolly Dolphine spandeer en daar het ek my kans waargeneem om Borie in te katrol. Ons het daai hele aand gesels en mekaar beter leer ken. Ons eerste jaar op universiteit het ons besluit om nie in ‘n verhouding te wees nie, maar op Nuwejaar 2008 het hy my uitgevra.


Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0022 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0023 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0024 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0025 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0026 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0028 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0027 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0029


Wanneer en hoe het julle verloof geraak?

Desember 2013 het albei ons gesinne die dag spandeer by Victoriabaai.  Dit was so ‘n lekker dag saam met ons families.  Ons het toe begin baklei op pad huis toe en hy het toe gesê ons moet na “Map of Africa” toe gaan om dit uit te sorteer.  Ons het bo-op die berg gesit met die ongelooflikste uitsig.  Terwyl ons baklei het Borrie gesê hy sien nie meer kans vir dit nie, en toe het hy op sy knie gegaan en gesê, “Ek sien nie meer kans om net jou kêrel te wees nie, maar wil graag jou man wees.” Ek was so oorweldig ek kon nie ‘n woord  uitkry nie.  Dit was ‘n ongelooflike emosionele dag vir ons, maar so spesiaal,  toe ons by die huis kom, het die familie vonkelwyn gereed gehad om die groot oomblik saam ons te vier.


Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0030 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0031 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0033 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0034 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0035 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0036 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0037 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0038


Advies vir ander paartjies:

 Voor ons troue het almal vir ons gesê julle moet net onthou om ‘n oomblik te sit en die dag in oënskou te neem.  Vir ons was dit so ‘n ongelooflike ervaring want ons familie het vanaf die Woensdag kom help om ons troudag spesiaal te maak. Ek sou sê ons dag was vir ons so ongelooflik omdat ons dit saam met vriende en familie spandeer het. Dit is waaroor jou troudag gaan om ‘n belofte aan jou man, voor God en ons familie en vriende te maak dat ons mekaar sal liefhê. Die dekor, programme ensovoorts is alles ‘n bysaak.  Betaal eerder vir ‘n goeie fotograaf en videograaf want hulle is die mense wat jou dag gaan opneem en dit is al wat jy oor het ná die tyd. Ons is so bly dat ons ‘n video ook gehad het, want dit is ongelooflik om ná die tyd daarna te kyk, want dan besef jy eers hoeveel jy gemis het, omdat jy so oorweldig is op die huweliksdag.


Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0039 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0040 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0041 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0042 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0043 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0044 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0045 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0046 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0047 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0048 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0049 Lizel & Borie soos gesien op Mooi Troues_0001


Diensverskaffers:

  • Fotograaf en Videograaf: Pink Flower Productions
  • Venue: Onder die Akker 
  • Rok: Lubello’s | Koek en gaste geskenke: Tanie Andrea
  • Dekor: is alles self gemaak deur bruid, bruidegom, bruid se ma en suster