Charnelle & Herman se prag troue

Charnelle en Herman het verloof geraak op hulle vakansie in Koh Samui, Thailand.  As jy nog nooit in Koh Samui was nie sal jy definitief moet gaan, dit is een van die mooiste plekkies.  Herman het vir hulle groot lug lanterns gekoop wat jy aansteek dan gaan dit op in die lig.  Die twee lanterns was so groot dat hulle mekaar skaars kon sien.  Nadat Herman sy lantern aangesteek het, het hy sommer op sy knie gebly en Charnelle gevrae om met hom te trou.  Die paartjie se troue is pragtig, die gebruik van ligte, glas en skakerings van wit maak die troue neutraal, maar luuks voel.  Loer bietjie na die paartjie se trou video ook, kliek hier.

Charnelle & Heman se troue soos op www.mooitroues.co.za_0001

Charnelle & Heman se troue soos op www.mooitroues.co.za_0002 Charnelle & Heman se troue soos op www.mooitroues.co.za_0003 Charnelle & Heman se troue soos op www.mooitroues.co.za_0004 Charnelle & Heman se troue soos op www.mooitroues.co.za_0005 Charnelle & Heman se troue soos op www.mooitroues.co.za_0006 Charnelle & Heman se troue soos op www.mooitroues.co.za_0007

Hoe het julle verloof geraak?


Ons was met vakansie in Koh Samui, Thailand.

Herman het my uitgeneem vir ete die aand van ons verlowing en daarna het hy voorgestel dat ons ‘n entjie moet gaan stap op die strand.

Hy koop toe vir ons 2 baie groot Chinese Lanterns en ek moes help om dit regop te hou terwyl hy dit aansteek.  Die lanterns was so groot dat ons mekaar nie kon sien nie.  Toe die tweede lantern besig was om op te lug van die grond af, het Herman agter gebly op sy een knie en het my gevra om sy vrou te word.

Charnelle & Heman se troue soos op www.mooitroues.co.za_0008 Charnelle & Heman se troue soos op www.mooitroues.co.za_0009 Charnelle & Heman se troue soos op www.mooitroues.co.za_0010 Charnelle & Heman se troue soos op www.mooitroues.co.za_0011 Charnelle & Heman se troue soos op www.mooitroues.co.za_0012

Wat het julle troue ekstra spesiaal gemaak?


Die feit dat die Heilige Gees so teenwoordig was gedurende hierdie liefdesfees & die kinderlike opwinding wat ek en Herman gehad het toe ons mekaar vir die eerste keer gesien het daardie dag.  Sjoe dit was so spesiaal!

Dit was so lekker om al ons geliefdes onder een dak te hê en elkeen het opreg gedeel in ons vreugde!  Die lekkerste bruilof fees wat ons al bygewoon het, was ons eie troue!

Charnelle & Heman se troue soos op www.mooitroues.co.za_0013 Charnelle & Heman se troue soos op www.mooitroues.co.za_0014 Charnelle & Heman se troue soos op www.mooitroues.co.za_0018Charnelle & Heman se troue soos op www.mooitroues.co.za_0015 Charnelle & Heman se troue soos op www.mooitroues.co.za_0016 Charnelle & Heman se troue soos op www.mooitroues.co.za_0017 Charnelle & Heman se troue soos op www.mooitroues.co.za_0019

Advies aan ander paartjies:


  1. Moenie die eerste kwotasies aanvaar wat jy ontvang nie – doen die huiswerk baie deeglik.
  2. Moenie familie of vriende probeer gelukkig hou nie, dit gaan oor julle as paartjie (fokus).
  3. Maak 100% seker jy is gelukkig met jou fotograaf, want hierdie dag gebeur net eenkeer in jou lewe.

Charnelle & Heman se troue soos op www.mooitroues.co.za_0020

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: