Beplan ʼn Wegbreek na White Lion Lodge

Beplan ʼn wegbreek na White Lion Lodge in die hartjie van die Klein-Karoo, geleë tussen Montagu en Barrydale op die populêre Sanbona Wildlife Reserve op die bekende Roete 62.  Slegs 270 kilometers vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en jy is by dié pragtige bestemming.

By White Lion Lodge sal julle verwelkom word met vriendelike gasvryheid en professionele diens.   Met slegs 4 suites op die perseel sal julle verseker al die nodige aandag kry wat julle benodig gedurende julle wegbreek by hierdie pragtige lodge.

Dit is die ideale wegbreek opsie vir paartjies opsoek na ʼn rustige bestemming.  Of dit nou vir ʼn romantiese wegbreek is of ʼn wittebrood, White Lion Lodge is die perfekte keuse.  Hierdie is ook ʼn baie romantiese bestemming om die groot vraag te vra, omrede dit so privaat en spesiaal is.

Met luukse moderne suites, prentjie mooi landskappe, wilde diere en wêreldklas aktiwiteite en fasiliteite sal julle ʼn fantastiese tyd hê en baie herinneringe maak.  Gaste van regoor die wêreld reis na White Lion Lodge om die pragtige gebied te verken.

Hulle doen ook intieme mikro troues.  Lees meer hieroor in die artikel.  Rol af om meer te lees oor White Lion Lodge en hoekom die bestemming op julle kortlys moet wees.

Ligging:


Die reservaat is aan die voet van die Warmwater Berge, in die hartjie van die Klein-Karoo, tussen Montagu en Barrydale op die bekende Roete 62 geleë.

Kamers:


Die White Lion Lodge bied vier verskillende suite opsies met elkeen hulle eie unieke voorkoms.  Groot glas ruite en deure maak seker dat julle die pragtige uitsigte vanuit jul suites kan geniet.

Elke kamer het ʼn ruim slaapkamer, aantrekkamer, volledige badkamer en ʼn privaat buite stort.  Dit is nie al nie, die kamers se fasiliteite sluit in die volgende alles in die gemaklikheid van die suite:

  • kaggel
  • satelliet televisie
  • ondervloerse verhitting
  • lugverkoeling
  • ʼn klein yskas
  • tee- en koffie fasiliteite

Geniet die mooiste uitsigte van jul kamer se privaat veranda wat uitkyk oor die rivierbed.  Die badkamers bied twee wasbakke, ʼn luukse groot bad, aparte reën dans stort, toilet en ʼn bidet.  Al die kamers het koning grootte beddens vir ʼn gemaklike nagrus.

Etes:


Die White Lion Lodge bedien die heerlikste ontbyt, middag- en aandetes in die hoof lodge se eetkamer of op die veranda van die eetkamer onder die sterre.  By die White Lion Lodge sal jy verseker lekker eet gedurende julle wegbreek na hierdie pragtige bestemming.

Hulle sjefs maak slegs van vars produkte gebruik vir alle disse en kombineer geure van hul kinder dae gemeng met die nuutste kook tegnieke.   Aandetes word bedien met plaaslike wyn vanuit die gebied.

Fasiliteite:


By White Lion Lodge gaan alles oor ontspanning en rustigheid.  Om die natuurskoon om jou te geniet terwyl jy en jou geliefde ʼn wegbreek geniet van die stad se gejaag.

Gratis Wi-Fi:

Die hele lodge het gratis Wi-Fi beskikbaar, so julle sal julle wegbreek kan deel met julle vriende en familie.

Drankies in die Sitkamer:

Die hoof lodge is waar drankies geniet kan word in die sitkamer wat ook ʼn lekker groot kaggel het en prentjie mooi uitsigte.

Biblioteek:

Ontspan met ʼn boek in die hand van White Lion Lodge se boek seleksie uit hul eie klein biblioteek.

Swem:

Geniet die Afrika son in hulle 15-meter swembad wat ook die mooiste uitsigte het oor die landskappe van die Sanbona Wildlife Reserve waarin White Lion Lodge geleë is.

Verhitte plonspoel:

Dit is een van gaste se gunsteling aktiwiteite om te doen.  Geniet ʼn heerlike glasie wyn in die verhitte plonspoel omring deur die landskappe van die Klein Karoo.  Dit is so idillies soos dit klink.

Massering sessie:

Indien jy voel jy kort ʼn bietjie van ʼn pamperlang kan jy gebruik maak van White Lion Lodge se massering dienste en van al jou stres knoppe ontslae raak.

Aktiwiteite:


Sanbona Wildlife Reserve, waarop  die privaat White Lion Lodge geleë is, is 58,000 hektaar groot, waarvan White Lion Lodge ʼn konsessie van 30,000 hektaar kan verken.

Om die hele reservaat te geniet, sal daar addisionele kostes wees, maar dit is ook ʼn opsie vir gaste om te geniet.  Die bewaring fooi gaan na die Sanbona-natuur- en wildreservaat om kritieke lewensbelangrike ekosisteme, bedreigde wilde diere en plante te beskerm.

Pragtige berge, klowe, riviere, vlaktes, inheemse fauna en flora, rotsformasies en rotskuns maak dit ʼn bestemming om nie te mis nie. Daar is oorgenoeg aktiwiteite beskikbaar om julle wegbreek vol herinneringe te maak.

Wilde diere:

Die Groot Vyf wat bestaan uit die Leeu, Luiperd, Buffel, Olifant en Renosters kan gesien word op die reservaat.  Daar is ook baie ander spesies soos die Gemsbok, Springbok, Hartebees, Eland, Kudu, Zebra, Kameelperd en vele meer interessante diere.  Permanente water bronne en riviere maak dit ook die huis van Seekoeie, Olifante en Buffels.

Wildritte:

ʼn Privaat wild voertuig met ʼn gekwalifiseerde veldgids neem jou op twee safari’s per dag. ʼn Namiddag natuur rit deur die suidelike deel van die reservaat en ʼn vroegoggend-wildrit na die noordekant van die reservaat.

Voëlkyk:

Daar is meer as 200 verskillende spesies voëls.  Die  Visarend, Swart Arend en Swart Kaalwang Arend is slegs van die roofvoëls wat by White Lion Lodge gesien kan word.  So as julle hou van voëls en om hierdie pragtige diere te besigtig, dan is dit die perfekte ligging.

Rots kuns:

Die San-mense van Afrika het vir duisende jare in hierdie gebied gewoon tot ongeveer 100 jaar gelede. Die Ixam-stam; die jagter-versamelaars wat in harmonie met die natuur leef; het toe besef dat mens en natuur saam volhoubaar is.

Daar is 7 rotskuns terreine regdeur die reservaat wat meer as 3,500 jaar terug dateer wat die geestelike oortuigings en lewens van hierdie fassinerende mense uitbeeld.

Sterre kyk:

Met die afwesigheid van kunsmatige lig, wat tipies uit dorpe en stede gegenereer word, is sterrekyk in die Karoo van die beste.

Min dinge in die lewe is so aangenaam soos om op ʼn warm somersnag om ʼn kampvuur te sit en hemelwaarts na die tapisserie van sterre bo-oor te kyk.

Die sorge van die daaglikse wêreld kan so ver lyk soos daardie flikkerende ligpunte.

Plante:

Meer as 55% van die Klein Karoo se Flora (plante) is afgebreek en slegs 18% is in ʼn ongerepte toestand. Navorsing en Monitering van Fauna en Flora is belangrik.

Die korrekte balans, verbetering van grond, plant kwaliteit, herbivore digthede en roofdier bevolking lei tot die rehabilitasie van die ekosisteem.

Sanbona lê binne ʼn oorgang sone tussen somer- en winterreënvalstreke.

As gevolg van die verwantskap tussen die geologiese formasies en reënval veranderlikheid bestaan die Reservaat uit drie biome, Fynbos, Sukkulente Karoo en Ruigte waarvan die Fynbos en Sukkulente Karoo as biodiversiteit-brandpunte erken word.

Intieme Troues:


ʼn Troue by die White Lion Lodge is besonders spesiaal.  Hulle onthaal gemaklik tot-en-met 8 gaste wat oornag bly in hulle luukse lodge.  Dit is perfek vir ʼn paartjie wat opsoek is na ʼn trou bestemming wat ʼn klein mikro troue wil hê saam met hul naaste familie of vriende.

Bespreek julle wegbreek na White Lion Lodge:


Om julle wegbreek te bespreek na White Lion Lodge, klik hier om hul webtuiste te besoek.  Jy kan hulle ook ʼn e-pos stuur indien jy enige spesifieke vrae het oor hulle verblyf opsies.  Hulle het ook ʼn WhatsApp nommer indien jy hul so wil kontak.  As jy met iemand wil gesels telefonies, kan jy die lodge direk kontak by +27 (0) 82 557 0833 of hulle kantoor by +27 (0) 21 847 1043.

Artikel Krediet: