Trou Beplanning Advies Stap 11 van 12

Mooi Troues se lesers kan ons 12-stap trou beplanning advies reeks van artikels volg wat maandeliks op Mooi Troues gepubliseer sal word.  In hierdie advies artikels gee ons vir jou elke maand ʼn lys van items waaraan jy moet aandag gee.  Ons het die trou beplanning opgebreek in kleiner stukkies, sodat dit nie só oorweldigend is om alles op eenslag te lees nie.

Om ʼn troue te beplan is baie stresvol, veral as jy ʼn selfdoen troue wil hou.  Mooi Troues help jou om dit maklik en stresvry te doen met ons reeks opvolgende advies artikels.  Klik hier vir meer advies artikels.

Ons het die vorige keer die tiende van ons twaalf maande trou beplanning aftiklys gedeel.  Teen die tyd moes julle al meeste van jul trou diensverskaffer bespreek het.  Dinge behoort nou bietjie meer struktuur te kry en die vloei van die trou beplanning moet al meer aan die gang wees.

As julle nog nie die punte in ons vorige artikels gedoen het nie, moet nie stres nie, jul kan dit doen teen jul eie spoed.  Hierdie artikels is slegs ʼn riglyn vir jou om te gebruik om jou troue minder stresvol te maak deur ʼn jaar voor die tyd al met die beplanning proses te begin.  Daar is paartjies wat daarvan hou om hulle troue in korter tydperke te doen, met bietjie meer stres.  Daar is niks fout daarmee nie.

Vir ons elfde artikel van ons 12-stap trou stap trou beplanning advies reeks, rol af.

Wat jul teen die tyd moes gedoen het:


As julle nog nie begin beplan het aan jul troue nie, moet nie stres nie, daar is altyd genoeg tyd.  Dit beteken net dat julle meer moet doen oor ʼn korter tydperk.  Dit is nie onmoontlik nie, julle sal net meer moet fokus en aandag gee aan julle trou beplanning proses.

Onder is ʼn riglyn van min of meer wat jul teen nou al moes gedoen het as julle ons 12 stap reeks volg:
  • Die Begroting moet nou al gefinaliseer wees, sodat jy weet waarop jy wat kan spandeer.
  • Trou Datum van julle troue.  Dit moet definitief al gefinaliseer wees.  Sonder ʼn datum kan julle niks bespreek nie.
  • Venue vir jul troue moet teen die tyd al gefinaliseer wees.  Onthou om jou deposito te betaal en ook die kontrak baie noukeurig deur te lees voordat julle dit teken.
  • Bekende Trou Diensverskaffers moet teen die tyd al bespreek wees.
  • Fotograwe en Videograwe moet nou al bespreek wees.
  • ʼn Idee hê van die dekor styl waarvan julle hou, asook die algehele styl van die troue.
  • Julle troue moet al verseker wees.
  • Finaliseer die gastelys van buitelandse gaste.
  • Finaliseer trourok keuses.
  • Finaliseer die bruidegom se pak.
  • Seremonie besonderhede bespreek.
  • Ontmoet met jul huweliksbevestiger.
  • Platejoggie, klank en musiek moet al bespreek wees.
  • Finaliseer verblyf opsies.
  • Maak kortlys van dekor items vir huur.
  • Finaliseer die troukoek.
  • Beplan en bespreek die wittebrood vooruit.
  • Repetisie aandete planne moet al begin het.
  • Trou skryfbehoefte ontwerpe gefinaliseer het.
  • Spaar die datum kaartjies moet uitgestuur wees.
  • Grimering en Haarstilis moet bespreek wees.
  • Lys van dinge om te doen vir buitelandse gaste.
  • Verlowing fotosessie moet bevestig wees.
  • Vervoer vir jul trou gaste moet bespreek wees.
  • Danslesse bespreek en bywoon.
  • Musiek keuses lys vir jul troudag.
  • Spyseniering.
  • Paspoorte en Visas (indien nodig).
  • Troukoek bestelling geplaas.
  • Finaliseer diensverskaffers databasis.
  • Bruidegom se uitrustings.
  • Bruid se bykomstighede.
  • Troupant.
  • Dink aan gaste geskenke.
  • Geskenk register.
  • Trou uitnodigings gestuur.
  • Finaliseer al die dekor elemente.
  • Pas weer jou trourok aan.
  • Kyk na skoene vir jul troue.
  • Finaliseer die strooimeisies se rokke.
  • Gee ekstra aandag aan selfdoen projekte.
  • Bekyk weer jul diensverskaffers databasis.
  • Geskenke vir ouers en gaste.
  • Laaste diensverskaffer veranderinge.
  • Gaan deur al jul notas.
  • Tydlyn vir jul troudag.

Finale Trourok aanpassing:


Jy kan nog vir een finale rok aanpassing gaan.  So as ietsie klein moet verander, kan jy dit nog laat aanpas.  Maak seker jy tel jou rok ʼn week voor jou troue op, om seker te maak alles is reg.  Om dit te los tot op die laaste dag kan baie onnodige probleme en stres veroorsaak.

Gesels met jou bruidsmeisies:


Kontak al jou bruidsmeisies om seker te maak hulle het almal hulle rokke of bevestig wanneer hulle rokke opgetel gaan word en of alles wel in orde is.  Dit is ook ʼn goeie idee om te hoor of jou bruidsmeisies nog almal gelukkig is en as jy hulp kort, hulle te vra om jou te help.  Dit is net ʼn algemene opvolg om te hoor dat almal wel nog gereed is.

Ontwerp jul trou program:


Ons het verlede keer gepraat oor die tydlyn vir jul troudag.  Die tydlyn is meer detail en is gefokus op die mense agter die skerms van jou troue.  Die trou program is spesifiek bedoel vir jou gaste.   Hou dit eenvoudig en dink mooi oor die tye.  Wees ook spesifiek oor waar wat gaan gebeur.  Jy wil nie jou gaste in die donker laat nie.

Kyk weer deur finale bevestigde gastelys:


Dit is nou ʼn goeie tyd om julle syfers te begin finaliseer en as iemand nog nie hul R.S.V.P. gestuur het nie, hulle in persoon te kontak en probeer uitvind of hulle wel die troue sal bywoon of nie.

As julle klaar almal se bevestigings het, maak ʼn lys van al julle trou gaste.  Breek dit op in familie en vriende.  Begin dink, wie by wie sal pas en allokeer hulle in groepies en dan by tafels.  Dit is nie altyd die prettigste taak nie, maar dit moet gedoen word.

Allokeer gaste by tafels:


As julle alles gefinaliseer het is dit nou die tyd met die “op die troudag” tydlyn te beplan.  Dink aan die diensverskaffers wat betrokke gaan wees by jul troue.  Onthou die dag beplanning sal deur die koördineerder gedoen word as julle een het.

As julle ʼn selfdoen troue het sal jul moet dink aan julle troudag se tydlyn.  Wanneer wat presies gebeur.  Dit is dieselfde struktuur as julle troudag se program, net met meer detail oor watter diensverskaffers watter tyd, waar moet wees.   Klik hier om meer te lees oor tydlyne.

Gee finale liedjie lys aan jul platejoggie:


Julle kan jul finale liedjie keuses gee aan jul platejoggie twee tot drie weke voor jul troue.  So weet julle daardie stres is ook af van jul skouers en julle kan gemaklik weet die vermaak sal reg wees.   Onthou om liedjies te kies vir die etes, toesprake en dan vir die eerste dans (as julle ʼn dans het).

Lys van spesifieke foto’s vir jul fotograaf:


As julle spesifieke groep foto’s, familie foto’s, vriende foto’s of net spesifieke versoeke vir foto’s en video’s het, maak ʼn lys en gee dit vir jul trou fotograaf en videograaf ʼn minimum van ʼn week of twee voor jul troue. Die fotograaf ken nie julle trou gaste nie, so maak seker julle het iemand wat gaste ken om die fotograaf te help.  Dit help nie julle gee net ʼn lys met name aan jul trou fotograaf nie.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet:

    • Foto’s: Pexels
    • Artikel: Mooi Troues