Gratis Wense vir die Pasgetroudes Kaartjie

Die Gratis Wense vir die Pasgetroudes Kaartjie is ideaal om spesiale boodskappe van julle trou gaste te onthou. Meeste paartjies het ʼn gasteboek waar hul trou gaste boodskappe kan inskryf.  Hierdie is amper dieselfde as ʼn gaste boek, maar net in die vorm van kleiner kaartjies. Trou gaste kan hul boodskap aan die pasgetroudes skryf en die paartjie kan al die boodskappe in ʼn klein boksie sit en na die troue lees.

Paartjies kan dit op ʼn tafel sit en dat gaste na die tafel gaan om dit te skryf en dan in ʼn boksie te gooi. ʼn Ander oulike idee is om die kaartjies op elke gaste tafel te sit met ʼn pen en dat gaste dit by hul tafels skryf en dit kan so ingesamel word.  Die kaartjies is klein en gaste kan ʼn kort wens aan die paartjie skryf hierop.

Laai die kaartjie gratis af hieronder en laat druk dit by julle plaaslike drukkers. Nadat jy die aflaai vorm hieronder voltooi het sal jy ʼn e-pos kry met die skakel na die PDF dokument. Stoor die PDF dokument op ʼn geheue stokkie en neem dit na julle drukkers. Julle kan die drukkers vra om dit op ʼn A4 grootte papier te druk. Daar is 6 kaartjies per A4-blad.  Dit sal ook wys wees om ʼn dikker tipe papier te gebruik sodat die kaartjies stewig is en maklik is om op te skryf sonder om dit te skeur.

Rol af om julle Gratis Wense vir die Pasgetroudes Kaartjie af te laai.

    LAAI SKRYFBEHOETE ONTWERP AF:

    Voltooi die onderste vorm om hierdie gratis skryfbehoefte ontwerp af te laai.


    NAAM:

    E-POS ADRES:


    KOMMUNIKASIE TOESTEMMING:

    Ek gee toestemming an Mooi Troues en Mooi Leefstyl dat ek wel kommunikasie vanaf hul wil ontvang en ook 'n intekenaar sal wil wees van hul nuusbriewe.

    Ongelukkig moet u vir Mooi Troues toestemming gee om met u te kan kommunikeer.  Sonder toestemming kan ons nie vir u die gratis skryfbehoefte ontwerp kan stuur nie.

    Meer oor Skryfbehoeftes op Mooi Troues


    Trou skryfbehoeftes speel ʼn belangrike rol in jou troudag. Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers. Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf.  Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuutste tendense. Mooi Troues het ʼn groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn, wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.

    Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry. Wanneer gaste die venue binnekom, is die eerste dinge waarna hulle soek die sitplek kaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels.  Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet. Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.

    Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag? Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn. Elke bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.

    Ons het ook ʼn groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar. Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik.  Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.

    Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items. Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, klik hier om ons Trougids te besoek.

    Mooi Troues hoop jy geniet die bron van inspirasie wat ons vir jou troudag bied.

    Artikel Krediet:

    Ontwerp: Mooi Troues