1950’s Geïnspireerde Trou Inspirasie

Ons deel in die inskrywing ʼn stylvolle 1950’s geïnspireerde trou inspirasie met Mooi Troues se lesers.  Die groep fantastiese trou diensverskaffers het hul koppe bymekaar gesit en ʼn fotosessie geskep wat iets is om oor huis toe te skryf.  Dit is die noukeurige aandag aan dekor en blomme wat hierdie fotosessie absoluut asemrowend maak.  Dit is ook onmoontlik om nie verlief te wees op die styl van die paartjie se uitrustings nie.  Hulle het net te pragtig gelyk.

Dekor elemente wat uit die 1950’s trou-tema bestaan, het ʼn sekere  elegante en gesofistikeerde gevoel oor hulle wat die stylvolle trou-skouspel wat plaasvind weerspieël.  In hierdie gestileerde fotosessie is dit met elke klein en groot detail reggekry.

Ballerina- en tee-lengte trourokke was baie populêr in die 1950 modes, asook fieterjasies en rokke met gaas lae soos gesien kan word in die fotosessie.  Albei style het die bruid ʼn vleiend en prettige voorkoms gebied, terwyl hulle steeds beskeidenheid bied het vir die meer tradisionele mense. 

Ons is mal oor die kleurskema met die kleurvolle blomme, pienk akriel stoele, pink en grys kerse en die goud spieël wat alles mekaar moeiteloos  komplimenteer.  Dis die perfekte hoeveelheid van moderne elemente sonder om te veel weg te vat van die 1950’s gevoel.  Die trou diensverskaffers het eenvoudig perfek saam gewerk, dit lyk als net te fraai!

ʼn Unieke aspek van die fotosessie is ook die fotos rondom die outydse kar.  Dit het só mooi uitgedraai en maak ook ʼn groot bydrae tot die die era van die trou-tema.

Rol af om meer te lees oor hierdie 1950’s geïnspireerde trou inspirasie en ook om die pragtige fotos te bewonder.

Wie het die fotosessie gereël?


Shanay Greene Photography

Inspirasie agter die fotosessie:


Dit was ‘n werkswinkel 50’s geïnspireerde gestileerde trou inspirasie.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Shanay Greene het die hele fotosessie gereël.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Die ongelooflike detail in die dekor en blomme.

Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: