Ons deel vandag James en Lauren se plaastroue en liefdesverhaal met jou. Dié lieflike paartjie het vir sewe jaar lank uitgegaan, toe James Lauren gevra het om te trou. Hy het haar bederf met ‘n helikopter rit oor Knysna en haar toe na sy familieplaas geneem, waar hy die groot vraag gevra het. Volgens Lauren is dit haar eie sprokiesverhaal wat waar geword het. Haar raad vir ander paartjies wat beplan om die knoop deur te haak is om altyd jouself te bly, moet jouself nie verloor tydens die beplanningsproses, óf na die troue nie. Baie dankie aan After Effect wat ons met vandag se pragtige foto’s voorsien het.
Klik hier vir meer diensverskaffers
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: After Effect Photography
- Grimering: Tarryn Harding Makeup Artist
- Spyseniering: Aqua Food and Catering
- Venue: The Rose Barn
- Tafel Dekor: Angelic Wonders
- Hare: Amsterdam Hair Studio
- Trou rok: Bridal Flair
- Skryfbehoeftes: Anita Creative Designer