Pastorale Verhoudings Berading Advies

Hier by Mooi Troues deel ons in dié inskrywing Pastorale Verhoudings Berading Advies deur Dr. Heinrich Lottering met ons lesers. Baie paartjies kort ʼn bietjie leiding een of ander tyd in hul lewe saam.  Dit is belangrik dat jy die hele trou proses en beplanning  proses verstaan.  Sodat julle dit mooi deur werk met mekaar en praat hieroor.

Dr. Lottering vertel:  “Dit is besonderse wys om binne ses tot twaalf maande na die huwelik vir ʼn opvolg berading sessie te gaan. Die formalisering en permanensie van ʼn huwelik op ʼn verhouding het definitief ʼn emosionele impak op baie individue. Om met vars perspektief na die “formele ”huweliksverhouding te kyk (veral as ʼn baba bykom) is proaktief.  Dit kan baie waardevol wees in die ontwikkeling en groei van die huweliksverhouding”.

Rol af en lees meer oor die Pastorale Verhoudings Berading Advies wat Dr. Lottering  bied hieronder. 

Wie is Dr Lottering en watter dienste bied u aan paartjies?


Dr Heinrich Lottering is ʼn geregistreerde pastorale berader, geordineerde predikant en universiteits opgeleide teoloog. Hy is geregistreer by die CPSC (Councel for Pastoral & Spiritual Counsellors), wat ʼn SAQA (South African Qualifications Authority) erkende raad is. Die berading per sye wat gebied word is verhouding berading (verhoudings tussen romantiese egpare, familielede, vriende, werk kollegas,) asook individuele berading.

Verduidelik vir die leser van waar en wat was die paadjie tot en met waar u vandag is?


Dr Lottering het na skool medies gaan studeer by UP.  Na graduering het sy roeping en passie vir Jesus hom genoop om ook teologie te gaan studeer. Van sy studente jare af het hy ʼn besonderse belangstelling in die menslike psige gehad.  Noodwendig het dit hom gelei na pastorale bediening en berading.

Wat is pastorale verhoudings berading?


Berading is ʼn vorm van emosionele en sielkundige terapie wat daarop gefokus is om probleemareas of patologie te identifiseer, analiseer, perspektief daarop te werp vir die individu en om saam na praktiese oplossings te soek om die individu se emosionele gesondheid en lewenskwaliteit te verbeter. Pastorale berading word deur ʼn terapeut verskaf wat dan ook teologiese en geestelike opleiding het. Dus kan emosionele en geestelike aspekte aangespreek word en dikwels kan die een sterk onderskraging vir die ander een bied. Die vorm van terapie is kognitiewe en verbaal van aard. Wanneer die terapie effektief gedoen word, sal die kliënt dit ervaar as ʼn insiggewende en berustende gesprek wat aanbevelings doen om denkpatrone en gedrag te moduleer en aan te pas sodat meer rustigheid, vrede & positiwiteit hul gedagtes deurspek.

Wat is emosionele huweliks voorbereiding?


Emosionele huwelik voorbereiding behels ʼn paar verkillende aspekte. Eerstens om die egpaar leiding en advies te gee om hul huweliksreëlings in perspektief te hou. Baie dikwels sal egpare so oorstelp raak en so verdiep raak in die detail van hul huweliksdag dat die druk op hulle te veel word en die besonderse dag om gewens word. Dit help die egpaar om die proses te geniet en waardeer.

ʼn Huweliksdag is een van die grootste en mees kosbaarste dae in ʼn mens se lewe.  Die aanloop na die dag is bedoel om om ʼn opwindende plesier te wees. Dit kan net vermag word as perspektief gehou word dat al die moeite en reëlings is om die verhouding wat hul deel te vier.  Dus moet gereeld tyd geneem word om mekaar se belange in die proses te erken en respekteer.  Die gevaar is dat egpare so besig met beplanning kan wees vir maande en mekaar so afskeep dat hul as “emosionele vreemdelinge” voor die kansel staan.

Tweedens:

Dit is belangrik dat ʼn egpaar voorberei word.  Deur die verloop van hul huweliksplegtigheid en feesviering sodat hul op mekaar moet fokus. Natuurlik is die dag ook om saam met familie en vriende te geniet.  Die fokus van die bruid en bruidegom moet hul lewensmaat wees om hom/haar te koester en bederf op die dag met hul aandag en vertroeteling.  Voorkom dit dat van al die mooi herinneringe van die groot dag daar bitter min herinneringe saam is, want gaste en onthaal verpligtinge kan die egpaar so besig hou dat hul minimale tyd saam spandeer.

Derdens:

Beplanning en motivering word met die egpaar gedoen om nie die dag na die huwelik  af te skeep nie.  Beplanning vir kwaliteit tyd saam is so belangrik.  Die dag na al die opwinding en feesviering kan ʼn groot ante-klimaks en ontnugtering wees.  As al die maande van beplanning en die opwinding van die groot dag verby is.  Dus net hulle twee wat “agter bly”. Daar moet moeite gedoen word vir hierdie eerste van  hul lewe saam, net hulle twee om seker te maak dit word in hul geheue vasgevang as ʼn kosbare herinnering.

Hoekom is dit belangrik vir paartjies om hierdie diens te gebruik?


Die besluit om ʼn lewensmaat te kies en lewenslange trou aan hom of haar te beloof, is een van die grootste en belangrikste keuses wat enige mens kan maak. Laat geen moeite te groot wees om die lewenslange reis saam aan te pak nie.  Op die mees ingeligte, emosionele gesondste en praktiese wyse manier moontlik nie.  Hiervoor is insig in jou eie behoeftes en tekortkominge, asook die van jou lewensmaat krities – berading kan hier ʼn reuse verskil maak.

Meeste egpare maak die fout om te redeneer dat probleem areas in die verhouding hulself met tyd sal oplos. Maar inteendeel verander die probleemareas met tyd spreekwoordelik van ʼn miershoop in ʼn berg. Spreek verhoudings gebreke aan en vind oplossings.  Dit is nie altyd moontlik om ʼn lewensmaat se manier van dink of gedrag te verander nie – maar deur jou eie reaksie en benadering daarop te wysig kan ʼn reuse verskil maak en die probleem ontlont. Moenie wag tot krisis-vlak van frustrasie bereik word nie, wees proaktief met berading.

Wat is die kostes vir die diens?


Die berading is R650/sessie op kantoor.  Berading kan by ʼn egpaar se woning gedoen word, dan is daar addisionele vervoerkoste ter sprake.

Moet Paartjies in persoon vir die diens kom of kan dit aanlyn gedoen word?


Aangesien berading en die analisering van individue se antwoorde en reaksie baie afhang van liggaamshouding, stemtoon en gesigsuitdrukkings, is aanlyn of internet-video-afsprake nie so effektief soos wanneer berading in persoon gedoen word nie.  Meer as 70% van interpersoonlike kommunikasie is non-verbaal en meeste hiervan gaan verlore op internet afsprake. Dus is dit nie onmoontlik om internet sessies te doen nie – maar is verseker nie ideaal nie.

Hoe lank voor die troudag word aanbeveel word vir hierdie diens ʼn afspraak bespreek?


Met refleksie op baie jare ervaring is die ideale tyd vir hierdie sessies vier tot ses weke voor die groot dag. Dit verskaf die egpaar voldoende tyd om aanbevole aanpassings in hul verhouding te maak met die oog op probleemareas.

Hoeveel afsprake moet gemaak word vir hierdie diens?


Aangesien elke egpaar en hul verhoudings dinamika uniek is word een sessie eers gemaak. Die eerste sessie is gewoonlik 1,5-2 uur lank. Aan die einde van so ʼn sessie word kollektes tussen die berading en egpaar besluit of ʼn volgende afspraak benodig word of nie.

Volg Dr. Lottering vir meer advies:


Jy kan Dr. Lottering volg op Facebook, Instagram en Twitter.  Vir meer inligting, lees meer op sy webtuiste of stuur ʼn e-pos na hom om te boek.  Jy kan hom ook telefonies kontak of per WhatsApp by 083 730 2887.

Artikel Krediet: