Andru & Chané se prettige verlowingsfotosessie

Ons deel graag in dié inskrywing met ons Mooi Troues lesers die prettige verlowingsfotosessie van Andru en Chané.  Hierdie paartjie het ʼn fotosessie gehad om hulle liefde en verlowing saam te vier deur dit vas te vang op spontane foto’s.

Het jy te veel inspirasie vir jou verlowingsfotosessie en sukkel jy om te besluit wat jy wil doen?  Laat Andru en Chané se prettige verlowingsfotosessie vir jou wys dat geen hoeveelheid van idees is ooit te veel nie.  Jy kan hulle almal vasvang!  Andru en Chané se prettige idees vir hulle fotosessie weerspieël so mooi wie hulle is as paartjie en hulle het baie gemaklik vertoon voor die kamera.

Die paartjie is lief daarvoor om die winter saam te spandeer en spontane goed saam te doen.  Vir hulle verlowingsfotosessie het hulle elke aspek hiervan vasgevang en gebruik gemaak van verskillende liggings en uitrustings.  Die paartjie droom ook van hulle troudag wat kom, ʼn intieme feesviering met al hulle naaste mense.

Is jy moontlik besig om jou troudag te reël en is opsoek na betroubare diensverskaffers in jou area?  Gaan na ons Mooi Troues se Trougids, jou een-stop-winkel vir trou diensverskaffers in jou area.  Rol nou al en geniet die foto’s van Andru en Chané se prettige verlowingsfotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het ontmoet in Koggelbaai – Februarie 2017.  Ek was saam met my beste vriendin by ʼn musiekfees en Andru (gelukkig) ook.  Andru sê altyd “met intrap slag was ek verlief …”  Ons het die voorreg gehad om twee keer verloof te wees.  Eerste keer was 2 jaar in 2019 – tweede keer 2021.

Die groot vraag:


2019 – Ons eerste verlowing was verseker ʼn groot verassing op ons vakansie weg in ʼn pragtige hout huisie in die woud by Knysna.  Andru het vroeg die oggend vir ons tee gemaak, musiek aangesit en uitgelok vir ʼn foto (wat toe video was) op die gras – toe ek omdraai om my tee neer te sit, toe kniel hy reeds voor my.

2021 – Andru het my ingewag op ʼn Sondagmiddag in ons huis, vol kerse, op sy knieë met my nuwe ring in sy hand.  Hy het my eerste ring laat smelt en oordoen en weer terug aan my vinger gesit. Hierdie keer verewig.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Chané:

Andru is impulsief en altyd reg vir sy volgende avontuur, geen beplanning is nodig om die beste tyd te hê nie.  Hy gaan uit sy pad om mense te laat lag en doen dit met absolute oorgawe en liefde. Sy energie en vriendelikheid is aansteeklik.  Sy hart bestaan absoluut uit liefde en geduld.

Andru:

Die manier hoe sy met mense praat en omgee is een van haar beste eienskappe.  Sy is altyd kalm en het ʼn goeie sin vir humor.  Beste van alles dat sy my verstaan.  Haar intensies vir die hart is goed en groot.  Haar lag is omvattend en laat my altyd lag.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons wil baie graag volgende jaar trou – ons hou ons opsies oop vir die jaar daarna.  Met KOVID-19 is daar maar baie onsekerheid en wil ons beplanning gemaklik hê sonder ekstra stres.

Die verloofring:


My verloofring se goud is van 3 van Andru se familie lede – my Diamante is van sy ma se trouring en sy pa se Ruby is ook geplaas aan die onderkant van my ring.  Ruby is ook my geboorte steen en ons sien dit as die hart van ons ring.  Ons sien uit om die hartklop te hoor van ons huwelik op ons troudag.  Ek voel dis ʼn voorreg om ons huwelik te verbind en deel te maak van die ring.  Ons is vreeslik opgewonde.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons is so gelukkig verloof en absoluut versot op mekaar.  Ons wou ons verlowing en ons liefde vir mekaar vier en dit vasvang op foto’s.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons is lief vir winter saam met mekaar, sag snoesige drukkies en komberse.  Spontane oomblikke en altyd so iets ekstra (Andru) om jonk en vol gees te bly.  Die fotosessie was ʼn absolute plesier en een van ons beste tye bymekaar buite in ʼn afgeleë plekkie in die natuur.  Ons is lief daarvoor om nuwe plekke te verken en soveel as moontlik in die natuur te wees.  Nog nooit gedink dat ons verlowing fotosessie so gemaklik kon gebeur en alles so perfek uitwerk en in plek val.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk:


Andru:

Ons verwag om die beste troue te beplan en om alles bymekaar te sit soos legkaart stukke.  Een van die grootse dinge is ook om mekaar deur alles steeds oneindig lief te hê – wat ookal vir ons inwag.  Om saam te beplan aan ons groot dag mag dalk sy uitdagings hê – liefde vir mekaar sal ons altyd deur die drif dra.  Daar is nie regtig vrese tussen ons nou nie – soos vinkel en koljander deur elke rofste brander.

Visie vir droomtroue:


Ons beplan ʼn intieme troue met naaste familie en vriende verseker buite in die natuur.  Ons wil ons liefde vier met ʼn lewendige orkes wat saggies speel en tonne “Fairy lights” hoog in die bome met heerlike kos.  Gemaklike atmosfeer met ʼn groot kampvuur en vrolike verhale, kaalvoet dans en lag uit ons maag.  Om vir mekaar die mooiste dag van ons lewens te gun.  Om ʼn blom in mekaar se hart te plant en daar vanaf ons liefde saam te groei.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: