Frik & Joanline se spontane verlowing fotosessie

Frik en Joanline se spontane verlowing fotosessie trek onmiddellik mens se aandag.  Die paartjie lyk so gemaklik voor die kamera en jy kan sien hulle het dit vreeslik baie geniet.  Hulle wou graag foto’s hê as herinnering van hierdie wonderlike tydperk van hul lewe saam.  Dan het hulle ook van die foto’s gebruik vir hul trou-webbladsy en ook hul -uitnodigings.

Hulle verlowing fotosessie was in een van Suid-Afrika se oudste sportklubs gedoen.  Die argitektuur is die perfekte agtergrond vir Frik en Joanline se oulike verlowing fotosessie.   Hulle albei hou baie van die sportklub se argitektuur en daarom het hulle die plek gekies vir hul fotosessie.  As jy ʼn verlowing fotosessie beplan, dink altyd aan die plek waar jy wil neem eerste of die tema van die fotosessie.  So sal dit jou help om beter te beplan.

Paartjies wat ʼn verlowing fotosessie beplan is altyd opsoek na inspirasie.  Rol af om te kyk na Frik en Joanline se spontane verlowing fotosessie foto’s en meer te lees oor hulle liefdes reis.  As jy ander verlowing fotosessies wil sien, besoek ons verlowing fotosessie kategorie.  Daar sal jy tonne verlowing fotosessie inspirasie vind.

Frik & Joanline se spontane verlowing fotosessie

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het mekaar die eerste dag van ons eerstejaar ontmoet by Stellenbosch Universiteit.  Ons albei onthou hierdie dag baie goed.  Hy se hy was dadelik verlief, maar ek is nie so seker nie.

Deur die loop van die kwartaal het ons mekaar beter leer ken en het ons albei gehoop dat dit in meer as net ʼn vriendskap ontwikkel.

Ses maande na ons eerste ontmoeting was ons amptelike ʼn paartjie en 6 jaar daarna, op die dag, is ons verloof.

Frik & Joanline se spontane verlowing fotosessie

Die groot vraag:


As jy vir Frikkie vra, sal hy sonder skaamte erken dat ek al van ons 2de jaar skimp om te trou.

Die verlowing self was ʼn groot verrassing.  Die dag wat veronderstel was om ons 6 jaar herdenking te wees het toe ontaard in ʼn verlowing.

Ons het saam beplan om by Sewe Damme Natuurreservaat in Bloemfontein ʼn piekniek te hou.  Hy het vooraf met sy broer gereël om die piekniek gereed te kry en onder andere blomme en sjampanje daar te los. Met ons aankoms was ek baie verras en gedink dis vir ons herdenking.

Frikkie het ʼn fotoalbum, wat hy vir my 21ste gemaak het, uit my woonstel gesteel en nog foto’s by gelas. Aan die einde van die album het hy vir my ʼn gedig geskryf en die gedig afgesluit deur om op sy knieg te gaan en my te vra om te trou.  Dit het ʼn oomblik gevat voordat ek besef wat werklik gebeur.  Daarna het die feesvieringe begin.

Frik & Joanline se spontane verlowing fotosessie

Hoekom ons mekaar liefhet:


Frikkie:

ʼn Paar van my gunsteling eienskappe van Joanline is haar goedhartige eerlikheid waarop ek altyd kan staatmaak, haar aanhoudende omgee wat my bemoedig, haar geesdriftige benadering tot die lewe, maar veral haar sterk geloof wat altyd vir my ʼn voorbeeld is.

Joanline:

Ek het verlief geraak op Frik se standvastigheid, waardes en sy vermoë om ander bo homself te stel.  Hy is ʼn plat op die aarde man wat nooit nee sê vir ʼn uitdaging of om ander te help.  Sy geloof inspireer my en weet ek dat hy God altyd te midde ons verhouding en huwelik sal hou.

Frik & Joanline se spontane verlowing fotosessie Frik & Joanline se spontane verlowing fotosessie

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons sal 7 maande verloof wees voor ons trou.

Die verloofring:


Ons het na ringe gaan kyk vroeg in die jaar en het ek geweet waarvan sy hou.  Verder was dit ʼn verrassing en was sy nie betrokke by die ontwerp of maak van die verloofring nie.  Joanline was baie verbaas dat ek die dag met die verlowing ʼn ring gehad het.  Gelukkig hou sy baie daarvan.

Ek het ʼn ovaal diamant gekies as die hoofsteun wat geset is in platinum.  Die fyn pand is afgerond met klein diamantjies.

Frik & Joanline se spontane verlowing fotosessie

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons wou graag die foto’s gebruik vir ons uitnodiging en webbladsy, maar ook vir herinneringe.

Dit was die perfekte geleentheid om die fotograaf, Leani, te leer ken voor die troue.  Ons stel dit voor vir alle paartjies.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons troufoto’s sal hoofsaaklik buite en in die natuur geneem word en ons wou iets anders doen vir ons verlowings foto’s.

Ramblers Sportklub is een van die oudste sportklubs in die land. Die klub se unieke en besonderse argitektuur en oorspronklike styl is deur die jare behou. Daarom het ons albei gedink dit sal die perfekte plek wees om die verlowings foto’s te neem. Leani het die prag van die gebou in ons foto’s goed vasgevang.

Visie vir droomtroue:


Vandat ons met die beplanning begin het, het ons probeer om nie meegevoer te raak met die kleinighede nie.  Ons probeer om te fokus waaroor die dag werklik gaan.  Ons wil die dag eenvoudig hou, lekker kuier, lekker eet en dit saam met ons familie en vriende geniet.

KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:


KOVID19 en die nagevolge daarvan skep baie onsekerheid wat reëlings kan vermoeilik.  Ons het egter besluit om op dit te konsentreer waaroor ons beheer het.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: