Hannes & Danelle se plaas verlowing fotosessie

Hannes en Danelle is ‘n baie mooi paartjie en ons is opgewonde om hul plaas verlowing fotosessie met Mooi Troues se lesers te deel.

Hulle sou amper nie ontmoet het sou Danelle nie haar planne verander het nie.  As jy kyk na die plaas verlowing fotosessie foto’s sal jy kan sien die verliefdheid tussen die paartjie is net so sterk soos daai oomblik toe hul mekaar die eerste keer gesien het.  Hulle liefdes verhaal is baie interessant en gaan oor kanse neem en vasbyt.

Geniet die plaas verlowing fotosessie en paartjie se storie.

plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie Danelle & Hannes_0014 plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie Danelle & Hannes_0020


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ek was rustig by die huis die Saterdag toe ‘n vriend my vra of ek nie saam met hom na een van sy vriende se Afskeid Partytjie toe wil gaan nie.  Ek moet eerlik sê, ek was glad nie lus vir uit gaan saam met die vriend nie.

Die aand kom hy my toe optel my my huis en ons is op pad plaas toe.  Met die aankoms op die plaas was ek maar lekker op my senuwee omdat ek niemand geken het nie.

Soos ek om die hoek van die gang loop kom Hannes in die gang af.  Dit was sowaar liefde met die eerste oogopslag!  Ek was dadelik verlief en kon die hele aand nie my oë van hom af hou nie.  Hannes het eers gedink ek en sy vriend het iets aangehad, maar ek het dit duidelik gemaak dat ons glad nie in ‘n verhouding was nie.

Later die aand het ek en Hannes begin gesels.  Hy het vir my gevra of ek weet hoe werk sy nuwe Blackberry, daai tyd was BBM hoog mode.  Ek gebruik toe die kans om myself op sy BBM te sit net om te demonstreer hoe dit eintlik werk.  Die aand gaan toe verby en ons is huis toe.

Die volgende oggend het ek wakker geword met ‘n BBM van hom af wat gevra het “Slaap jy nog?” min wetend het ek geweet daai dag praat ek met my man.  So is hy toe Amerika toe en ons het kontak gehou.  Hy het gedink ek gaan van hom vergeet en aan beweeg … Nee dit was nie my plan nie ek het vir hom gewag en toe hy na 3 maande terug keer het ons weer mekaar gekontak en opgevang.


plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie


Hoe het julle verloof geraak?

Dit was Desember 2012 met my verjaarsdag toe Hannes besluit om my weg te vat vir die naweek na Klipskuur.

Ons het vertrek die Vrydag middag na Klipskuur net vir ‘n wegbreek.  Met die aankoms by die plekkie was ek heel in my skik met die mooi natuur skoon en die stilte wat my omsingel. Nadat ons die natuur bekyk het besluit ons om af te pak en rustig te raak.  Soos ek die deur oop maak van die huisie kom ek af op ‘n tafel met sjokolade, verskeidenheid kase, vye, vrugte en ‘n bos Rooi Rose.  Ek raak toe bietjie agterdogtig maar sy verskoning was als is vir my verjaarsdag die Saterdag. Ons kuier toe die Vrydag aand rustig om die kampvuur en gaan kruip toe later in.

Die oggend van my verjaarsdag word ek 6 uur wakker gemaak met ‘n stem wat sê koffie op die stoep ek moet gou maak voor die son op is.  Slaapklere en al is ek toe op en gaan uit op die stoep. Voor my is dieselfde tafel met rose ens. toe uit gedra op die stoep.  Ons sit rustig en drink ons koffie terwyl ek nou wonder wat gaan ek kry vir my verjaarsdag.

Met dié kom hy nader met ‘n Rooi Roos in sy hand en sê “Ek het nou nie iets vir jou gekoop vir jou verjaarsdag nie, maar hier is vir jou ‘n Rooi Roos!”.  Soos hy toe vir my die roos gee gaan hy op sy knee haal die ring uit sy sak uit en vra my “Sal jy asb met my verloof wees??”.  Ek was stom geslaan en kom net “JA!!” uit kry tussen al die trane.   Dis hoe ek en die liefde van my lewe verloof geraak het.


plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie Danelle & Hannes_0038 Danelle & Hannes_0039 Danelle & Hannes_0040


Wanneer beplan julle om te trou?

Ons het beplan om die 9 Oktober 2015 te trou en is nou tans baie gelukkig getroud as Mnr en Mev Olivier.


plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Aline Photography