Megan & Matthew se wylandgoed troue

Megan en Matthew het by die gesogte Vondeling Wines in Paarl getrou,  nadat Matthew se planne om vir Megan te vra om te trou lelik skeef geloop het.  Die spog troue vas bymekaar gesit met die hulp van vriende en familie.  Dit gee nuwe betekenis aan ‘n self doen troue.

Kompleet met grasdak, hoë toring, gebrandskilderde vensters en kerk klokke, sal St Clement  ‘n troue in die Wynland onvergeetlike maak. Die kapel is gerieflik geleë langs die funksie lokaal en omring deur die rollende grasperke, ‘n pragtige tuin, wingerde en skouspelagtige uitsig van die Paardeberg en omliggende platteland. Huweliksonthaal kan gevier word in die funksie lokaal, wat minimalisties elegansie bied met ‘n tikkie van Kaapse platteland styl. In die winter, sal ‘n brullende kaggel jou en jou gaste warm en knus  hou. In die somer, kan onthale aangebied word op die skadu stoep of op die grasperke onder ‘n markies tent.Stationery_0001

Stationery_0002 Stationery_0003 Stationery_0004 Stationery_0005 Stationery_0006


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons het amptelik mekaar ontmoet by ‘n gesin braai twee jaar gelede.  Die families gaan ‘n lang pad terug – twee geslagte.  Toe ons kinders was, het Matt vir my geloer op die hokkieveld in graad 7 en later my raakgesien by ‘n gemeenskaplike vriend se verjaardagpartytjie – ek egter onbewus gebly van sy blik totdat die tyd reg was.


Stationery_0007 Stationery_0008 Stationery_0009 Stationery_0010 Stationery_0011 Stationery_0012 Stationery_0013 Stationery_0014 Stationery_0015 Stationery_0016 Stationery_0017


Hoe het julle verloof geraak?

Matt het beplan om voor gestel op ‘n staptog in die Harold Porter Tuine die Saterdag van die Paasnaweek … maar die plan het nie gewerk nie.  Die Donderdag het hy die ring by die werk ontvang, maar het tot die einde van die dag gewag om na die ring te loer.  Sy suster, wat studeer in Amerika, het gevra vir ‘n foto om dit te sien en so het Matt na ‘n raadsaal geglip om ‘n foto te neem.  Nes hy wou druk om die foto na sy suster te stuur het ek hom laat weet ek wag vir hom buite en het hy per ongeluk die foto na my gestuur i.p.v. sy suster.

Ek het gedink dit was vir ‘n kollega van Matt en dat Matt net my opinie wou hê.  Nog in die raadsaal, tap die sweet Matt af, terwyl hy besluit wat sy volgende stap moet wees. Hy het besluit om die oomblik te benut en buitentoe gehardloop en op sy knie gesak in die werk se parkeerterrein, langs die Liesbeeckrivier.  Hy het daar en dan my gevra om te trou tot my verbasing!


Stationery_0018 Stationery_0019 Stationery_0020


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Twee weke kort van ‘n jaar.


Stationery_0021 Stationery_0022 Stationery_0023 Stationery_0024 Stationery_0025 Stationery_0026


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Ek dink paartjies word so oorweldig deur die miljoene keuses en besluite wat gemaak moet word vir die voorbereiding van hul troudag.  Dat hulle nie die verlowing periode geniet nie.  Ons raad sal wees om die troue eenvoudig te hou.  Hou die tradisies wat julle pas as ‘n paartjie en laat die res gaan.


Stationery_0027 Stationery_0028 Stationery_0029 Stationery_0030 Stationery_0031 Stationery_0032 Stationery_0033 Stationery_0034 Stationery_0035 Stationery_0036 Stationery_0037 Stationery_0038 Stationery_0039 Stationery_0040 Stationery_0041 Stationery_0042 Stationery_0043 Stationery_0044 Stationery_0045

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Venue: Vondeling Wines
  • Spyseniering: Kings Caterers
  • Koek: Cupcake Tart
  • Trou rok en Strooi Meisie Rokke: Anna Anderson (My super-talentvolle ma)
  • Fotograaf: Leani Holmes
  • Musikante: Familie en Vriende
  • Blomme: Blomme van Alsmeer en deur moeder rangskik
  • Dekor: Functions 4 u
  • Skryfbehoeftes: Bruid