Tim & Karlien se troue

Jy mag dalk Tim en Karlien se oulike verlowing fotosessie onthou wat ons gedeel het. Nou deel ons die paartjie se prettige troue met jou.  Anke Bester het die pragtige paartjie se troue afgeneem. Anke het dit net in haar om haar kliënte lekker gemaklik te laat voel voor die kamera en die mooiste oomblik te verewig met haar fotografie talent. Lees meer oor die oulike paartjie se liefdes verhaal onder en wees verseker daarvan dat jy die foto’s sal geniet.



Hoe het julle ontmoet?

Ek het vir Tim se suster gewerk. Ek het na ‘n Autistiese engeltjie Ethan gekyk. Sy ‘skool tyd’ was ingerig by Tim en sy ouers se besigheid.

Die eerste keer wat ons rerig gesels het was toe ek een aand na Ethan gekyk het toe hulle almal uit was. Hy was siek gewees en het vroeer huis toe gekom.



Hoe het julle verloof geraak?

Tim het ‘n hele naweek in die Kaap beplan, ek was onder die indruk ons gaan net vir die naweek weg omdat hy Die Bruger fiets toer kom ry het. Ons het die Vrydag aand in Pepperclub Hotel en spa oornag en hy het my verras die Saterdag oggend met n Spa sessie by die hotel. Ons het daarna gaan onkopies doen waar ek kon koop soos ek lus was.

Die Saterdag was ons Franschhoek toe vir die Cap Classique and Champagne festival . Die aand het ons in die Lord Charles Hotel geslaap waar hy my gevra het om te trou.



Advies aan ander paartjies:

Geniet net elke liewe oomblik saam. Tyd saam is so kosbaar. As ware Liefde by jou voordeur klop, loop selfsugtigheid by die agter deur uit. As dit nie die geval is nie, is dit nie jou siels genoot nie.

Advies vir die trou beplan. Moenie eerste beste maatskappy gebruik nie.  Trou is persoonlik, gebruik mense met wie jy gemaklik oor die weg kom en wat jou unieke styl en smaak respekteer.



Diensverskaffers: