Helder blomme op Swart gestileerde fotosessie

By Mooi Troues wil ons graag met ons lesers tonne inspirasie vir jou troue deel;  In dié artikel deel ons onkonvensionele kleur skema vir ʼn troue.  Swart en donker kleurige trou dekor items maak ʼn groot bohaai is die binnehuis versiering bedryf.  Hoekom kan jy nie jou geliefde helder blomme op swart agtergrond implementeer by jou groot dag nie?  Ons glo as jy hierdie inspirasie by jou troue gebruik, sal dit nie net deftig lyk nie, maar sal jou gaste vir maande, indien nie jare, na jou groot dag oor jul keuse van trou kleur skema praat nie.

Die fotograaf, Nicolene Meyer, het die idee uitstekend vasgevang en Jené het soos ʼn moderne Sneeuwitjie gelyk in ʼn Swart rok met kant detail om die bolyf.  Gerjo het ook baie dapper gelyk in ʼn klassieke Swart pak.

Moenie verder wag nie!  Rol af en kry en tonne inspirasie vir jou droomdag.

Wie het die fotosessie gereël?


Die grimeerkunstenaar Minette het die fotosessie gereël, maar die hele span het insette gelewer en saamgewerk om hierdie pragtige fotosessie te skep.

wedding photographers johannesburg wedding photographers johannesburg wedding photographers johannesburg

Inspirasie agter die fotosessie?


Die inspirasie vir die fotosessie het begin by die pragtige, moderne dekor van Mooikrans.  Die swart en goue ligte met die botaniese tema loodglaswerk leen homself perfek vir die dramatiese, tog elegante styl van die fotosessie.  Ons het besluit op ʼn swart trourok, want ons leef in ʼn era waar individualiteit en oorspronklikheid gevier behoort te word. Die skryfbehoeftes het die donker elemente pragtig met die botaniese elegansie gekombineer.  Goue en swart dekor het die pragtige blomme en geometriese vorms perfek gekomplimenteer.  Jené se haarstyl is gekies om die vloeiende lyne en dramaties “v” riglyn van die rok te aksentueer.  Haar grimering was dramaties, maar steeds elegant en klassiek.  Die rooi lippe het pragtig ingeskakel by die diep donker rooi van die handruiker en blommekrans.

wedding photographers johannesburg wedding photographers johannesburg wedding photographers johannesburg wedding photographers johannesburg wedding photographers johannesburg

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Nie net was hierdie regtig ʼn wonderlike span om mee saam te werk nie, maar dié fotosessie was voorwaar ʼn viering van elkeen wat betrokke was se kreatiwiteit en unieke, spesiale talente.  Dit is wat sulke fotosessies so spesiaal maak – elke  persoon kan hom- of haarself absoluut uitleef in hul passie en die pragtige eindproduk van hierdie fotosessie is die resultaat daarvan.

wedding suits wedding suits wedding suits wedding suits wedding suits wedding photographers johannesburg wedding photographers johannesburg wedding cakes

Wat was die spesiaalste deel van die fotosessie?


Van die eendjies wat op die stoep kom bedel het vir iets te ete, tot ons manlike model wat op die leer gestaan het om sy fotografie “vaardighede” uit te toets, was daar net nooit ʼn vervelige oomblik nie.  Daar was ʼn hele paar “hoendervleis” oomblikke tydens die fotosessie.  Wat regtig spesiaal was, was om te sien hoe elkeen saamgewerk het en bygedra het tot die sukses van die fotosessie.

wedding photographers johannesburg wedding photographers johannesburg wedding photographers johannesburg

Advies aan paartjies wat die inspirasie wil volg.


Moenie bang wees om iets buitengewoons te probeer nie – hierdie is tog ʼn viering van julle as ʼn unieke paartjie!  Kies ʼn span diensverskaffers wat jul visie oor jul spesiale dag met julle deel en saam daaroor opgewonde kan raak.  Hou dit stylvol, speel met idees en geniet elke oomblik!

wedding suits wedding suits wedding photographers johannesburg wedding photographers johannesburg wedding photographers johannesburg wedding suits wedding photographers johannesburg

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: