Groente geïnspireerde spyskaart

Ons deel vandag ‘n baie oulike groente en organies geïnspireerde spyskaart ontwerp wat Lezanne’s Designs ontwerp het. Hierdie eenvoudige, maar baie kreatiewe spyskaart het Lezanne’s Designs ontwerp vir die Top Vendor Wedding Award netwerk sessie wat ons Maandag gedeel het. Ons dink dit kan perfek werk vir enige tiepe troue. Die illustrasie en ontwerp bo aan die spyskaart en die donkerder kleurskema trek ‘n mens se aandag onmiddellik. Hierdie kleure sal ook baie mooi werk vir ‘n Winter troue. Dankie  Karina Conradie vir die mooi foto’s.

Skryfbehoeftes_0001
Skryfbehoeftes_0002 Skryfbehoeftes_0003 Skryfbehoeftes_0004 Skryfbehoeftes_0005

Meer oor Skryfbehoeftes op Mooi Troues


Trou skryfbehoeftes speel ‘n belangrike rol in jou troudag.  Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers.  Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf.  Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuutste tendense.  Mooi Troues het ‘n groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn, wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.

Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry.  Wanneer gaste die venue binnekom, is die eerste dinge waarna hulle soek die sitplekkaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels.  Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet.  Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.

Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag?  Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn.  Elke  bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.

Ons het ook ‘n groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar.  Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik.  Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.

Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items.  Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, klik hier om ons Trougids te besoek.

Skryfbehoeftes_0006


Krediet: 

Skryfbehoeftes: Lezanne’s Designs | Fotografie: Karina Conradie