JP & Jenny se Kaapstad fotosessie

Hierdie paartjie se fotosessie lyk amper soos ‘n foto dokumentêr van ‘n ontspanne dag in hul lewe.  Van kussing-gevegte tot ontspanne staptogte in die strate van Kaapstad bied die fotosessie alles, plus ‘n paar foto’s van hul besonderse fraai hond!  Die paartjie vertel ook in die artikel hoe hul vriendin, die fotograaf, hulle op hul gemak laat voel het wat definitief ook bygedra het tot hoe mooi die foto’s uitgedraai het.  Die paartjie lyk sjiek, maar tog gemaklik in hul kleredrag en het ‘n eklektiese gevoel saam met die Kaapse strate.  As jy in Kaapstad bly, is hierdie beslis ‘n fotosessie om deur te kyk voor jy jou fotosessie begin beplan en as inspirasie te gebruik!

Hoe het julle ontmoet?


Ons het een Desember vakansie op Struisbaai ontmoet waar Jen saam met familie elke jaar vakansie hou.  Geen vakansie-romanse nie; net ‘n lekker groep vriende wat besef het ons kom almal “van die Kaap” af.  Dit was hoërskool-dae.  Ons het eers eerste jaar van universiteit begin uitgaan – ‘n baie lang tyd gelede!

Hoe het julle verloof geraak?


Ons verlowing was ‘n groot verrassing vir Jenni.  Sy het niks geweet of verwag nie. JP het ‘n jaar lank gesoek na die perfekte ring, sonder enige leiding van Jenni.  JP het egter die hulp van Jen se “bestie” asook Dear Rae (Jen se gunsteling juweliers ontwerper) ingeroep en na ‘n jaar se soek uiteindelik die mooiste rou diamant uit Hongkong laat kom waarmee Dear Rae ‘n ongelooflike en unieke “een van ‘n soort” gemaak het.  In Jen se woorde “dis letterlik die mooiste ding wat ek al ooit gesien het”.

Haar verkose alternatief tot ‘n ring was van die begin af eintlik ‘n perd.. JP moes redelik buite die boks dink!

Wat was die inspirasie vir die fotosessie?


Die fotosessie het half onverwags, maar natuurlik gebeur.  Nelani van Zyl (‘n ou studente vriendin en kollega van Jen) het ons gekontak en gevra of ons sou belangstel in so iets.  Ons albei is redelike plat-op-die-aarde mense en so iets is nie iets wat ons uit ons eie maklik sou doen nie, maar Nelani was gemaklik en soveel pret; om nie te praat van talentvol!  Ons wou dit so informeel en “normaal” as moontlik hou.  Die weer was die dag bietjie teen ons; so ons het sommer op ingewing van die oomblik by ons huis begin en toe ‘n bietjie in die buurt rondgestap.

Vertel ons meer van jul droom troue


Ons is een van die min paartjies wat eerlikwaar nie ‘n “droom troue” het nie.  Soos met die fotosessie is die ” glits en glam” nie vreeslik hoog op die prioriteitslys nie; maar eerder ‘n gemaklike en lekker kuier met ons gunsteling mense.  Ons is nie vreeslik haastig om te begin beplan nie; maar dit sal seker op die ou end meer die vorm van ‘n partytjie in neem eerder as ‘n “troue-troue”.  Ons dink “kos-trok” en bier tipe kuier!  Want wie geniet nie goeie “straat-kos” en lekker geselskap nie!?

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: