Natuurlike Groen & Wit Gestileerde Trou Inspirasie

ʼn Vars gestileerde trou inspirasie vir ʼn vars 2021!  Die blomme en dekor van ʼn funksie is altyd een van die mooiste aspekte van die dag, maar wanneer daar egter simboliek agter die dekor is, is dit selfs nóg meer spesiaal!  Dié groep diensverskaffers het op ʼn natuurlike groen en wit gestileerde trou inspirasie besluit om hul boodskap van ʼn nuwe begin oor te dra.

Natuurlike lig stroom in by hierdie pragtige venue, wat ʼn vars gevoel aan die foto’s gee.  Die venue is ingekleur met hope groenigheid en wilgertakke om nuwe hoop en ʼn nuwe begin te simboliseer.  Omdat die teenwoordigheid van natuurlike lig die tema net soveel meer aanvul, is dit die perfekte inspirasie vir ʼn oggend/ middag-troue.

Boonop is hierdie tipe styl ook bekostigbaar, omdat groenigheid nie so duur soos blomme is nie.  Ons dink beslis dit is ʼn wen-wen en die perfekte tema vir ʼn 2021 troue!

Rol af vir foto’s van hierdie pragtige natuurlike groen en wit gestileerde trou inspirasie.

Wie het die fotosessie gereël?


Monica van Lakeland’s het die fotosessie gereël.

Inspirasie agter die fotosessie:


Die inspirasie agter die fotosessie was ʼn skoon nuwe begin na die inperking en donker tye wat ons in 2020 beleef het.  Ons wou die feit dat daar altyd lig is aan die einde van die tonnel uitbeeld met skoon wit lyne en vars nuwe drome.

Venue en Ligging:


Die venue is gekies omdat die lente perfek hier uitgebeeld word; Nuwe groen blare en blomme en baie natuurskoon.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Die diensverskaffers het elkeen ʼn uitsonderlike styl en unieke talent vir die spesifieke industrieë.  Ons het talente saam gesit wat mekaar komplimenteer en ʼn eenheid vorm.

Agter die skerms van die fotosessie:


Net toe ons die fotosessie moet begin, het daar het ʼn groot reën storm uitgebreek.  Ons het eers foto’s saam met die dekor geneem, maar toe die weer opklaar het ons vinnig afgegaan na die rivier toe.  Ons was net betyds klaar met die foto’s voordat dit weer begin reën het.  Die dramatiese wolke het egter gelei tot fantastiese dramatiese foto’s!

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Ons modelle was puik!  Dit het die fotosessie só maklik gemaak.  Alles het so mooi saam gewerk – die dekor, die uitrustings en die dramatiese wolke.  Dit was eenvoudig net ʼn baie lekker fotosessie!

Dekor:


Daar is besluit op ʼn vars voorkoms vir die fotosessie om die wit en ligte gevoel van die venue te aksentueer.  Die skerp groen van die wilgertakke komplimenteer die skoon wit en bring die pragtige natuurskoon van die venue by die rivier na vore.

Kleurskema:


Na ʼn moeilike 2020 wou ek die gevoel van ʼn vars nuwe begin uitbeeld.  ʼn Wilgerboom se takke simboliseer die balans, harmonie en groei wat ons deur storms van die lewe beleef. Die wilgerboom gee ons hoop – ʼn gevoel dat ons behoort en veilig is.  Dit wys ook na ons vermoë om die pyn en sukkel van 2020 agter te laat.  Dit simboliseer om te groei en sterker aan die ander kant uit te kom.

Trourok en bruidegom pak:


Vir die trourok het ek ʼn kombinasie van kleure ingebring met die lae van die romp asook die kristalle, wat ʼn pienk en sjampanje ondertoon het.  Die venue was spierwit, so ek het besluit om weg te breek van die tradisionele wit/ivoor trourok.  Die pak was gemaak om die die pienk in die rok te komplimenteer met ʼn skakering van groen wat vars en sag is.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Somtyds is die gesegde ‘minder is meer’ tog die waarheid.  Hou dit eenvoudig en intiem.

Klik hier vir diensverskaffers

  • Fotograaf: NightOwl Media
  • Blomme + Dekor: Zetties Daydreams – Suzette
  • Trourok + Bruidegom-pak: Marilize Brand
  • Grimering: The Glitterpot Make-up Artistry
  • Hare: Leana Joubert
  • Venue+ Troukoek: Lakelands Strawberry Farm – Monica
  • Koördineerder: Content Digital Marketing Agency – Madelie
  • Modelle: Tasha & Hannes Odendaal