Rudi & Elize se Waterfront fotosessie

Die paartjie blom van geluk en Mooi Troues kan net nie genoeg hiervan kry nie!  Rudi en Elize se verlowings fotosessie is die perfekte balans tussen dokumentêr-styl en portret fotografie vir paartjies wat nie net aksie-skote wil hê nie, maar ook hier en daar ‘n portret-tipe foto soek.  Rudi en Elize lyk gemaklik, iets om ingedagte te hou wanneer jy gaan rondbeweeg tydens jou fotosessie, en het slim gekies om neutrale kleur klere te dra wat nie oorweldigend lyk op fotos nie.  Hulle het oulik te werk gegaan met die areas waar hulle geskiet het en al die mooi dele van die Waterfront gebruik om die stadslewe waarvoor beide so lief is uit te beeld. Die fotos met hul roomys is ook baie oulik asook die skemer fotos wat pragtig uitgekom het tesame met die liggies!  Ons hoop hierdie fotosessie laat julle geïnspireer en gereed vir jou eie fotosessie.

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Reeds van n vroeë ouderdom kuier Rudi by familie in Yzerfontein. Min wetend dat Elize en haar familie ook op Yzerfontein vakansie hou. Op 26 Desember 2015 het Marelize, Elize se suster, haar aan Rudi by ‘n Anton Goosen konsert voorgestel. Alreeds toe het Rudi besluit dat hy graag Elize se hart wil wen. Rudi se vriendelikheid en spontane persoonlikheid het dadelik Elize se aandag getrek. Rudi het Elize as ‘n baie energieke en gemaklike mens ervaar.

Hoe het julle verloof geraak?


Rudi het die verlowing noukeurig beplan ek was salig onbewus oor hoe die naweek by vriende in Vredenburg sou uitdraai. Rudi het gesê dat ons die Sondag ‘n familie-braai sou bywoon op ‘n plaas buite Vredendal. Hy het plek bespreek by ‘n plek wat ek graag wou besoek het, West Coast Luxury Tents. Hy het ‘n piekniekmandjie gepak met al ons gunsteling eetgoed, insluitend oesters en sjampanje. Hy het toe die ring-boksie sorgvuldig tussen die oesters geplaas en my gevra om vir ons elkeen ‘n oester aan te gee.

Wat was die inspirasie vir die verlowings fotosessie?


Ons woon en werk albei in Kaapstad. Ons is mal oor die stadslewe en het besluit dat die Waterfront die leefstyl mooi vasvang.

Waneer is jul troudag?


Ons trou 31 Maart 2018 te Vrolikheid in Tulbagh. Dit gaan ‘n heerlike informele tuin troue wees. By die onthaal kan die gaste vrylik sosiaal onder die sterre aan tafels of op banke en piekniek komberse verkeer.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: