Gert & EunJi se verlowing fotosessie in die Atlantis Duine

Gert en EunJi het per toeval in die besige strate van Singapoer mekaar vir die eerste keer gewaar.  Hulle liefde het vlam gevat en Gert het agt jaar later vir EunJi in ʼn tradisionele huisie in Korea, in die middel van ʼn sneeustorm, gevra om te trou.  Hul lewenspad het hul Kaapstad toe gebring en vandag deel ons hul asemrowende verlowing fotosessie in die Atlantis duine.  Hierdie nimmereindigende spierwit sandduine is die perfekte agtergrond vir ʼn romantiese fotosessie.  Die duine was ook al menigmaal gebruik vir verskeie flieks en advertensies, dus kan ons met sekerheid sê dat dit enige fotograaf se droom is om modelle op hierdie bekende landskap af te neem!

Met só ʼn mooi omgewing én ‘n pragtige verliefde en verloofde paartjie, kan verlowing foto’s niks minder as asemrowend uitkom nie!  Rol af vir foto’s van Gert en EunJi se verlowing fotosessie in die Atlantis Duine.

engagement on atlantis dunes cape town engagement on atlantis dunes cape town engagement on atlantis dunes cape town

Paartjie se Liefdesreis


Ons albei het in Singapoer in die buiteland studeer.  My beste vriendin, Lihn, se kêrel was op ʼn tyd ‘n vriend van Gert.  Lihn het besluit ons sal n goeie paartjie maak en het ʼn plan bewerk sodat ons ontmoet.  Lihn het eers vir my van Gert vertel, maar in haar sterk Viëtnamese aksent het Gert se naam geklink soos “dirt,”  Ons eerste ontmoeting was by Orchard straat in Singapoer.  Terwyl ek en Lihn in die area rondloop, het ek ʼn lang ou gesien wat na my toe stap.  Toe hy nader kom, het Lihn geskree: “that’s Dirt!”  Die kanse om in daardie omstandighede te ontmoet is nogal skaars en baie spesiaal.

engagement on atlantis dunes cape town engagement on atlantis dunes cape town engagement on atlantis dunes cape townengagement on atlantis dunes cape town engagement on atlantis dunes cape town

Die Groot Vraag


Gert het my in Korea gevra om te trou terwyl ons in ʼn tradisionele vakansie huisie oorgeslaap het.  Die huisie was sonder krag, soos mense honderde jare terug gebly het.  Ons het na die huisie toe gestap deur ʼn sneeustorm; Dit was vreeslik koud!  Alles om ons was wit.  In die warm huisie, was daar tradisionele hoender bredie wat op die vuur gaargemaak was en vir ons gewag het.  Ek was so honger, ek het dadelik begin eet!  Terwyl Gert my vra om te trou, het ek met ʼn mond vol kos ja gesê!

engagement on atlantis dunes cape town engagement on atlantis dunes cape town engagement on atlantis dunes cape townengagement on atlantis dunes cape town engagement on atlantis dunes cape town engagement on atlantis dunes cape town

Hoekom ons mekaar liefhet


Gert:

EunJi is geduldig en het altyd empatie.  Sy het die vermoë om die beste in mense te sien, selfs al besef hulle dit nie.  Sy kan na ʼn situasie of probleem kyk en ongelooflike insig gee.  Selfs na tien jaar saam, is sy al waaraan ek heeltyd dink.

EunJi:

Gert is oulik regtig baie oulik.  Hy plaas my altyd eerste voor enigiets.  Hy sorg vir my as ek sleg voel en in sy arms voel ek altyd veilig en beskut.  Maar die meeste van alles, hou ek van wie ek is wanneer ons saam is.  Ek voel gelukkiger en sterker saam met hom.

engagement on atlantis dunes cape town engagement on atlantis dunes cape townengagement on atlantis dunes cape town engagement on atlantis dunes cape town engagement on atlantis dunes cape town engagement on atlantis dunes cape town

Verloofring


Gert het ʼn kabel-binding gebruik om my vinger te meet terwyl ek slaap.  Hy het na elke juwelierswinkel in die Kaapstad gegaan om die perfekte ring te vind.  Gert het besluit om nie ʼn diamant te kies nie, maar eerder om vir Tanzaniet te gaan.  Tanzaniet is baie skaars en dit is my gunsteling kleur.

engagement on atlantis dunes cape town engagement on atlantis dunes cape townengagement on atlantis dunes cape town engagement on atlantis dunes cape town engagement on atlantis dunes cape town

Rede vir die verlowing fotosessie


Verlowings-foto’s was noodsaaklik!  Dit het twee doeleindes gedien – om die fotograaf te leer ken, asook om bietjie pret te hê voor die troue.  Die paar maande voor die troue was baie besig en stresvol!  Dit was ook ʼn geleentheid vir ons om intieme foto’s te neem van ons saamwees tye.

engagement on atlantis dunes cape townengagement on atlantis dunes cape town engagement on atlantis dunes cape town engagement on atlantis dunes cape town engagement on atlantis dunes cape town

Inspirasie agter die verlowing fotosessie


Lizel is ‘n ongelooflike fotograaf en het vir  ons ʼn lys met plekke gestuur wat aanbeveel vir die fotosessie.  Toe ons Atlantis duine sien, was ons mal oor die idee!  Dit was uniek, avontuurlik en die idee van wit sand weerspieël die vryheid van ons persoonlikhede.

engagement on atlantis dunes cape town engagement on atlantis dunes cape town engagement on atlantis dunes cape town engagement on atlantis dunes cape town

Klik hier vir diensverskaffers