Wesley & Bianca

Ouens van vandag moet besef dat al wat jy kort om daardie oulike meisie se hart te wen, is net ‘n mooi glimlag en goeie hart.  Sodra hul tot hierdie besef kom sal daar baie meer gelukkige paartjies wees wat weet dat lag ‘n belangrike element in ‘n verhouding is.

Ons het baie van Wesley en Bianca se verlowing fotosessie gehou wat by Harmonie Proteas geneem was.

wesley-bianca_0001wesley-bianca_0002 wesley-bianca_0003 wesley-bianca_0004 wesley-bianca_0005 wesley-bianca_0006 wesley-bianca_0007wesley-bianca_0008

Vertel ons van jul Ontmoeting?


Ek het een dag in die winkel geloop waar Wesley gewerk het, en vir hom was dit “liefde met die eerste oogopslag”!.  Hy het gedink ek was die “mooiste” meisie ooit en hy kon nie wag om my te leer ken nie… Vir my was dit ‘n baie skrale, vreemde man.  Hy het my vir drie maande gejag en aanhou vra om saam met hom net n koffie te gaan drink.  Ek het uiteindelik in gegee en op ons eerste afspraak het ons gaan ten pin bowling speel.  Daar het hy my hart gesteel met sy goeie hart en mooie glimlag.  Ons is nou in Mei 5 jaar saam.

wesley-bianca_0009 wesley-bianca_0010 wesley-bianca_0011 wesley-bianca_0012 wesley-bianca_0013 wesley-bianca_0014 wesley-bianca_0015 wesley-bianca_0016 wesley-bianca_0017 wesley-bianca_0018 wesley-bianca_0019 wesley-bianca_0020 wesley-bianca_0021 wesley-bianca_0022

Hoe het julle verloof geraak?


Wesley het vir 3 maande lank gereël aan die spesiale dag.  Hy het my Sondag middag gebel waar ek en my vriendin besig was in die winkels.  Hy het gesê sy kar (VW Beetle) het gaan staan.  Ek het met my vriend en vriendin gereël dat ons hom moet gaan haal.  Toe kom ons by Letabo Lodge waar hy vir my sê ons gaan ietsie drink.  Skielik het my vriende verdwyn.  Toe ons daar opdaag word ons met die hand verwelkom en eenkant toe gestuur waar ons ‘n ietsie gedrink het.  Ek dog die ring lê aan die onderkant van die glas!  Toe ek weer kyk vra ‘n dame ons om haar te volg.  Soos ons in n klip paadjie loop sien ek die roos blare wat die paadjie volg en so kom ons by ‘n klein chalet lapa aan wat op die rivier uit kyk met ‘n drie gang maaltyd piekniek mandjie en sjampanje.  Soos hy tyd laat verbygaan, het ons in die rivier gaan sit en eet.  So dink ek daar gaan ‘n klein skepie verby vloei met ‘n ring in.. En toe niks!  Ek het al amper moed opgegee!  Ek het toe vir hom gesê hoe lief ek vir hom is en hom bedank vir die ongelooflike lekker bederf.

Soos ons saam sit en huil oor hoe lief ons mekaar het, vra hy toe die vraag.  Ek het net erger begin huil en hom vas gedruk.  Hy het na so paar minute die ring aan my vinger gesit en ek het eers na 10 minute gekyk na hy aangedring het. Na dit het hy gereël dat al die naaste vriende en familie bymekaar gekom het waar ek kon skreeu…Ons is verloof…beste tyd van my lewe.

wesley-bianca_0023 wesley-bianca_0024 wesley-bianca_0025 wesley-bianca_0026 wesley-bianca_0027 wesley-bianca_0028 wesley-bianca_0029 wesley-bianca_0030 wesley-bianca_0031

Wanneer trou julle?


Ons het 8 Oktober 2016 by Glenburn Lodge getrou.

wesley-bianca_0032 wesley-bianca_0033 wesley-bianca_0034 wesley-bianca_0035

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: