Peter & Alexia se Prentjiemooi Griekse Troue

Ons is kinderlik opgewonde om Peter en Alexia se prentjiemooi Griekse troue met Mooi Troues se lesers te deel.  Dit was ʼn pragtige bruilofsfees in Griekse styl in Parkhurst, Johannesburg.

Die talentvolle Approach Creative het saam met die paartjie ʼn visie gedeel om hul troudag in ʼn prentjie mooi troudag te ontskep.  Approach Creative het hul kreatiewe talente gebruik en die paartjie se visie vir hul troue ʼn realiteit gemaak.  Dit was die perfekte prentjiemooi troue.

Peter en Alexia het ʼn meer tradisionele Griekse seremonie en onthaal gehad, gevul met vriende en familie.   Hulle onthaal was by een van hul vriende se restaurant in Parkhurst, Johannesburg.

Die dekor elemente was pragtig gewees.  ʼn Meer minimalistiese styl met lang hout tafels en stoele en wit en goue dekor elemente.  Die paartjie se ronde tafel was in die middel van al die gaste, wat vir ons ʼn fantastiese idee is!  So kan almal lekker sosiaal wees sonder om uit te mis.  Goud en wit elemente is bedoel om bymekaar te pas en skep die perfekte kontras vir die paartjie se trou dekor.

Alexia se trourok is ʼn Grieks geïnspireerde styl deur ʼn plaaslike trourok ontwerper.  Wow!  Ons is stomgeslaan oor die styl en vloei van Alexia se trourok.  Peter het ʼn swart pak met ʼn strikdas aangehad, wat weer die formele kontras inbring wat perfek gepas het by die hele gevoel van hulle troue.

Dit was ʼn lekker gesellige kuier saam met vriende en familie om die paartjie se troue te vier.  Almal het gedans, drankies geniet, geëet en baie gelag.  Rol af om meer te sien van Peter en Alexia se prentjiemooi Griekse troue en hul liefdesreis as paartjie.

Paartjie se Liefdesreis:


Ek het by ʼn klein koffiewinkel in Melrose Arch gewerk en Peter het ingestap om ʼn koffie te bestel.  Ek het die koninklike troue op my foon gekyk en het skaars aandag gegee aan die aantreklike klant (Peter) wat sy koffie bestel het.  Natuurlik om sy geluk te probeer, het hy besluit om met my te flankeer deur te sê dat hy my sal rapporteer omdat ek op my foon was by my baas as ek nie op ʼn date met hom gaan nie … Ek het ingestem tot sy aanbod en dit was vuurwerke van daar af.

Verlowing:

Peter het my op ʼn pragtige staptog tot by ʼn ou lighuis in Griekeland geneem – terwyl ons langs mekaar gesit het en die golwe van die see onder ons geniet het, het hy my my oë laat toemaak en die geluide om ons inneem.  Terwyl my oë toe was, het hy die ring saggies uit sy sak gehaal en my my oë laat oopmaak.  Ek het na hom gekyk en hy het die boks met ʼn pragtige diamantring vasgehou. Hy het vir my gevra om te trou en nadat ons teruggestap het van die staptog het ons in die see geswem terwyl die son sak.  Dit was betowerend.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was vir 6 maande verloof.  Ek het self die troue beplan.

Trou Begroting:


Ons begroting was R 300,000.  Ons het besluit om baie van die kleiner goedjies self te doen, asook om ons naaste en dierbaarste vriende en familie te betrek om te help waar hul kundigheid het – dit het ingesluit sjefs, platejoggies, restaurateurs ens.

Gaste telling: 150

Ons advies:

Fokus daarop om jou finansies te bestee aan die dele wat aan die einde van die dag die meeste sal saak maak – soos jou kos, drinkgoed, platejoggie, trou uitrustings en fotograaf.  Die oorblywende dele, soos drukwerk, dekor en klein goedjies (hoewel steeds relevant) sal selde ʼn indruk maak soos daardie belangrike faktore sal maak.

Merkwaardigste Oomblikke:


Kyk hoe ons gaste saam met ons dans, drink, eet en lag.  Om die meeste pret te hê op ons dag in plaas daarvan om op die planne en die agenda te fokus.

Spesiale Tradisies:


Die bruid en bruidegom het ʼn Zomata-seremonie voor die troue in die Griekse kerk gehad.  Dit is ʼn seëning seremonie waar al die belangrike mense in die bruid en bruidegom se lewens hulle seën voordat hulle hul reis as ʼn pasgetroude paartjie aanpak.

Paartjie se styl:


Ons het ʼn baie klassieke Griekse styl in ons kleredrag en tema gekies.  Ons is albei baie trots op ons erfenis as Grieke en omdat ons verlowing in Griekeland is, het ons besluit om die tema van ons liefde voort te sit deur ʼn Griekse venue, Griekse kos en ʼn baie Grieks-geïnspireerde voorkoms vir die bruid se trourok te kies. Die ringe en bruidegoms drag het ons gekies om klassiek en tradisioneel te hou.

Gunsteling Diensverskaffers:


Fotograaf – BY VERRE!! La Grange Impression

Vir my en Peter was ʼn dokumentêre styl fotograaf ononderhandelbaar.  Ons missie vir ons dag was om teenwoordig te wees en die volle dag saam met ons gaste te beleef, in plaas daarvan om van die kantlyn af te kyk en voortdurend weggetrek te word vir poseerde foto’s en opgemaakte “oomblikke”.

As ons na die fotos van ons dag kyk wat deur Abi geneem is, word ons heeltemal teruggevoer na daardie dag – voel die emosie van ons gaste, die passie tussen my nuwe man en ek, die kos wat ons geëet en liefgehad het, die gesigte van ons families wat na ons gekyk het terwyl ons dans, die gemoed van die gaste wat lag vir die toesprake … dít is wat ons wou hê. Ons sal vir altyd ons dag herleef as gevolg van hierdie fotos. In plaas van portrette om met ons toekomstige babas deur te blaai, sal ons hulle kan toelaat om te ervaar hoe ons spesiale dag gevoel het.

Laastens – om ons gaste van fotos te voorsien van hulle wat drukkies, dans en drink saam met hul eie geliefdes en ons op ons aand, sal ons troudag in baie huise aanwesig laat wees, en die storie van ons ongelooflike aand vir ewig lewendig hou.

Die Besluitnemingsproses:


Beide die bruid en die bruidegom het byna elke besluit saam geneem.  Ons het besluit om self besluite te neem om te verhoed dat te veel menings ons verwar of moontlik argumente kan veroorsaak.

Venue & Dekor:


Een van ons beste vriende besit die venue.  Die inspirasie was om die restaurant se pragtige styl as die fokuspunt te gebruik en daarop voort te bou om ʼn “organiese” trou voorkoms te skep.

Meer oor Approach Creative:


Approach Creative is ʼn konseptuele en kreatiewe maatskappy wat pasgemaakte geleenthede ontwerp, skep en uitvoer.

Elke funksie moet sy eie identiteit, uniekheid en toegewyde uitvoering hê om iets duidelik te bereik.  Elke troue moet die paartjie wat gaan trou weerspieël en verteenwoordig.  Die troue is ʼn eenheid en ʼn viering van twee mense wat saamkom en deel waarvan hulle hou.  Elke geleentheid is noukeurig ontwerp, beplan en spesifiek vir die kliënt aangepas.

Die skep van ʼn ervaring en ʼn emosie wat voortleef en kom uit die begrip van die kliënt, die skepping van die konsep en die uitlewering van die visie.  Van die begin van die reis tot die heel laaste detail van die dag glo Approach Creative daarin om dinge met ʼn kreatiewe voorsprong en punt van verskil te benader.

Enige funksie, ervaring en viering moet onthou word vanweë hoe dit jou laat voel het en die nalatenskap wat ons skep is waarop ons die trotsste is.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid:

Onthou dat dit JOU dag is.  Jy sal baie opinies en raad kry van elke persoon wat oor jou pad kom, weet egter wat jy wil hê en hou daarby.  Maak ʼn lys en merk stadig af soos jy gaan.  As jy en jou verloofde oor iets stry of nie saamstem nie – verwyder dit uit die prentjie.  Dit hoort nie in jul reis of op julle dag as dit ʼn negatiewe reaksie veroorsaak het nie.  Kies om die dinge te aanvaar wat nie uitwerk soos jy beplan het nie en GENIET die proses wat tot jou dag lei.

Bruidegom:

Geniet die proses.  Help die bruid soveel as moontlik wanneer dit by enige besluitneming kom.  Stel ʼn begroting op en stel ʼn to do lys op.  Hou by jou take en werk om dinge vinnig gesorteer te kry om ʼn opbou van stres te naby aan die troudatum te vermy.

Eerste Dans:


How Deep Is Your Love- PJ Morton & Yebba

Ons het hierdie liedjie gekies omdat ons albei nog altyd daarvan gehou het.  Dit het al op elkeen van ons reise saam gespeel, en ons het op een of ander manier altyd die lirieke vir mekaar gesing toe dit gebeur het. Die lirieke is so mooi en beteken so baie vir ons albei.  Die kunstenaars is ook ons gunstelinge.

Ons het gekies om net natuurlik op die liedjie te dans en onsself toe te laat om pret te hê.  Ons het nie geoefen of vir lesse gegaan nie.

Wittebrood:


Ons het na die eiland Zanzibar gegaan. Dit was ongelooflik!!  Die plek wat ons gekies het is afgeleë waar ons kon ontspan en rus na die besige afgelope paar weke van trou beplanning.  Ons het saam met dolfyne en seeskilpaaie gesnorkel en geswem. Ons het die strate van Stone Town verken en met ons boeke op die strand gelê.  Saans het ons gedans en lekker kos en wyn geniet.  Dit was die perfekte wegbreek vir ons.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: