Pantone 2018 geïnspireerde fotosessie

Hierdie fotosessie bied klassieke trou inspirasie aan die bruid wat neigings wil volg, maar nie wil spyt wees oor haar dekor keuses ʼn paar jaar na haar troue as sy weer na die fotos kyk nie.  Die diensverskaffers het hul briljant van hul taak gemaak om die kleur as inspirasie te gebruik en nie letterlik alles pers te maak nie!  In plaas daarvan het hulle verskeie helder skakerings gemeng en verskeie skakerings van pers gebruik om ʼn pragtige tafel bymekaar te sit.  Die gebruik van goue eetgerei laat ook die tafeldekor weelderig voel, tesame met die sagte ligpers tafeldoek en helderkleurige blomme.

Die span het slim te werk gegaan om selfs die kleurskema in te trek by die voorafgaande drankies vir gaste.  Hulle het plaaslike Gin met bloubessie te bedien – ʼn groot neiging wat nou gereeld te sien is by troues!  Wees verseker om ook die raad wat die diensverskaffers gee te lees en wie weet dalk verander jou hele  trou dekor inspirasie hierna …

Wie het die fotosessie gereël?


Sarah-Marie van Lush Signature Floral styling het die fotosessie gereël.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ons is ʼn klomp dames wat gereeld kragte saamsnoer by troues in en om die Laeveld. Ons vul mekaar goed aan.

Vertel ons meer van die inspirasie agter die fotosessie


Die span wou baie graag helderkleure kombineer wat nie gereeld saam gesien word nie.  Ons het Pantone se kleur van die jaar – Ultra Violet gebruik met die mooiste koraal peonies, skakerings van pers orgidee, diep wynrooi krismisrose en die mooiste leeubekkies.  Die tafel was gedek met sagte lae tulle, goue eetgerei en antieke koper kersstaanders.  Ons koek was ʼn ryk donker sjokolade en neut kombinasie oorgetrek met hand geverfde fondant en afgerond met ʼn sjokolade drup en vars bessies en vye.

Wat was die spesiaalste deel van die fotosessie?


Behalwe nou lekker plaaslike gin! Om te sien hoe ons visie lewe kry. Dis altyd belangrik dat almal wat deel is van die gestileerde fotosessie vryheid het om kreatief te kan wees en te kan eksperimenteer.

Wat is jul advies aan paartjies wat die styl wil volg?


Wees braaf en oorweeg helder kleur kombinasies, dit is treffend en dramaties. Indien jy dit oorweeg om Pantone se kleur van die jaar te gebruik kombineer dit gerus met ander helder kleure vir ʼn unieke kleurskema. Gin Bar’s is hoogmode, hier gebruik ons vir Dollie die Vintage karavaan as ʼn mooi agtergrond vir ons mengeldrankies. Ons het Dollie se bloubessie gegeurde Gin gebruik wat plaaslik gestook word – ʼn heerlike lafenis teen die laeveld hitte.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: