Francois & Krystle se strand troue

Op ‘n Wildsplaas in Thabazimbi, net voordat die son sy laaste strale agter die horison intrek,  vra Francois die mooie Krystle om sy vrou te word. Dis ‘n baie gelukkige paartjie wat ‘n paar maande later ewige trou aan mekaar beloof by Gelukkie. Dis ‘n romantiese klein venue by die idilliese weskus dorpie Paternoster, wat “Onse Vader,” beteken. Seemeeue krys en sweef laag in die blou lug toe die bruid en haar kaalvoet gevolg aangestap kom na die strand waar die seremonie plaasvind.

By Gelukkie staan aanwysings op hout balkies tussen die skulp grys paadjies om die gaste in die regte rigting te stuur. Heel oorspronklik is daar selfs een waaraan kwaste hang, Dit is daar vir die gene wat eers die sand tussen hulle tone wil afvee. Die groot geel sonneblomme in die bruid en gevolg se hand ruikers is verder geneem tot op die tafels by die onthaal. Dit pas perfek by hul gemaklik warm Weskus troue soos die bruidspaar beplan het. Hulle huwelik begin met die son, see en baie liefde wat hul omring.

Francois en Krystle se Mooi Troue_0001Francois en Krystle se Mooi Troue_0002Francois en Krystle se Mooi Troue_0016Francois en Krystle se Mooi Troue_0003 Francois en Krystle se Mooi Troue_0004Francois en Krystle se Mooi Troue_0005Francois en Krystle se Mooi Troue_0006 Francois en Krystle se Mooi Troue_0007Francois en Krystle se Mooi Troue_0008 Francois en Krystle se Mooi Troue_0009Francois en Krystle se Mooi Troue_0010

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


Die eerste keer wat ek Franna (Francois Bezuidenhout) ontmoet het was November 2004 in Margate op ons matriek vakansie. Toevallig het hy in dieselfde woonstelblok gebly as wat my vriendin se ou gebly het. En so het ons almal maar saam gekuier. Ken mekaar dus al 11 jaar.

Francois en Krystle se Mooi Troue_0011Francois en Krystle se Mooi Troue_0012Francois en Krystle se Mooi Troue_0013Francois en Krystle se Mooi Troue_0014Francois en Krystle se Mooi Troue_0015

Hoe het julle verloof geraak?


Was op ‘n familie naweek in Thabazimbi op n wildsplaas Net voor son onder het ons ‘n entjie gaan ry.. Ons het n bottel wyn gehad en net gesels. Toe ek weer kyk het hy my gevra om te trou.

Francois en Krystle se Mooi Troue_0017Francois en Krystle se Mooi Troue_0018Francois en Krystle se Mooi Troue_0019Francois en Krystle se Mooi Troue_0020Francois en Krystle se Mooi Troue_0021Francois en Krystle se Mooi Troue_0022Francois en Krystle se Mooi Troue_0023Francois en Krystle se Mooi Troue_0024Francois en Krystle se Mooi Troue_0025

Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?


Ons was 8 maande saam voor ons getrou het.

Francois en Krystle se Mooi Troue_0026Francois en Krystle se Mooi Troue_0027Francois en Krystle se Mooi Troue_0028Francois en Krystle se Mooi Troue_0029Francois en Krystle se Mooi Troue_0030Francois en Krystle se Mooi Troue_0031Francois en Krystle se Mooi Troue_0032Francois en Krystle se Mooi Troue_0033Francois en Krystle se Mooi Troue_0034Francois en Krystle se Mooi Troue_0035Francois en Krystle se Mooi Troue_0036Francois en Krystle se Mooi Troue_0037Francois en Krystle se Mooi Troue_0038Francois en Krystle se Mooi Troue_0039Francois en Krystle se Mooi Troue_0040Francois en Krystle se Mooi Troue_0041Francois en Krystle se Mooi Troue_0042Francois en Krystle se Mooi Troue_0043Francois en Krystle se Mooi Troue_0044Francois en Krystle se Mooi Troue_0046

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Geniet elke oomblik van die reëlings. Doen wat julle wil.  Dis julle dag. Die huwelik is soos ‘n leë boks. Jy moet iets insit voordat jy iets kan uithaal. In ons huwelik maak ons ‘n punt daarvan  om te gee, om mekaar lief te hê, en saam die Here te dien.  Dit is wat ons boks gaan vol maak.  Die lekkerste lekkerste lekker = SAAM

Francois en Krystle se Mooi Troue_0047Francois en Krystle se Mooi Troue_0048Francois en Krystle se Mooi Troue_0049Francois en Krystle se Mooi Troue_0050Francois en Krystle se Mooi Troue_0051Francois en Krystle se Mooi Troue_0052Francois en Krystle se Mooi Troue_0053Francois en Krystle se Mooi Troue_0054Francois en Krystle se Mooi Troue_0056

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: