Jaco & Lené se oulike verlowing in Parys

Jaco en Lené het ʼn oulike verlowing gehad in Parys.  Hierdie paartjie was ʼn jaar lank in ʼn verhouding voor Jaco op hiérdie dag af gegaan het op een knie.

Van ʼn soen op Oujaarsaand na ʼn jaar later die groot vraag vra in Parys in die Vrystaat.  Jaco en Lené het ʼn pragtige spasie gebruik vir hul oulike verlowing fotosessie in hiérdie klein dorpie.  Hul denims en neutrale kleurskema van hul uitrustings het so mooi ingeskakel met met die gevoel van die plattelandse dorpie.

Hierdie paartjie se fotosessie kan definitief dien as inspirasie dat jy nie ʼn groot venue benodig om prag mooi foto’s te kan neem nie.  Die beeldskone natuur kan jou beste speelmaat wees, as jy dit tot jou beskikking gebruik.  Klik hier, om inspirasie te vind by ander oulike verlowing fotosessies op Mooi Troues.

Mooi Troues het ook ‘n lys van betroubare diensverskaffers wat jy kan gebruik om jou groot dag te beplan. Indien jy staan op trou en sukkel om diensverskaffers te vind in jou omgewing, gaan besoek ons trougids.

Rol gerus af om meer te sien van Jaco en Lené se oulike verlowing in Parys.

oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Dit was die aand voor Nuwejaar 2019.  ʼn Klompie pelle het bymekaar gekom op ʼn plot langs die rivier waar ons gebraai en gekuier het.  Ek (Lené) was ʼn nuwe toevoeging tot die vriendekring en was maar mens-sku met die aankoms… m.a.w. het ek net tonnel-visie en sien net die mense raak wie ek ken.  So het die middag verby gegaan en het ons besluit om huiswaarts te keer.  Ek en 2 van my vriendinne het saam ʼn gemeenskaplike vriend gery en soos ons by die plot uitgery het, het Jaco en sy nefie ook besluit om huis toe te gaan.  Hulle het langs ons kom stil hou aan my kant van die bakkie.  Jaco en Verwey (die vriend) het oor en weer gesels oor die volgende dag en watter planne daar is vir Nuwejaar.

Toe ons daar weg ry onthou ek net dat ek vir Verwey gese het, maak nie saak wat nie, ons moet seker maak ons kuier saam hulle vir Nuwejaar.  So het Nuwejaar gekom, hy was my “New Year’s kiss” en die res is geskiedenis.

Ons was net net langer as 1 jaar saam toe hy my vra om te trou.

oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys

Die groot vraag:


Ons het in ʼn huis ingetrek einde laas jaar en ʼn vriendin het vir ons ʼn fotosessie as ʼn “house warming gift” gegee.  Jaco is glad nie een vir fotos nie so ek het geweet dit gaan moeilik wees om hom te kry om deel te neem aan so iets.

Jeani (die meisie wat ons fotos geneem het) het my onverwags gebel en gevra of ons daardie eerskomende Saterdag die fotosessie kan doen want sy het ʼn kansellasie en sy dink dit is die perfekte venue vir my en Jaco.

Heeltemal onbewus van enige iets het ek die fotosessie met Jaco bespreek en hom oortuig om dit te gaan doen.  My aanstaande Skoonma het met die idee op gekom om halfpad deur vir Hunter (ons Jack Russel) deel van die fotos te maak, want hy is soos ons kind.

Die dag van die fotosessie

Die oggend van die fotosessie was twee vriende by ons en ons het gaan ontbyt eet en bietjie getoer deur Parys.  Ek het ʼn opmerking gemaak dat ek seker 80-jaar oud gaan wees wanneer hy my EEENDAG gaan vra om te trou.  Almal het gelag en gesê ja ja jou dag sal kom wees net geduldig.  Hulle was toe na ʼn troue toe en ek en Jaco het begin klaar maak vir ons fotosessie.  Deur die hele regmaak en klaarmaak het ek afgelei dat Jaco baie gestres is, maar ek het gedink dit is net omdat hy bang is die fotosessie is ongemaklik.

Ons het toe die fotosessie gaan doen, baie rustig, lekker grapperig en al.  Skoonma hulle het vir Jack Russel (en die trou ring) gebring en so het ons foto’s geneem (Lené nogsteeds onbewus van enige iets).

Jeani het gese sy wil ʼn paar solo fotos van my neem en het my mooi beduie hoe ek moet staan en en en.  Sy het op ʼn stadium vir my gesê ek moet nou omdraai en tot my GROOTSE OPWINDENHEID EN SKOK staan Jaco daar, op een knieg en vra of ek met hom sal trou…. man van min woorde altyd!  Maar alles was so perfek.  Ek het nog nooit oor die oomblik gedroom nie, maar indien ek sou, het hy die spyker oop sy kop geslaan.

oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Snaaks genoeg het ons gesê ons gaan lank verloof wees en het ons na ʼn datum gekyk in 2022.  Dit het BAIE VINNIG verander.  Ons troudatum is 9 Oktober 2021!  Dis mal, maar so-so-so opwindend.

Die verloofring:


Absoluut ʼn verassing.  Ek het ʼn rukkie lank vir Jaco fotos gestuur oor Instagram om te skimp en so aan.  Maar hy het totaal en al sy eie afdruk gemaak en my ring is PERFEK!  Meer as waaroor ek ooit kon droom.

oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys

Rede vir die verlowing fotosessie:


Mieke en Stef is regtig twee baie besonderse, cool mense.  Toe sy my kontak oor ʼn fotosessie kon ek net nie nee se nie. Jaco het verbaaslik baie vinnig ingestem daarvoor.  Hulle het met ʼn ou Mercedes Parys toe gekom en dit was eerlikwaar die lekkerste, gemaklikste fotosessie ooit.  Ons het die foto’s ORALS gebruik.  Vir ons trou uitnodigings en in ons huis, op facebook en Instagram.

oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parysoulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys oulike verlowing in Parys

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ek het nog altyd van ligte, neutrale sonnerige fotos gehou.  Ek en Mieke het bietjie gesels oor die tipe fotosessie wat ons wil doen en al ons idees was eenders.  Net daar het ek geweet hierdie gaan suksesvol wees.  Dit is maklik as die fotograaf en die paartjie mekaar verstaan en dit wat hulle wil hê.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


KOVID-19  Maar ons is gelowig dat alles 100% vir ons groot dag gaan uitwerk.  Mens moet die goeie oor jou uitspreek en dit sal so gebeur.  Ek en Jaco glo vas daarin.

Visie vir droomtroue:


Ons wil dit nie ʼn stywe, formele troue maak nie.  Die idee en tema is ‘plaas-sjiek’.  Ons trou op ʼn perdeplaas net buite Parys.  Almal wat troue toe kom moet net ʼn lekker tyd hê en lekker partytjie hou.  Ek en Jaco is baie sosiale mense en ons wil ons troue ʼn groot feesviering maak.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: