Top Vendor Wedding Awards Netwerk sessie met ons Redakteur

 Top Vendor Wedding Awards


Ons Redakteur en Stigter, Günther Schubert, was die gas spreker by Top Vendor Wedding Awards se eerste netwerk sessie in die Wes-Kaap.  Die netwerk sessie het plaasgevind by Belair Estate in die Paarl, omring deur prentjiemooi uitsigte. Ons is mal oor die dekor van die tafels wat gedoen was deur Celeste Styled Events.  Die talentvolle Amanda van Kadou het die mooiste blom rangskikkings met groente bymekaar gesit.  Lezanne Designs het seker gemaak dat daar die mooiste skryfbehoeftes is wat perfek in pas by die dekor van die netwerk sessie.  Die dekor en meubels was gedoen deur To-Nette’s en die Smaraggroen groen glase was verskaf deur Grand Room Design.

Top Vendor Wedding Awards (TWA) is ʼn nasionale toekennings platform om die beste in die Suid-Afrikaanse trou bedryf bymekaar te bring.  TWA glo in die erkenning en beloning van uitstekende werk.  Vanjaar het die industrie die geleentheid om spesifieke aspekte van hul werk in te skryf (bv Beste Blomme Rangskikking) sowel as hulle besigheid as ʼn geheel (bv Beste Bloemis).

Beginsels van TWA


ʼn Kern beginsel van TWA is om verhoudings tussen die industrie te fasiliteer en te bevorder.  ʼn Troue word opgemaak deur verskeie talentvolle verskaffers wat almal saam werk om onvergeetlike geleenthede te skep vir hulle kliënte.  TopVendor wil help om ʼn sterk gemeenskap te bou waarin die bedryf saam kan werk en hul passie en ondervinding met mekaar kan deel. ʼn Plek waar hulle ondersteuning kan kry vir hulle besigheid en van mekaar kan leer.  Top Vendor Wedding Awards glo dat saam kan ons ons besighede groei asook die Suid-Afrikaanse troue industrie verbeter.

Die TWA netwerk sessies is vir hierdie doel geskep.  Top Vendor Wedding Awards deelnemers kry die geleentheid om mekaar beter te leer ken, toekomstige samewerking te inspireer en die beoordelaars word aan hulle voorgestel.

Die beoordelaars is gevestigde en suksesvolle rolmodelle in die industrie.  By hierdie sessies kry hulle die geleentheid om hulle ervaring en insigte te deel oor ons trou industrie.  Ons eie redakteur en stigter van Mooi Troues, Günther Schubert, is een van die beoordelaars en was die gas spreker by die eerste netwerk sessie.  Gaste is geleer hoe belangrik telefoon en e-pos etiket is, waarna blogs kyk om werk te publiseer asook die slaggate in die jaag vir roem, eerder as uitnemendheid.

Vir meer inligting oor die toekennings, klik hier. ʼn Spesiale dankie aan Karina Conradie wat ons die eerste keer ontmoet het by die netwerk sessie vir jou pragtige foto’s wat jy geneem het.

Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: