Matthew & Esmé se Gemaklike Verlowing Fotosessie

Matthew en Esmé moes vir die grootste deel van hul liefdes-reis die uitdagings van ʼn langafstand verhouding trotseer.  Daardie dae is gelukkig nou iets van die verlede en Matthew en Esmé kan mekaar se teenwoordigheid geniet sonder om op te sien na die 100de kilometers wat die rit huis toe inhou.  Dié paartjie se opregte opgewondenheid om bymekaar te wees kan duidelik in hul verlowing fotosessie gesien word.  Die visie vir hul fotosessie was ʼn omgewing waar hulle gemaklik kan wees en die ware aard van hul verhouding kan beklemtoon.  Na hierdie fotosessie het Matthew en Esmé beslis hul vrese vir die intimiderende kameralens oorkom en is nou gereed vir hul spesiale dag.  Hulle glimlag en poseer gemaklik voor die kamera asof ʼn professionele fotosessie tweede natuur vir hulle is!

Rol af vir Matthew en Esmé se gemaklike verlowing fotosessie en verkry ʼn paar idees vir jou eie verlowing fotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons was buurman en buurvrou op Universiteit.  Ses maande nadat ek uitgetrek het na ʼn nuwe kompleks, het ek ʼn boodskap van ʼn vreemde nommer gekry wat vra of ek saam hom ʼn koffie sal gaan drink.  Heel verstommend besef ek toe dit is my vorige buurman, saam wie ek nog nooit koffie gedrink het nie!  Soos alle goeie goed in Potchefstroom, het ons liefde vir mekaar in die Akker begin.  Ons was twee jaar en vyf maande in ʼn verhouding, waarvan die meeste lang-afstand was tussen Potchefstroom en Kaapstad.

Die groot vraag:


Die verlowing was ʼn groot verassing!  Dit was slegs ons twee – geen familie of vriende was teenwoordig nie.  Ek het vir die naweek afgevlieg Kaapstad toe om by Matthew te gaan kuier.  Ons het besluit om die Saterdag wyn plase te gaan besoek vir ʼn regte Kaapse uitstappie, min wetend wat hy beplan.  By Rickety Bridge Wynplaas, terwyl ek die natuur bewonder, het hy het agter my rug op sy knie gaan staan en toe ek omdraai my gevra of ek met hom sal trou.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons gaan ʼn jaar en twee maande verloof wees voor ons groot dag.

Die verloofring:


Die verloofring was ʼn verrassing.  Matthew weet verseker waarvan ek hou en hy het baie goeie smaak.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Die verlowing fotosessie was ingesluit by ons trou pakket by That Other Photography.  Ons wou graag die verlowing sessie doen om die fotograwe beter te leer ken en om sodoende meer gemaklik te kan wees op ons troudag.  Ons gaan ook die mooi foto’s gebruik vir ons ‘onthou-die-datum’ en trou-uitnodigings.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons is beide natuur liefhebbers en hou van die buitelewe.  Sonsondergang is ook ons gunsteling tyd van die dag.  Ons wou graag foto’s gehad het waarin ons gemaklik en verlief kan voorkom, maar wat ook elegant is en die kleiner /skelm detail vasvang van ons verhouding.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: