Gerbrandt & Toni se vere verlowing sessie

toni en gerbrand verloof_0001


Ons deel vandag met julle die super verliefde paartjie, Toni & Gerbrandt  se pragtige verlowing foto’s wat Lindy Kriek afgeneem het. Soos hulle se ‘n foto prat ‘n duisend woorde. Ons is absoluut verlief op Toni & Gerbrant se pragtige verlowing foto’s van spierwit en pienk gemengde bloeisels tot oop landgoede en dan ‘n baie opgewekde en baie oulike kussing geveg met vere wat die hele plek vol vlieg. As dit na jou soort verliefde storie klink dan is die verlowing sessie inspirasie definitief vir jou bedoel. Ons kan nie meer klem daarop le dat jy net jou verlowing sessie moet geniet nie en wees net jouself. 


 toni en gerbrand verloof_0002 toni en gerbrand verloof_0003 toni en gerbrand verloof_0004 toni en gerbrand verloof_0005 toni en gerbrand verloof_0006 toni en gerbrand verloof_0007 toni en gerbrand verloof_0008 toni en gerbrand verloof_0009 toni en gerbrand verloof_0010 toni en gerbrand verloof_0011 toni en gerbrand verloof_0012 toni en gerbrand verloof_0013 toni en gerbrand verloof_0017 toni en gerbrand verloof_0018 toni en gerbrand verloof_0019


Hoe het jul verloof geraak?

Gerbrandt het my heeltemal verras op sy verjaarsdag! Ek weet hy geniet nie aandag op sy verjaarsdag nie,dus het ek hom eenvoudig uitgeneem vir ete by een van ons gunsteling “agterstraat” restaurantjies in Kaapstad. Daarna het ek gaan slaap, terwyl hy nog “gewerk” het. Later maak hy my wakker met kerse oral in my woonstel. Hy is op sy knieë op my balkon…boksie in hand. Na ‘n paar mooi woorde, ‘n ja, ‘n paar trane en die mooiste brief, sit ons met ‘n glasie vonkelwyn en gesels oor ons opwindende toekoms. Intiem en perfek.


toni en gerbrand verloof_0014
toni en gerbrand verloof_0016


Wat is jul droom troue?

Ons is natuurmense en geheg aan ons familie en vriende. Dus het ons gehoop vir ‘n plekkie waar die natuur eintlik die dekor is, met genoeg plek vir baie gaste en ‘n dansvloer wat heel nag aan die gang kan bly. Die belangrikste is dat ons hierdie spesiale oomblik in ons lewens met ons vriende en familie kan deel.


toni en gerbrand verloof_0015


Diensverskaffers:

Fotograaf: Lindy Kriek