George & Erizna se oulike troue

Erizna en George het getrou in een van ons land se mooiste plekkies, veral vir troues, Franschhoek. Dié paartjie het van die kleure wit en grys gebruik gemaak, wat ideaal was vir hul onthaal area.  Die twee verliefdes se troufoto’s is beslis iets om na te kyk. Die gebruik van bloeisels en pragtige omgewing waarin die foto’s geneem is het gesorg vir ‘n sagte en natuurlike gevoel.

erizna en george_0002 erizna en george_0003 erizna en george_0004 erizna en george_0005 erizna en george_0006 erizna en george_0007


Die verlowing:

Ons was verlede Desember saam met George se ouers in Hartenbos. Een aand met sonsondergang, na ‘n groot gesukkel, het hy my saamgesleep na die hoofstrand, want daar was klaarblyklik iets aan die gang. Daar gekom, het hy my met woorde in die sand gevra om met hom te trou.


erizna en george_0008 erizna en george_0009 erizna en george_0010 erizna en george_0011 erizna en george_0012 erizna en george_0013 erizna en george_0014 erizna en george_0015 erizna en george_0016 erizna en george_0017 erizna en george_0018 erizna en george_0019 erizna en george_0020 erizna en george_0021 erizna en george_0022 erizna en george_0023 erizna en george_0024 erizna en george_0025 erizna en george_0026 erizna en george_0027 erizna en george_0028


Raad aan ander paartjies:

Dink “tydloos”, geniet elke oomblik en waardeer elke bietjie hulp wat jul kry! Ons troue was DIY van begin tot einde, familie en vriende het ingespring en gehelp, sonder hulle sou ons dag nie moontlik gewees het nie. My ma en ouma het selfs van die kos gemaak en my pa het van die dekor gemaak. Ons het die waarheid agter “Less is More” geleer. Ons het ook geleer dat mens iets tot in die fynste detail kan beplan, maar daar sal altyd onverwagse  elemente sal wees wat sorg vir ‘n bietjie spanning aanvanklik, maar groot vermaak later!


erizna en george_0029erizna en george_0030erizna en george_0031erizna en george_0032erizna en george_0033erizna en george_0034erizna en george_0035erizna en george_0036erizna en george_0037erizna en george_0038erizna en george_0039


 Wat sou julle verander as julle kon?

Ons sal eet. Ons hoor by almal hoe ongelooflik lekker die kos was, maar daar was net nie tyd nie. Ons het opgestaan om die dansbaan te open en net nooit weer gesit nie. Dit was net te lekker om al ons mense onder een dak te hê!


erizna en george_0040erizna en george_0041erizna en george_0042

Diensverskaffers: