Victor & Izahne se buite troue

Izahne en Victor se vrolike tema vir hul spesiale dag het uit verskeie kleure, onder andere, grys, pienk en groen bestaan. Dié dag troue het gesorg vir pragtige lig waarvan Christopher Smith kon gebruik maak om elke spesiale oomblik perfek met sy lens vas te vang.

Die paartjie se onthaal het plaasgevind onder die bome by die Arcadia Gastehuis wat perfek komplimenteer was met die mooiste tafel dekor voorsien deur Audrey Ludick .

Kyk gerus na dié verliefdes se foto’s hieronder vir ‘n paar idees:


Victor & Izahne Troue_0002 Victor & Izahne Troue_0003 Victor & Izahne Troue_0004 Victor & Izahne Troue_0005 Victor & Izahne Troue_0006 Victor & Izahne Troue_0007


Die verlowing:

Ons was al ses jaar saam toe ons verloof geraak het.  Ons het gewag tot ek klaar gemaak het met universiteit.  Hy het my een naweek, net voor my eind-eksamen, verras en gereël dat ons Sun City toe gaan vir die dag.  Ek het ons sak gepak en geen boksie opgemerk nie en my moed het in my skoene gesak.  Ons het heel oggend geswem en later die wandelpaadjies gaan verken.  Ons stop toe by ‘n groot waterval om foto’s te neem en ek dink toe dat dít die ‘n ideale plek sou wees vir hom om my die groot vraag te vra. Net toe ek omdraai om die kamera te kry en weer terug draai, staan Victor op sy een knie met die boksie in sy hand.  Ek was so verbaas, hy het toe heeltyd die ring in sy broek se sak gehou.


Victor & Izahne Troue_0008 Victor & Izahne Troue_0009 Victor & Izahne Troue_0010 Victor & Izahne Troue_0011 Victor & Izahne Troue_0012 Victor & Izahne Troue_0013


Advies vir paartjies gee wat besig is om hul troue te beplan:

Eerstens, om die onthaal area en kerk te bespreek.  Vooraf prentjies en kleurskemas wat jou oog vang bymekaar te maak, en eers so twee maande voor die tyd ‘n besluit te maak vir die dekor.  Die dag gaan in ‘n oogwink verby en al wat jy na die tyd het is jou foto’s.  Waarop mens nie moet kompromitteer nie is die fotograaf.  Laastens, dring daarop aan om voor die tyd die troukoek te proe.


Victor & Izahne Troue_0014 Victor & Izahne Troue_0015 Victor & Izahne Troue_0016 Victor & Izahne Troue_0017 Victor & Izahne Troue_0018 Victor & Izahne Troue_0019 Victor & Izahne Troue_0020 Victor & Izahne Troue_0021 Victor & Izahne Troue_0022 Victor & Izahne Troue_0023 Victor & Izahne Troue_0024 Victor & Izahne Troue_0025


Diensverskaffers: