Wild & Eklekties Verlief Gestileerde Trou Inspirasie

In die inskrywing deel ons met Mooi Troues se lesers die Wild en Eklekties verlief gestileerde trou inspirasie.  Paartjies wat “iets anders as die gewone” vir hul troue wil doen sal baie aanklank in die trou inspirasie hieronder kry.

Die inspirasie rock ʼn roll/boho/eklekties voorkoms het begin met die kleurskema van geel, groen en pienk.  Die modelle se “edgy” voorkoms was afgerond met swart boots, swart oorbelle en ʼn los bokstert met bonkige bykomstighede.  Definitief is dié wild en eklekties gestileerde trou inspirasie vir paartjies wat ʼn minder konserwatiewe troue wil hê en wys dit hoe stylvol dit gedoen kan wees.

Ons hoop julle geniet die foto’s hieronder en onthou asseblief om die wild en eklekties verlief gestileerde trou inspirasie wyd-en-syd te deel.

Wie het die fotosessie gereël?


Alri & Gen van Psalm & Cedar

Inspirasie agter die fotosessie:


Die inspirasie agter hierdie fotosessie was ons albei se liefde vir die kleurvolle, anderste dinge in die lewe!  Ons wou wys dat dit nie nodig is om by die tradisionele dinge te bly nie.  Ons groot inspirasie was ook om soveel as moontlik, iets met soveel kleur en karakter as moontlik by mekaar te bring. Graag wou ons wys dat jou groot dag oor JULLE gaan en waarvan julle hou en nie oor die nuutste modes en gure nie.  Dit is vir ons so belangrik dat paartjies sien hoe belangrik dit is om jou eie persoonlikheid deur te bring in elke klein detail.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Die span wat ons gekies het was in die meerderheid vriende wat ons deur die jare gemaak het.  Dit was maklike keuses want ons het hulle al vir jare sien groei in hulle rolle en hulle is werklik net absoluut die beste in wat hulle doen!

Agter die skerms van die fotosessie:


Op kort kennisgewing het ons gehoor dat ons nie meer ʼn verskaffer het om vir ons die blomme te doen op die dag nie.  Genadiglik kon ons nog op die laaste nippertjie afsonderlike verskaffers kry vir die ryker en blomme kroon.  Ons was in die diep-kant gegooi, maar met ʼn trippie blommemark toe en ʼn “let’s wing it, we’ve got this”-houding het ons self die blomme gedoen vir die tafel.  Dit was baie stresvol, maar regtig die moeite werd!

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Ons het vir maande baie hard gebid oor elke element wat ons by mekaar moes sit.  Ons albei kan maklik twyfel in ons besluite, maar saam het ons so maklik op elemente besluit.  Op die dag van die sessie was ons uit die veld geslaan met hoe asemrowend die venue is.

Elke persoon in die kamer was gevul met so baie vreugde en opwinding!

Ons paartjie is in werklikheid al 6 jaar getroud, so die liefde wat in elke foto vasgevang is, is so eg.  Dit was nie eers nodig om hulle te “pose” nie, hulle beweeg so gemaklik en met so baie liefde om mekaar.

Elke aspek was gevul met so baie seëning!

Dekor:


Ons het begin met een ding en toe vloei dit net in die regte rigting.  So baie dinge het nie uitgedraai presies soos ons dit wou gehad het nie en dit was fantasties!  Die venue het homself geleen om “odds-and-ends” te kan neer te sit om hierdie fantastiese, eklektiese gevoel te skep.  Dit was vir ons as fotograwe iets buite ons gemaksone om al hierdie elemente by mekaar te sit en ʼn trou-tafel aan mekaar te sit, maar elke item van Skat Rentals saam met die paar items van die venue het so perfekte, eklektiese prentjie gevorm.

Kleurskema:


Aan die begin was ons kleurskema groen, pienk en geel.  Ons het organies by so kleurvolle, natuurlike kleurskema uitgekom.  Dit was die perfekte mengsel van ietsie van alles. Wild. Eklekties.

Venue en Ligging:


Ons het op Campagne Living afgekom op Instagram en ons was dadelik verlief, daar was geen twyfel in ons dat dit perfek sou wees vir ons eerste gestileerde sessie nie.

Toe ons daar kom het dit gevoel of ons in ʼn ander wêreld is.  Die waardes wat hulle het van volhoubaarheid en mense tuis te laat voel is ook iets wat ons na streef en soveel as moontlik van probeer leer.

Trourok en bruidegom pak:


Ons het Maria se rok by Silver Swallow design gehuur. Hulle het ‘n foto van hom op Instagram geplaas, hy was nog nie eers 2 minute geplaas nie, toe sê ons vir hulle, ONS HUUR HOM NOU!  Dit was so sprokiesmooi vir ons!

Ruber het ʼn wit hemp, die luiperd afdruk hemp, twee broeke en twee pare skoene gebring, toe ons die luiperd afdruk hemp sien, toe weet ons, dis perfek!  Die modelle was gevra om leer baadjies te bring, ʼn hoed en soveel bykomstighede as moontlik.

Ons het Maria eers laat rooi hakke aantrek met plein goue oorbelle om saam die blommekroon ʼn meer “glansryke” voorkoms te skep.

Ons het toe gegaan vir ʼn rock ʼn roll/boho/eklekties voorkoms, met swart boots, swart oorbelle en ʼn los bokstert met bonkige bykomstighede.

Hulle voorkoms was 100% hulle styl, so ontspanne en vol pret!

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Bring soveel as moontlik van jou identiteit deur in elke detail.  Kies kreatiwiteit bo die gevoel dat jy moet bly by wat in die mode is.

Met so eklektiese atmosfeer, gaan met alles wat vreesloos is, alles wat vreugde bring! “Wild Love” los so baie spasie om buite die boks te dink met kleure en teksture!  Dit skep die geleentheid om dinge te laat “mismatch” en om perfeksie te sien in die imperfeksies.

Bring julle persoonlikheid deur in elke besluit wat julle neem.  Dit is nie ʼn moet vir die bruidegom om ʼn pak aan te trek as dit nie pas by wie hy is nie.  Daar is nie reëls nie, gaan wild!

Addisionele Inligting:


Het ons gesê dis belangrik om met alles PRET te hê?  Die trou-industrie is wild!  Bid vir Sy hand op alles en dit sal so maklik en organies wees!

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: