Jaco & Lize-Marie se selfdoen troue

Jaco was onmiddellik verlief toe hy Lize-Marie die eerste keer by gemeenskaplike vriende ontmoet. Hy het nie doekies omgedraai oor sy gevoel vir haar nie maar die tyd was nie reg nie. Sy was in ʼn verhouding. ʼn Jaar later kruis hulle paaie egter weer en die koeël is deur die kerk.

Jaco gebruik die romantiese idee van ʼn kamstige uitgespoelde glas botteltjie met ʼn boodskap in om die groot vraag te vra. Op hul troudag slaan Lize-Marie haar bruidegom se asem weg toe sy deur die Bloekombos, waar al die gaste vir die seremonie wag, haar verskyning maak. Jaco nie kan nie glo dat sy mooi verloofde nog mooier kon lyk nie.

Mooi Troues wens die paartjie ʼn huwelik toe waarin alles net mooi sal wees. Mooi soos hul selfdoen troue en dat hul liefde vir mekaar oneindig sal bly.

Jaco en Lize-Marie se troue_0034Jaco en Lize-Marie se troue_0001Jaco en Lize-Marie se troue_0002 Jaco en Lize-Marie se troue_0003Jaco en Lize-Marie se troue_0004 Jaco en Lize-Marie se troue_0005 Jaco en Lize-Marie se troue_0006 Jaco en Lize-Marie se troue_0007Jaco en Lize-Marie se troue_0008


 Hoe het julle verloof geraak?

5 Februarie 2015 – Ek het n ou glas botteltjie by die huis ontdek en ʼn boodskap geskryf. Met hulp van haar vriendin het ons dit op die strand gaan begrawe waar dit lyk of dit uitgespoel het. Ek het gewag tot sy klaar gewerk het toe gaan stap ons langs die see. Sy het op die bottel afgekom , boodskap oopgemaak en gelees “Liza-Mari Diedericks sal jy met my trou”. Ek het op my kneë gegaan en sy het JA gesê.


Jaco en Lize-Marie se troue_0009Jaco en Lize-Marie se troue_0010 Jaco en Lize-Marie se troue_0011

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


Ons het deur gemeentskaplike vriende ontmoet een aand by ʼn kuier. Ek het dadelik geweet daar is iets spesiaals aan haar. Die pragtige vrou met die borrelende persoonlikheid. Hier moet ek ʼn plan maak, het ek vir myself gesê.

Ek het dit duidelik gemaak dat sy weet ek stel belang, maar ongelukkig was sy op daardie stadium in ʼn verhouding. Ons paaie het geskei tot ons mekaar na byna ʼn jaar weer raak geloop het. Hierdie keer was die tyd reg gewees vir ons, altwee enkellopend. Vyf maande later trek sy Hermanus toe en nog sewe maande daarna vra ek haar om met my te trou.

Jaco en Lize-Marie se troue_0012 Jaco en Lize-Marie se troue_0013 Jaco en Lize-Marie se troue_0014 Jaco en Lize-Marie se troue_0015 Jaco en Lize-Marie se troue_0016 Jaco en Lize-Marie se troue_0017 Jaco en Lize-Marie se troue_0018


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons was altesaam 1 jaar en tien maande saam voor ons selfdoen troue.


Jaco en Lize-Marie se troue_0019 Jaco en Lize-Marie se troue_0020 Jaco en Lize-Marie se troue_0021 Jaco en Lize-Marie se troue_0022 Jaco en Lize-Marie se troue_0023 Jaco en Lize-Marie se troue_0024 Jaco en Lize-Marie se troue_0025 Jaco en Lize-Marie se troue_0026 Jaco en Lize-Marie se troue_0027 Jaco en Lize-Marie se troue_0028 Jaco en Lize-Marie se troue_0029 Jaco en Lize-Marie se troue_0030 Jaco en Lize-Marie se troue_0031 Jaco en Lize-Marie se troue_0032 Jaco en Lize-Marie se troue_0033 Jaco en Lize-Marie se troue_0034 Jaco en Lize-Marie se troue_0035 Jaco en Lize-Marie se troue_0036 Jaco en Lize-Marie se troue_0037 Jaco en Lize-Marie se troue_0038

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Die huwelik gaan als oor spanwerk. Maak tyd vir mekaar, kommunikeer, en belangrikste van als wees oneindig lief vir mekaar.

Jaco en Lize-Marie se troue_0039 Jaco en Lize-Marie se troue_0040 Jaco en Lize-Marie se troue_0041Jaco en Lize-Marie se troue_0042 Jaco en Lize-Marie se troue_0043 Jaco en Lize-Marie se troue_0044

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: