Michael & Marochelle se Plattelandse Troue

Ons deel graag Michael en Marochelle se plattelandse troue met ons lesers op Mooi Troues.  Die paartjie het by ʼn pragtige trou venue getrou so ʼn paar kilometers buite Potchefstroom.  ʼn Blomme tema kan reg deur die paartjie se troudag gesien word.  Van die trou skryfbehoeftes tot in die trou venue.

Michael het ʼn heeltemal swart troupak aangehad met ʼn blomme patroon das.  Dit het só mooi ingepas by die res van hul troue se kleur elemente.  Marochelle se trourok het fyn detail van blomme opgehad wat net só mooi was en het beeldskoon gelyk.  Hulle seremonie was in ʼn prentjie mooi kapel met pragtige pilare, ʼn hoë dak en pragtige hout kerk banke, regtig besonders.

Hulle het inspirasie gekry vir hul trou skryfbehoeftes op Mooi Troues.   Dit is altyd lekker om te sien as ons lesers idees wat hul sien op Mooi Troues implementeer by hul troudag.  Dekor elemente het ingesluit swart borde en kersstaanders wat lang dun kerse ingehad het om daardie romantiese gevoel te gee aan die onthaal.  Blomme ontwerpe bestaan uit skakerings van pienke, wynrooi en wit blomme.

Alles is moontlik as jy ʼn span professionele en betroubare diensverskaffers het.  Mooi Troues se Trougids is gevul met diensverskaffers vir jou troudag.  Maak seker jy blaai deur ons aanlyn trougids en vind fantastiese diensverskaffers hier .

Rol af om meer te lees oor Michael en Marochelle se plattelandse troue en geniet die paartjie se foto’s en trou storie.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het 16 jaar terug mekaar ontmoet.  Hy was in graad 7 en ek in graad 5.  Alles het begin met ʼn P.S “I love you” sjokolade.  Hy het my die 23ste September 2019 gevra om te trou deur my Kruger Wildtuin toe te neem.  Hy het my gevra om te trou by die Nelspruit Botaniese tuine met ʼn piekniek.

Die Verlowing Tydperk:


Vanaf 2019 tot 2021 was ons verloof.  Ons troue was twee keer uitgestel as gevolg van KOVID-19.  Ons het gelukkig ʼn troubeplanner gehad.

Het julle inspirasie van Mooi Troues gekry?


Die plasing van 14de Julie 2021.  Die swart bord van die skryfbehoefte ontwerper, Bacht Design.

Trou Begroting:


Ons begroting was R200,000 en het probeer om sekere goed self te doen soos die gaste se geskenke en die donut muur.  Ons het ook ons troubeplanner gevra om ons te help om by ons begroting te bly.

Daar was in totaal 98 gaste by ons troue.  Moet nie altyd alles probeer doen by jouself nie.  Deur iemand te kry om sekere goed te doen is partykeer minder.  Nog ʼn advies is huur jou dekor items eerder as koop. J y wil nie met alles na die tyd sit nie.  Dit vat net kas spasie op.

Spesiale Tradisies:


Ons het ʼn boom geplant wat gesimboliseer drie families wat saam gesmelt het.

Paartjie se styl:


Die mans het swart op swart gedra want dit lyk baie klasiek en stylvol.  Ons wou gaan vir ʼn meer tradisionele, maar moderne styl gaan.  My trourok het klein 3D blomme op gehad en ʼn vanaf die skouer illusie geskep.

Ons trouringe wou ons klasiek maar persoonlik maak.  Michael se trouring het my vingerafdruk op.  My trouring het ʼn M in vir Michael.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons fotograaf natuurlik.  Die heel beste.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruidegom:

Dit is die bruid se dag, gee net betekenisvolle raad aan haar en geniet elke oomblik.

Bruid:

Moet nie alles oordink nie en geniet dit.  Los die stres vir eers.

Merkwaardigste Oomblikke:


Michael:
  • Om reg te maak saam met my gevolg.
  • Met die gaste te praat voor die troue.
  • Om my bruid te sien instap en die hele seremonie.  En die geselligheid by die onthaal.
Marochelle:
  • Die oomblik wat ek my Pa se das aan hom gegee het.  Daar is ʼn foto van my en hom toe ek klein was.  My ma wat my help aantrek het.
  • Om die dag saam my familie te kon deel.
  • Toe ek my man, man te kon noem vir die eerste keer.
  • Ons eerste dans en laaste dans.

Venue & Dekor:


Ons het die eerste tree in Anderland gegee en geweet dit is ons trou venue.  Jy voel kompleet of jy in ʼn strokiesprent is.  Die groenigheid en mooi kapel het ons harte gesteel.

Ons wou ʼn modern semi-boho styl hê.  Ek wou baie kerse hê en swart borde en eetgerei hê.  Die blomme wou ons hê moes soos ʼn tuin lyk en moes natuurlik vloei.  Daar was nie eintlik ʼn presiese styl wat ons wou volg nie.

Die Besluitnemingsproses:


Die bruid het meer besluite geneem.   Ons het nie familie en vriende baie betrek nie, omdat ons self die besluite wou neem.  Ons het wel vir elke familielid ʼn werkie gegee.

Vermaak:


ʼn Platejoggie, MSM productions en Toro Koffie met verskeie drankies.

Eerste Dans:


Ons het ʼn eerste dans gehad. Die liedjie was “Blinding Lights” van The Weekend.  Dit is my gunsteling liedjie en ek wou nie op ʼn sokkie of stadige liedjie gedans het nie.  Wou dit uniek gemaak het. Ons het vir danslesse gegaan en ʼn roetine gehad.

Wittebrood:


Ons het by die Black Rhino Lodge in die Pilanesberg bespreek en toe Sun City.  Die eerste bestemming het ons gekies want ons hou van die natuur en wou net ontspan en mekaar as man en vrou leer ken.   Ons het die tweede bestemming gekies omdat ons, ons laaste dag wou geniet.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: